Inspirasie: Vrou ná dekade se gesukkel ’n dokter
Jaar na jaar het sy tevergeefsf aansoekk gedoen d om medies te swot, maar toe kom daar ’n deurbraak vir dié aanhouer.
Hierdie is ’n verhaal van uithou en aanhou, ondanks baie teleurstellings. Dis ook ’n verhaal met ’n gelukkige einde, al het dit baie lank gevat om daar te kom.
Einde verlede jaar, net duskant haar veertigste verjaardag, kon Jaqueline Matroos uiteindelik“dokter”voor haar naam skryf. Dié 39-jarige boorling van Windvogel in Gqeberha het geweier om moed op te gee, al is sy vir langer as ’n dekade by al wat ’n mediese fakulteit is toelating geweier.
Dit was nou tot 22 Januarie 2014 – nogals op haar verjaardag – toe wyle prof. Russel Bothman, destydse rektor van die Universiteit Stellenbosch (US), onverwags haar aansoek goedgekeur het. Haar véértiende aansoek daar.
Jaqueline, die oudste van twee susters, het in beskeie en moeilike omstandighede grootgeword. Haar pa het maar altyd tussen werke rondgeval.“Hy het baie gedrink en was verbally abusive. As hy so dronk huis toe gekom het, moes ek in die middel van die nag na my ouma toe hardloop,” onthou sy.
deure klap toe
Met haar ma se skamele inkomste as skoonmaker kon sy maandeliks eintlik maar net die heel nodigste vir hul gesin bekostig. Daarom sou Jaqueline klokslag elke aand omgaan na ouma Spaas toe.
“Sy het sulke rooi en geel en pienk enamelbakkies gehad waarin sy dan vir ons aandkos ingeskep het.”
Toe Jaqueline so twaalf, dertien jaar oud was, het haar ma weens depressie in ’n inrigting beland.“Ek moes na my suster, Flaurencia, kyk en huis skoonmaak agter my dronk pa.”
Dit was toe dat ouma Spaas hulle kom haal het. Hulle het nooit weer teruggetrek nie.“My ouma was my ma en my protector,”sê Jaqueline met net die grootste deernis. Dis vir haar moeilik om te verwerk dat haar ouma oorlede is voor sy kon deel in haar dokterwees-vreugde.
Jaqueline het aan Hillside Sekondêr naby hul huis gematrikuleer. Hier teen graad 11 het sy besef sy wil medies gaan studeer. Die aanvanklike dryfveer, sê sy eerlik, is dat sy regtig moeg was vir swaarkry.
Maar swaarkry sou nog lank met haar wees.
In 1999 het sy met matriekvrystelling geslaag, maar sy kon nie vir medies aansoek doen nie omdat sy nie wiskunde en natuur- en skeikunde as matriekvakke gehad het nie. Dis toe wat sy besluit het om matriek oor te doen. Hoewel sy sowel
wiskunnde as natuur- en skeikunde deurgekom he et, het sy nie met vrystelling geslaag nie.
Tog hhet sy bly glo dat sy iewers vir medies ge ekeur gaan word.
Toe hhaar aansoek die eerste keer by elke liewe mmediese skool afgekeur word, het sy haarr by die destydse Vista-universiteit in Gqebberha vir ’n BSc-IT-graad ingeskryf. Die finaansiële bystand wat sy van NSFAS, ’n regerringskema, ontvang het, was nie genoegg nie en sy was genoodsaak om ook ’n voltyydse werk by die Wimpy te aanvaar. “Dit wwas baie, baie hectic.”
Sy onnthou hoe sy eendag net eksamen w ou begin skryf toe iemand haar telefon ies ingelig het dat die oond van die Wimmpy aan die brand geslaan het. Daar wwas geen ander uitweg as om haar daarheeen te haas nie.“Ek het die vraestel gedruipp omdat ek daar was, maar dit nie geskryff het nie.”
Dit h et daartoe bygedra dat sy haar vierjaarrgraad uiteindelik in vyf jaar voltooi hhet. “Maar daar was ook my family issues, en IT was nie my passie nie.”
werk om te oorleef
Haar doktersdroom wou maar nie wyk nie en sy het besluit om aan te hou studeer in die hoop dat sy uiteindelik by ’n mediese fakulteit toegelaat sou word.
In ’n stadium het sy haar op Stellenbosch bevind, waar sy besluit het om ’n tweede BSc, dié keer in menslike wetenskap, aan te pak. Sy was op haar eie, sonder blyplek of ’n inkomste, terwyl daar oor haar aansoek besluit is. Terwyl sy moedeloos met haar sakke voor die Administrasiegebou gesit het, het sy en ’n skoonmaker, Katriena Davids, begin gesels. Toe sy hoor Jaqueline het nie slaapplek nie, het sy net gesê:“Nee, my kind, jy kom bly by my.”
Jaqueline se stem breek.“Ek het toe by haar in Idasvallei gaan bly. Elke dag is ek saam met haar in universiteit toe totdat hulle my goed kon uitsorteer. En stuk vir stuk het als reggekom. Ek het beursgeld en verblyf in die koshuis Metanoia gekry.”
Haar tyd op Stellenbosch was die beste tyd van haar lewe, weet sy nou in retrospect. Maar dinge was steeds nie maklik nie.
Sy het vir die verlengde kursus van vier jaar aansoek gedoen, maar dit uiteindelik in ses jaar klaargemaak.
In daardie tyd het sy verskillende werke gedoen – van hulle gelyktydig – net om te oorleef. Sy was ’n deurwag by koshuise, het tydskrifte soos die Matieland uitgedeel, etenstye vir sekretaresses in die Administrasiegebou ingestaan, in die universiteitsbiblioteek gewerk, skoonmaakwerk werk in die rektor se kantoor gedoen, mense tydens gradeplegtighede by die deur verwelkom . . .
Teen die tyd wat sy haar kursus voltooi het, was sy primaria van die koshuis Huis de Villiers.
Toe sy nie werk as wetenskaplike kry nie, het sy as kassier by die plaaslike Pick n Pay ingeval. Ná twee jaar is sy terug na haar grootwordstad, waar sy vir nóg vier jaar ’n kassier by Spar was.
Steeds het sy getrou trouu elke elkeke jaar wyd aansoek gedoen ge om m tot to medies toegelaat te word d.
In ’n stadium het sy haar haarhaa bed be en nt twee bedkassies verkoop vir reiskoste Noorde No toe om self te gaan uitvind hoekom om die destydse Medunsa – volgens haa ar ’ n mediese universiteit met laer toelati ing gsvereistes as die res – haar ook nie aanv vaa ar nie.
Terwyl hulle daaraan aandag ge egee het, is sy terug Stellenbosch toe e, waar w sy aansoek gedoen het vir toelating gt tot ’n nagraadse onderwysdiploma.
Kort daarna het ’n universiteitswerk rknemer haar telefonies na die Administrasiegebou ontbied.
Toe Jaqueline hoor dit het niks met haar onderwysaansoek te doen nie, het sy sommer by voorbaat ’n humeur opgebou omdat sy oortuig was sy gaan net weer hoor haar aansoek is by die mediese fakulteit verwerp.
Die werknemer het ’n boekie na haar toe gedraai en gesê:“Lees.”
Dit was asof Jaqueline niks kon inneem nie. Maar toe die vrou van agter die lessenaar opstaan en om die tafel begin loop, was dit vir haar soos déjà vu – asof sy dié toneeltjie al vantevore gesien het. Die vrou het et gewys na die deel wat in rooi geskryf w was: Accepted Accep by Prof. Bothman.
“Ek het net begin skree.” Hoe was dit toe om op die d Tygerberg-kampus medies te studeer?
“Slegter as wat ek gedink het,”sê sy prontuit, hoewel sy die vakke baie geniet het.“Ek was baie ouer as die ander studente en die finansies was steeds ’n struggle. Ek moes eksamenvraestelle merk om myself te onderhou en het elke jaar hereksamens gehad. g En daar was altyd family issues.”
Gelukkig het sy in haar derde jaar haar sa akeman- boyfriend, Bradley Plaatjies, ontm moet. Hy kon haar daarna finansieel dra.
Jaqueline J het die sesjaarkursus uiteind deli lik in sewe jaar voltooi, en einde verlede jaa ar het h sy virtueel graad gevang.“Ek het net t ge ehuil.”
Ta ans s doen sy haar internskap by die Livin ngs stone- hospitaal in Gqeberha.“Dis my r roe eping om mense te help, maar ook om m op hulle level te explain wat fout is met hulle.” hull
Sy weet dis waar sy behoort, al het sy studieskuld van amper R800 000.
“Dis die prys wat ek vir my droom moet betaal,”sê sy gelate.“Ek wil almal in my familie help, maar besef ek kan nie nou nie. Eendag sal ek kan.”
En dis ’n vreugde om haar storie te deel, veral omdat sy daarmee eer aan God kan bring.
Dismyroeping ommensetehelp, maarookom ophullelevelte explainwatfoutis methulle. JAQUELINE MATROOS