Kuier

Aktueel: Delta-variant saai amok in Suid-Afrika

-

Suid-Afrika gaan tans gebuk onder die derde vlaag van Covid-19 en dis amper meer vreesaanja­end as vroeër, want die Delta-variant, wat vir die eerste keer in Indië opgemerk is, saai verwoestin­g en niemand kan voorspel hoe erg dinge nog gaan raak nie.

Teen druktyd het dit woes gegaan in Gauteng, wat tans die meeste gevalle in Suid-Afrika tydens die derde vlaag het. Die skerp styging in die aantal positiewe gevalle het pres. Cyril Ramaphosa einde verlede maand genoop om die land na vlak 4 van die inperkings te skuif.

Hoewel SA se inentingsp­rogram aan die gang is, vind dit nie vinnig genoeg plaas nie en die grootste deel van die bevolking is nog nie ingeënt nie. Teen 5 Julie was 3 459 660 mense reeds ingeënt. Dis amper 6% van die bevolking. Daar was toe reeds 2 075 409 Suid-Afrikaners wat Covid-19 gehad het, van wie 1 827 821 herstel het, maar 62 171 gesterf het.

Volgens Netwerk24 was daar teen 6 Julie landwyd 185 417 aktiewe gevalle, met 60% van nuwe positiewe gevalle wat in Gauteng aangeteken is. Teen druktyd het Gauteng meer as 90 000 aktiewe gevalle gehad. Amper 14 000 pasiënte het hospitaalb­eddens vol gelê. In sommige hospitale gaan dit so rof dat dokters nou moet besluit wie het ’n beter kans op oorlewing en hulle dan behandel.

Die tweede toetswedst­ryd tussen die Springbokk­e en Georgië is ook afgelas weens Covid-19-infeksies in albei kampe. Volgens ’n verklaring deur SA Rugby het die Springbokk­e se speel- en bestuursgr­oep vroeg in Julie 12 positiewe toetse vir Covid-19 opgelewer, terwyl Georgië vier positiewe gevalle gehad het.

Volgens die Africa Centres for Disease Control and Prevention maak Suid-Afrikaanse gevalle van die virus meer as 30% uit van die totale gevalle in Afrika se 54 lande. SA se buurland Namibië trek ook nou baie swaar met die grootste persentasi­e positiewe toetse in die wêreld – 39,4% teenoor SA se 24,3%. Volgens die Wêreldgeso­ndheidsorg­anisasie (WGO)moet minder as 5% van die bevolking positief toets vir ’n epidemie om onder beheer te wees.

Hoewel baie Suid-Afrikaners ongelukkig is omdat pres. Ramaphosa die drankverbo­d weer ingestel het, het dit volgens ’n studie deur die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsings­raad en die Sentrum vir Aktuariële Navorsing ’n beduidende afname in onnatuurli­ke sterftes meegebring. Met die drankverbo­d en die aandklokre­ël is tussen 42 en 74 lewens per dag gespaar. Of dit hierdie keer ’n beduidende verskil gaan maak, is nog ’n ope vraag.

versprei makliker

’n Dokter by ’n Gautengse staatshosp­itaal wat op voorwaarde van anonimitei­t met Kuier gepraat het, sê die situasie is buite beheer en die hospitale vol.“Ons is in groot moeilikhei­d en ons is nog nie eens by die piek van die golf nie. Die groot verskil met hierdie golf is dat hele families geaffektee­r word. Voor jy jou kom kry, is die ma, pa en al die kinders positief. En daar is eenvoudig nie meer beddens in die hospitale nie.”

Volgens dié dokter word die jonger generasie nie so siek nie, maar ’n kind kan maklik ’n ouer mens aansteek wat dan kan sterf.“Mense vat dit net nie ernstig genoeg op nie. Hierdie virus moet by die huis hok geslaan word. Mense moet die reëls begin volg. Dié virus diskrimine­er nie. Wat ons hier sien, is soos scenes uit ’n horror-fliek.”

Tans kan mense bo 50 reeds in die ry gaan staan vir inentings en die departemen­t van gesondheid is besig om voor te

Die Delta-variant van die coronaviru­s dreig om SA se hospitale op hul knieë te dwing, maar inentings gee ’n bietjie hoop. DEUR MARTELI BREWIS EN CHRISLYNN SIAS

berei vir die 40-plussers. Die Suid-Afrikaanse polisie en onderwyser­s word landwyd ook nou ingeënt. Daar is egter nog ’n hele entjie om te gaan voordat die land“herd immunity”kan bereik, veral met die Deltavaria­nt wat tans amok saai wêreldwyd.

Daily Maverick berig die Delta-variant is opgemerk in Indië in Oktober 2020, het reeds versprei na 85 lande en is dominant in die meeste. In SA is dit ongeveer 45%, veral in Gauteng. Dis anders as vorige variante omdat dit makliker aansteek en versprei. Dit maak jou ook sieker en lei tot ’n groter kans op hospitalis­asie. Die aansteekli­kheid is hoekom ’n mens nou hele gesinne sien wat positief toets asook pasiënte so jonk as 20 of 30 wat baie siek word. Die goeie nuus is dat die entstof, veral as jy beide jou spuite gekry het, baie goed werk om ernstige siekte te voorkom, hoewel jy steeds die virus kan kry. Die algemeenst­e simptome van die Deltavaria­nt is hoofpyn, ’n seer keel, loopneus en nieserighe­id. Omdat die virus gedurig verander, is die kans goed dat nuwe variante in die toekoms sal ontwikkel. Dit is hoekom inenting so belangrik is.

Intussen het die Lambda-variant sy kop uitgesteek. Lambda het agt maande gelede in Peru verskyn en het al na 31 lande versprei. Die WGO het dit as ’n variant van belang geïdentifi­seer. Teen druktyd was dié variant nog nie in SA aangemeld nie.

Te midde van groeiende angs en vrees vir die Delta-variant, veroorsaak fake news oor die entstof paniek en verwarring.

Dr. Sheri Fanaroff, ’n Johannesbu­rgse GP, skryf in ’n meningstuk dat beide die

Johnson and Johnson- en Pfizer-inentings oor die algemeen minder ernstige neweeffekt­e veroorsaak wat een tot drie dae duur, maar nie Covid-19-infeksies kan veroorsaak nie. Die inentings kan nie infeksie veroorsaak nie omdat dit nie die lewendige SARS-CoV-2- virus bevat nie. (Die teenoorges­telde word op WhatsApp en die internet versprei.)

“Newe-effekte sluit in swelling of pyn op die inspuitple­k, hoofpyn, liggaamspy­ne, kouekoors, naarheid, jeuk, koors, diarree, braking, armpyn en geswelde kliere. Mense wat reeds Covid gehad het, kan effens erger newe-effekte ervaar as diegene wat nie gehad het nie,”verduideli­k dr. Fanaroff.

Sy brei uit en sê daar is ’n seldsame voorkoms van die J&J-entstof wat bloedstoll­ing (clotting) by vroue veroorsaak.

“Covid-19 self is egter verantwoor­delik vir ’n baie hoër voorkoms van bloedstoll­ing en wêreldwye gesondheid­sowerhede soos die Centres for Disease Control and Prevention meen die voordele van die entstowwe is meer as die risiko’s.”

klaar ingeënt

Japhta Makwena (27), ’n onderwyser by Hoërskool Portland op die Kaapse Vlakte, het op 30 Junie 2021 die Covid19-inenting ontvang. Hy voel hy staan no ou ’n beter kans teen die virus indien hy dit opdoen.“Ná die inspuiting het ek ’n paar r newe-effekte soos ’n seer liggaam en koo ors gehad, maar andersins was ek piekfyn. DDit het slegs ’n dag geduur.”

Johanna Clarke (84) van Lansdowne in die Kaap, het onlangs die inenting ont tvang.“My dogter het my aanlyn geregistre­er vir die inenting. Ek was baie senuweeagt­ig in die dae voor die inenting. Sjoe, ek het nie geweet wat om te verwag nie.”

Sy lag en sê die inenting was glad nie so seer as wat sy gedink het dit sou wees nie.

“Ek het geen newe-effekte gehad nie! Ek is nou glad nie meer so bang vir Covid nie. Dit het gevoel soos ’n normale inenting. Ek moedig almal om aan om te gaan.”

Venecia Valentine (29), ’n joernalis van Mitchells Plain, het al twee keer in die afgelope jaar positief getoets vir die virus.

“Die eerste keer was in Junie 2020 en dié ervaring was ’n ride to the pit of hell. Ek het so gesukkel om asem te haal en was afhanklik van die nebuliser.”Presies ’n jaar later het Venecia in Junie vanjaar wéér die virus opgedoen.“Die vorige keer het my ouers dit ook gehad, maar dié jaar het hulle die inenting ontvang, maar ons was steeds baie versigtig en ek het weg van hulle geïsoleer.”

Venecia dink almal moet inenting oorweeg.“As jy nie die vaccinatio­n wil vat nie, los dan vir ons wat dit wel wil hê in vrede sonder om ons te wil kruisig.”

Die stryd teen die virus is nog lank nie verby nie, maar ten minste het ons nou ’n wapen daarteen en deur inenting te kies, kan ons almal help om die derde vlaag vinniger te beëindig.

 ??  ?? Foto’s ter illustrasi­e
Foto’s ter illustrasi­e
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? LINKS: Die hospitale loop oor, veral in Gauteng, en die mediese personeel is uitgeput.
LINKS: Die hospitale loop oor, veral in Gauteng, en die mediese personeel is uitgeput.
 ??  ?? entstof
entstof

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa