Kuier

Kinnes: Skrywer Chase Rhys by Suidooster­fees

Sy liefde en droom om te skryf het vlerke gekry en nou vertel hy sý mense se stories in sý taal.

- DEUR tarren-lee habelgaarn

Vir jare het Chase Rhys (30) van Ocean View naby Noordhoek in die Kaap die stories in sy hart op stukkende laptops geskryf. Hy moes ook sy selfoon inspan om sy teks te redigeer. Toe hy sy pryswennen­de draaiboek Kinnes skryf, was sy laptop se skerm so stukkend dat hy die meeste van die tyd nie eens kon sien wat hy skryf nie.

Maar dít het hom nie gekeer nie en hy het aanhou skryf totdat hy gevoel het dit wat op sy hart is, is heeltemal op papier uitgestort. Dit het egter nie daar gestop nie, want hierdie dramastude­nt se werk het in 2018 op die planke van talle kunstefees­te beland en is selfs op die verhoog in Artscape opgevoer.

Chase sê hy het Kinnes geskryf om sin te probeer maak van wat tans in ons gemeenskap­pe aangaan en veral wat met kinders gebeur. Maar dis nie ’n nuwe storie nie, dit is iets wat al vir jare aankom. Dis egter steeds ’n belangrike storie en ’n storie wat baie blootstell­ing nodig het. “Hoekom raak misdaad net erger? Hoekom word ons kinders

vermoor en hoekom

vermoor ons kinders ander mense?”, is van die brandende vrae wat Chase gehad het.

“Hierdie is vrae wat by my gebly en vrae waaroor ek elke dag gedink en gewonder het. Elkeen in ons gemeenskap het hul eie storie en ek wou graag die geleenthei­d en platform skep waar almal se stories vertel kan word. Dit is belangrik dat almal se storie vertel word. Op die Kaapse Vlakte het mense al te veel verloor, ek wou nie hê dat hul stories en uitdagings ook net verlore gaan nie – veral nie as dit kan help om iemand te heal of om beter besluite te neem nie,”sê hy.

vind sy voete

Voor hy begin skryf het, het Chase gedink hy sal ’n akteur word, maar toe dinge nie vir hom uitwerk nie, het hy sy eie draaiboeke begin skryf en in dié gedeelte van die vermaakwêr­eld sy passie gevind. Dit het met sy eie uitdagings gekom, veral toe hy nie die regte hulpbronne en toerusting het nie, maar toe dinge begin gebeur, het dit vinnig bymekaarge­kom. Nadat hy die Adam en Rosalie Small-skryfkompe­tisie vir debuutskry­wers gewen het, het hy geld ontvang as deel van sy prys om met sy produksie te begin. Om met gesoute mense in die vermaakbed­ryf, soos Lee-Ann van Rooi en Dean John Smith (Wade van Suidooster) te kan werk, was vir Chase ’n droom wat waar geword het. “Dit was vir my ’n groot eer om iemand soos Lee-Ann te hê wat my karakter Mary lewe gegee het. Ek dink sy is baie jong akteurs se idol en om saam met haar te

werk, was regtig great vir my. Maar dit was nie net sy nie – die hele cast Dustin Beck, Dean John Smith, Lindsey Abrahams en Shannon Williams was incredible. Ek voel so dankbaar dat ek op só ’n manier my bydrae kan lewer.”

Kort nadat hy aan die teaterprod­uksie begin werk het, het hy ’n oproep ontvang dat een van die grootste uitgewers in die land sy draaiboek in boekvorm wil uitgee. Chase het aan die boek begin werk, wat in Oktober verlede jaar bekendgest­el is.

Vandag is hy dankbaar dat hy deur sy werk verskeie kinders uit moeilike omstandigh­ede kan verteenwoo­rdig en ’n stem kan gee. Maar soms kan hy steeds nie glo alles het so vinnig met hom gebeur nie. Sy droom begin ook nou maar vlerke kry en hy hoop om nog baie kinders te bereik.

Hy werk gereeld met kinders uit die Masiphumel­ele-township en Ocean View wat in drama belangstel en span hulle in by kreatiewe projekte as deel van die gemeenskap s projek Borderland­s waarvan hy die mede-stigter is.

“Borderland­s word gebruik vir plays, kuns exhibition­s en gesprekke op die borderline­s van ons gemeenskap­pe om die grense tussen ons taal, sosiale omstandigh­ede en selfs ons fisiese gemeenskap­pe te bridge. Sodat ons nie meer beperk sal wees deur borders nie, maar dat ons mekaar beter sal kan verstaan en respekteer.”

Chase sê hy was van kleins af resourcefu­l en het altyd sy verbeeldin­g gebruik. Toe hulle nie altyd speelgoed kon bekostig nie, het hy met enige goed in die huis of selfs bakstene en stokkies, hom verbeel dat dit die coolste speelgoed is. Dit was nie altyd veilig in sy buurt nie en daarom was sy ouers maar te bly dat hy homself op kreatiewe maniere in die huis kon besig hou.

Só het hy ook seker gemaak dat hy selfs sonder data sy Kinnes- draaiboek betyds kon inskryf vir die Adam en Rosalie Small-kompetisie.

vertel stories

Chase sê dis moeilik om te verduideli­k, maar hy het net altyd ’n gevoel gehad Kinnes gaan groter wees as hy of selfs sy gemeenskap. Al was dit vir ’n spesifieke gehoor geskryf en bedoel, het hy gevoel die tema sal verskeie mense kan raak en met hul harte praat.

Met sy geverfde naels, pers en blou gekrulde hare, unieke styl en ’n groot glimlag, is dit maklik om te sien Chase is gemaklik in sy eie vel. Maar dit was nie altyd die geval nie, sê Chase. Dit het hom ’n baie lang tyd gevat om gemaklik te wees in sy eie vel en met sy omstandigh­ede.

“Daar is baie jong mense wat onmiddelli­k weet wie hulle is, wat hulle wil doen en wat hulle uit die lewe wil hê. Ek was nie altyd een van hulle nie en ek dink wanneer jy uit gemeenskap­pe kom waar baie poverty en misdaad is, is dit ’n natuurlike reaksie en gevoel. ’n Gebrek aan finansies en geleenthed­e asook mense se veroordele­nde houdings teenoor enigiets of enigiemand wat anders is as hulle, speel alles ’n groot rol in hoe jy jouself en jou drome sien. Soms wonder jy selfs,‘mag ek so groot droom of is dit iets wat heeltemal buite my perke is?’”verduideli­k hy.

Vandag hoop hy om deur sy werk en die bietjie sukses wat hy al behaal het, ander kinders te inspireer en te wys jy kan so groot droom as wat jy wil en dat enige iets moontlik is met harde werk, ’n bietjie kreatiwite­it en iemand wat in jou glo.

Sy boek, uitgegee deur Kwela, is in Engels en Afrikaans beskikbaar. Hy is trots om in Afrikaaps te skryf. Volgens Chase is dit lekker vir hom as skrywer om in Afrikaaps te skryf omdat die taal so kleurvol is en dit die perfekte verteenwoo­rdiging van die bruin gemeenskap is.

“Selfs in een gemeenskap is daar maklik vyf verskillen­de maniere hoe mense praat. Ek wou ons stories in ons taal vertel. Toe ek by drama betrokke geraak het, het dit vir my die geleenthei­d gebied om my eie weergawe van ons stories te skep en stories uit te beeld soos wat ek hulle ervaar, met mense en inspirasie uit my eie gemeenskap en mense wat ek al ontmoet het,” sê hy.

“Met stories is daar natuurlik guidelines, maar ek kan die karakters neem waar ek wil en daardie kreatiewe vryheid was ’n groot draaipunt in my lewe. Wanneer ek kreatief is, het ek die mag om iemand se storie te verander of te vertel, sodat mense daardie persoon sal celebrate of ten minste meer understand­ing sal wees wanneer iemand op ’n sekere manier uitgedraai het.” Chase is ook by die Suidooster­fees op 26 April waar hy om 12:00 praat met Heindrich Wyngaard oor hoe om oor die flats te skryf.

 ??  ?? LINKS: Lee-Ann van Rooi vertolk die rol van Mary in Chase se produksie, Kinnes.
LINKS: Lee-Ann van Rooi vertolk die rol van Mary in Chase se produksie, Kinnes.
 ??  ?? BO: Chase Rhys, skrywer van Kinnes. LINKS: Sy boek Kinnes.
BO: Chase Rhys, skrywer van Kinnes. LINKS: Sy boek Kinnes.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa