Kuier

Vaping: Is e-sigarette gevaarlik?

So baie mense vape deesdae dat dit lyk soos ’n mode, maar dis nie so veilig soos hulle dink nie . . .

- DEUR marteli brewis

Jy sien hulle in karre en buite geboue, omring deur bondels rook so groot dat jy nie kan help om te wonder of daar ’n brand woed nie. Elke Jan Rap en sy maat vape deesdae. Mense glo vas dis gesonder as sigarette, so dis sosiaal meer aanvaarbaa­r – soveel so dat selfs winkelsent­rums deesdae“vaping stations”het vir wanneer die lus jou pak.

Volgens Public Health England, ’n agentskap van die Britse departemen­t van gesondheid, is e-sigarette 95% minder skadelik vir jou gesondheid as normale sigarette. Maar wat is dit nou eintlik? Hoekom doen so baie mense dit en is dit regtig soveel beter vir jou?

“Ek het vir ’n hele tydjie ge-vape toe dit net begin het,”vertel Koen Rademan (39) van Pretoria.“Dit het so kwaai gelyk en gevoel met daai masjientji­e en die rook wat so uitborrel. En al die geure om van te kies en te keur. Maar ná ’n rukkie het dit te veel moeite geraak om die liquid in die hande te kry en ek is nou maar weer terug op sigarette.”Koen dink nie e-sigarette sal enige strawwe roker help om op te hou rook nie. Inteendeel, hy het meer gerook, want met e-sigarette kon hy op sekere plekke rook waar sigarette verbied is.

Ima Peter, woordvoerd­er van die Vapour Products Associatio­n of South Africa (VPA), verduideli­k vaping is die in- en uitaseming van verhitte vloeistof in ’n aërosol spuitkanne­tjie, wat dan verwys word na as “vapour”of dampe. ’n Mens noem dit só omdat tabakrook nie gemaak word nie, maar eerder dampe. Jy kry dit met behulp van ’n e-sigaret of soortgelyk­e toestel. Dit werk deur ’n vloeistof te verhit wat ’n damp veroorsaak wat die roker dan inasem. Volgens Ima het die Suid-Afrikaanse vape-marksegmen­t elke jaar die afgelope dekade met 10% gegroei. Dit is effens stadiger as in die res van die wêreld, moontlik as gevolg van die hoë koste daaraan verbonde, asook onwettige sigarethan­del.

beter as sigarette?

Jaarliks kos vaping 7% minder as sigarette, maar elke transaksie kos vier keer meer, so dit voel of vaping duurder is, al is dit nie. Die gemiddelde Suid-Afrikaanse roker spandeer na beraming R9 724 op sigarette per jaar, terwyl vapers R8 307 opdok. Ima verduideli­k verder dat hoewel e-sigarette ’n klein hoeveelhei­d nie-rokers aan nikotien bekendgest­el het, net 0,1% van mense wat nie voorheen gerook het nie, nou op ’n gereelde basis vape. Volgens haar het die vapingbedr­yf meer as 4 300 werkgeleen­thede geskep en voorspel dié syfer sal tot 14 690 styg teen 2027 as dit nie deur regulering belemmer word nie.

Verder meen Ima e-sigarette kan rokers help om op te hou rook – dit is amper twee keer meer suksesvol as ander produkte soos plakkers en kougom. Verder is dit ook blykbaar baie minder nadelig vir jou gesondheid omdat dit nie tabak bevat nie.

Dr. Richard van Zyl-Smit, ’n pulmonoloo­g en hoof van die Long Kliniese Navorsings­eenheid by die Universite­it van Kaapstad se Longinstit­uut, sê die sogenaamde bewyse dat e-sigarette ’n mens kan help om heeltemal op te hou rook, is ’n omstrede issue en daar is baie beter maniere om finaal jou stompie dood te druk.“As jy vaping sien as die einddoel, eerder as om niks meer skadelik in te asem nie, dan is daar goeie bewyse dat mense kan oorskakel.”

Daar is egter by Van Zyl-Smit geen twyfel dat die bemarking van e-sigarette nierokers en veral tieners aanmoedig om die gewoonte aan te leer nie. As gevolg van advertensi­es word vaping nie gesien as

gevaarlik nie.“Wanneer jy dit vergelyk met tabak, is dit moontlik so, maar beslis nie as jy dit vergelyk met vars lug nie!”

In vergelykin­g met tabak behoort e-sigarette baie veiliger te wee sas jy kyk na die chemiese bestanddel­e. Hoeveel veiliger, i segter debatteerb­aar .“Dis beslis nie veilig nie, maar vergeleke met die 50% kans op sterfte wanneer jy sigarette rook, is omtrent enigiets ‘veiliger’.” Vir nie-rokers wat dit oorweeg om te vape, is daar beslis risiko’s geassosiee­r met nikotien, maar ook met die ander chemikalie­ë wat nie veilig is nie.“Dit beteken die risiko vir infeksie en kardiovask­ulêre siektes is daar. Die kanker-risiko blyk baie minder te wees, maar ons sal op die langtermyn sien of dit waar is.”

Volgens die Suid-Afrikaanse Demografie­se en Gesondheid sopname( S AD H S) van 2016 gebruik 2% van vrou een 3% van mans in Suid-Afrika e-sigarette. Volgens Lorraine Govender, nasionale koördineer­der van die Kankervere­niging van Suid Afrika (Kansa), is dit deesdae tien teen een al baie meer.“Dis kommerwekk­end om die toename van e-sigarette onder die jeug te sien,”meen sy.

Lorraine sê verder die Wêreld gesondheid s organisasi­e( W G O) glo, soos Van Zyl-Smit, die bewyse dat e-sigarette mense help om tabakrook stop te sit, is maar baie beperk.

Verder het die Suid-Afrikaanse Gesondheid s produkte- regulering­s owerheid( SA H PR A) onlangse-sigarette a s’ n skedule 3 middel geklassifi­seer, wat beteken dit kan slegs in apteke verkoop word per voorskrif. Ten spyte hiervan is dit egter steeds wyd beskikbaar in winkelsent­rums en kiosks regoor die land.

onveilig

Lorraine benadruk dat tabak- en nikotien-gebruik, maak nie saak in watter vorm nie, nie veilig is nie. Veral nie vir kinders en jong volwassene­s nie. Daar is baie verskillen­de e-sigarette en dit is maklik bekombaar. Maar die probleem is, dis nie bekend hoeveel gevaarlike gifstowwe daarin is nie.“Daar is genoeg bewyse van die potensiële gevare van e-sigarette. ’n Studie deur die Food and Drug Administra­tion in Amerika het spore van kanker-veroorsake­nde chemikalie­ë in twee gewilde e-sigarette gevind. Wat my betref moet sulke produkte geëvalueer word vir veiligheid deur ’n wetenskapl­ike liggaam om die vlakke van nikotien en ander chemikalie­ë te bepaal.”Tans word dit nie gedoen nie. Daar is dus geen wetgewing wat die bestanddel­e van e-sigarette reguleer nie.

Mense weet hoe gevaarlik sigarette is. Die probleem is, dis duidelik dat e-sigarette skadelik is, niemand weet net nog hóé skadelik nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa