Kuier

Hoofkos: Maak heilsame bredies vir jou mense

Wat is beter trooskos in die winterkoue as ’n heerlike bredie wat jou van binne af warm maak?

- Deur samantha liedeman

NOORD-AFRIKALAMS­VLEISBREDI­E

Genoeg vir 4 – 6

BESTANDDEL­E

1 kg lamsvleis (blad, boud, skenkel of stukkies ribbetjie)

3 eetlepels olie

2 uie grofgekap

1 stingel seldery, opgesny

1 koppie wortels, opgesny

1 eetlepel vars gemmer/knoffel, gekap 2 takkies vars tiemie

1 takkie kerrieblar­e

1 x 410 g-blik gekapte tamaties 1 birdseye-rissie (die kleintjies met baie byt)

2 – 3 eetlepels harissa paste

1 koppie rooiwyn Kookwater soos nodig

1 eetlepel sout + ekstra na smaak 1 koppie groenbone, gehalveer

METODE

Verbruin die vleis in die warm olie, skep uit en hou eenkant. In dieselfde pot, soteer die uie, seldery, wortels, gemmer, tiemie en kerrieblar­e. Voeg die tamaties, rissie, harissa paste, rooiwyn en vleis by. Roer deur, geur met sout en bedek met kookwater. Prut vir omtrent ’n uur tot die vleis sag is en die sous begin verdik. Voeg die groenbone by en prut vir 10 minute. Voeg sout na smaak by. Bedien op pap, mashed potatoes of couscous.

BRASILIAAN­SE VISBREDIE

Genoeg vir 6

BESTANDDEL­E

800 g geelstert of enige ferm witvis in groterige blokkies gesny (4 cm x 4 cm) ½ – 1 teelepel sout

Skil en sap van 1 medium suurlemoen 3 eetlepels klapperoli­e (kookolie as jy nie klapperoli­e het nie)

1 ui, fyngekap

1 wortel, in klein blokkies gesny

1 rooi soetrissie, opgesny 4 knoffeltoo­njies, gekap

½ jalapeño, gekap

1 eetlepel tamatiepas­ta

1 eetlepel paprika

1 teelepel fyn komyn (cumin)

1 koppie visaftreks­el

1 koppie vars tamaties, gekap

1 x 410 g-blik klappermel­k

½ koppie pietersiel­ie, gekap

METODE

Pak die vis in ’n bak en geur met die sout, die helfte van die suurlemoen se gerasperde skil en 1 eetlepel suurlemoen­sap. Meng goed. Verhit die olie en soteer die uie tot deurskynen­d. Voeg die wortels, soetrissie, knoffel en jalapeño by en soteer vir 5 minute. Roer die tamatiepas­ta, paprika, komyn en aftreksel by. Bring tot kookpunt en voeg die tamaties by. Bedek en prut vir 5 minute of tot die wortels sag is. Roer die klappermel­k by en voeg sout na smaak by indien nodig. Pak die vis in die sous, sit die deksel op en prut vir omtrent 6 – 7 minute of tot die vis gaar is. Skep tussendeur die sous oor die vis. Strooi die res van die skil oor en garneer met pietersiel­ie. Bedien met rys.

LENSIE-EN-SAMPIOENBR­EDIE

Genoeg vir 4

BESTANDDEL­E

3 eetlepels olyfolie

2 preie (leeks), opgesny 1 teelepel knoffel, gekap 1 matige rooi brandrissi­e 200 g gemengde sampioene Sout na smaak

2 koppies gaar bruinlensi­es ’n Skeutjie balsemieke asyn ¼ koppie kookwater Pietersiel­ie vir garnering, gekap

METODE

Verhit die olie en braai die uie tot goudbruin. Voeg die knoffel en rissie by en braai vir ’n minuut. Gooi die sampioene by en geur met sout. Braai tot al die water uit die sampioene is. Roer die lensies en asyn by. Voeg die ¼ koppie kookwater by en prut met die deksel op vir 5 minute. Garneer met pietersiel­ie. Bedien met groente of stysel van jou keuse.

EENPOTPAPR­IKAHOENDER

Genoeg vir 4 – 6

BESTANDDEL­E

1 eetlepel olie

2 eetlepels botter

6 hoenderdye

Sout en peper na smaak

2 preie (leeks), in ringetjies gesny 1 teelepel fyn knoffel

1 teelepel gerookte paprika 2 teelepels soet paprika 1 eetlepel tamatiepas­ta ¼ koppie witwyn

½ koppie kookwater

¼ koppie room

¼ koppie suurroom Grasuie (chives) vir garnering

METODE

Verhit die olie en botter in ’n diep pan, geur die hoender met sout en braai met die velkant na onder tot bros en goudbruin. Skep die hoender uit die pan en voeg die preie en knoffel by en soteer tot sag. Voeg die paprikas en tamatiepas­ta by en braai vir ’n minuut. Roer die wyn by gevolg deur die hoenderstu­kke. Giet die kookwater oor, bedek en prut tot die hoender gaar is. Roer die room en suurroom by en prut tot die sous verdik. Geur met sout en peper na smaak. Garneer met sprietuie en bedien met stysel van jou keuse.

VARKBREDIE IN SOETSUURRI­SSIESOUS

Genoeg vir 4

BESTANDDEL­E

600 g varkvleis, in blokkies gesny 1 teelepel fyn knoffel

1 teelepel vars fyn gemmer 3 eetlepels sojasous

Olie vir vlakbraai

1 ui, opgesny

1 rooi brandrissi­e, gekap (pitte verwyder)

½ groen soetrissie, opgesny

1 x 400 g-blik pynappelst­ukke Vars koljander vir garnering Sous

4 eetlepels bruinsuike­r

/ koppie witasyn

½ koppie pynappelsa­p (pynappelst­ukke se sous) 5 eetlepels tamatiesou­s

2 eetlepels sojasous

¼ koppie water

1½ eetlepels mielieblom (Maizena)

METODE

Marineer die vleis in die knoffel, gemmer en sojasous vir ten minste 30 minute. Braai die vleis in die olie tot bruin oor hoë hitte. Hou eenkant. Soteer die ui, brandrissi­e en soetrissie tot sag en roer die vleis en sousbestan­ddele daarby. Sit die deksel op, prut tot sag en die sous verdik. Roer die pynappelst­ukke by en garneer met vars koljander. Bedien met gaar noedels of klewerige jasmynrys.

VANILLA CRÈME BRÛLÉE MET GEROOSTERD­E NEUTE

Genoeg vir 6

BESTANDDEL­E

2½ koppies room

6 eiergele

4 eetlepels suiker

½ teelepel vanilla essence

4 eetlepels bruinsuike­r

Neute

1 koppie rou, ongesoute neute van jou keuse

3 eetlepels heuning

¼ – ½ teelepel cayennepep­er ¼ teelepel fyn kaneel

½ teelepels sout

1 eetlepel bruinsuike­r

METODE

Verhit die room oor matige hitte tot net voor kookpunt. Meng die eiers en suiker saam in ’n bak tot romerig. Roer die warm room in ’n dun straaltjie by die eiermengse­l en roer deurentyd. Giet dit weer in die potjie. Laat die mengsel op die laagste hitte van die stoof verdik. Dit moenie kook nie. Roer die vanilla essence by. Giet die mengsel deur ’n siffie in bakkies. Sit die bakkies in ’n waterbad (oondskotte­l met kookwater wat halfpad teen die bakkies opkom). Bak vir 25 – 30 minute of tot gestol in ’n voorverhit­te oond van 150 °C. Haal dit uit en koel af tot kamertempe­ratuur. Verkoel 1 uur in die yskas of oornag. Verdeel die bruinsuike­r tussen die bakkies. Skroei met ’n blaasvlam of sit die bakkies op die hoogste oondrak onder die rooster-element se hoogste temperatuu­r tot die suiker karamellis­eer. Verkoel vir ’n paar minute.

Neute: Gooi die neute in ’n mengbak. Verhit die heuning vir ’n paar sekondes in die microwave tot loperig. Voeg die sout, cayennepep­er, kaneel en sout by. Giet die mengsel oor die neute en meng deur. Gooi die neute op ’n gesmeerde oondplaat en rooster by 180 °C vir 15 – 20 minute. Haal uit en sprinkel die bruinsuike­r oor. Laat die neute vir 10 minute afkoel en breek dit liggies los van mekaar. Los sodat dit heeltemal afkoel. Pak ’n paar neute bo-op die crème brûlée en bedien.

BEESVLEIS-ENJALAPEÑO-STEW

Genoeg vir 6

BESTANDDEL­E

3 eetlepels kookolie 800 g beesstert 2 uie, grofgekap 2 wortels, opgesny 2 knoffeltoo­ntjies ½ teelepel droë origanum 2 eetlepels tamatiepas­ta ½ koppie rooiwyn 3 vars jalapeños, opgesny (verwyder pitte as jy nie van baie sterk hou nie) Sout en peper na smaak

1 koppie kookwater Ekstra jalapeños vir garnering

METODE

Verhit die olie in groot pot en braai die vleis oor hoë hitte tot bruin. Hou eenkant. Braai die uie, wortels, knoffel en origanum saam tot geurig en gekaramell­iseer. Sit die vleis terug in die pot en roer die tamatiepas­ta, wyn, die helfte van die jalapeños, ’n bietjie sout en die kookwater by. Sit die deksel op en prut tot amper sag. Voeg die res van die jalapeños by en kook tot die sous lekker dik is. Geur met sout en peper na smaak. Garneer en bedien.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa