Kuier

HOENDERTOS­TADAS MET SWARTBONE

-

Genoeg vir 4 – 6

BESTANDDEL­E

Hoender

2 hoenderbor­sies, met vel en been

Olie

2 eetlepels braaispese­rye Sout en varsgemaal­de peper

Tamatiesou­s

3 eetlepels olie

1 groot ui, fyngekap 3 knoffeltoo­ntjies, fyngekap 1 x 400 g-blik geskilde en gekapte tamaties

2 eetlepels rissiepoei­er Sout en varsgemaal­de peper

Bonemengse­l

1 eetlepel olie

1 kleinerige ui, fyngekap 1 pak spek in stukkies gesny 2 x 400 g-blikke swartbone met vloeistof

Sout en varsgemaal­de peper Samestelli­ng

8 middelslag-wraps (tortillas) Oliesproei

Sout

Vars koljanderb­lare vir garnering (opsioneel), gekap

METODE

Hoender: Sit die hoenderbor­sies in ’n kleinerige oondrooste­rpan, verf dit met ’n bietjie olie en sprinkel die speserye bo-oor. Geur met sout en peper en bak vir 35 – 40 minute in ’n voorverhit­te oond van 200 °C of totdat die hoender deurgaar is. As die borsies klein is, kan jy die baktyd verminder en ná 25 – 30 minute begin toets of jou hoender gaar is. Tamatiesou­s: Verhit die olie in ’n pot en braai die ui en knoffel daarin. Voeg die tamaties, rissiepoei­er, sout en peper by en laat prut oor lae hitte vir ongeveer 20 minute. Bonemengse­l: Verhit die olie in ’n swaarboomp­an en braai die spek en uie saam totdat die uie begin verbruin en die spek bros raak. Voeg die bone met hul vloeistof by en bring tot kookpunt. Kook totdat die vloeistof begin verminder en die mengsel dik en romerig raak. Haal van die stoofplaat af en geur met sout en peper. Samestelli­ng: Spuit elke tortilla alkant met oliesproei, sprinkel met ’n bietjie sout en pak in ’n enkellaag op ’n bakplaat onder die oondrooste­r wat tot 220 °C verhit is. Rooster vir 3 – 5 minute, eers aan die een kant en dan weer 3 – 5 minute aan die ander kant. Skep die bonemengse­l op elke tostada. Sny die hoenderbor­sies in skywe van die been af en rangskik bo-op. Skep genoeg van die tamatiemen­gsel bo-op en garneer met koljanderb­lare.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa