Lus vir lewe: Serebraal verlamde dans én surf!
Niks keer dié jong man om sy passies uit te leef en die lewe moedig aan te pak nie – nie eens serebrale verlamming nie!
Dit is so maklik om jouself ’n bietjie jammer te kry wa nneer jou omstandighede ssukkel. Veral in hierdie onsekere ttye, trek baie mense vreeslik swaar en weeet nie waar om die lig aan die einde van diee tonnel te gaan soek nie.
Iemand wat baie weet vaan swaarkry en uitdagings is die 23-jarige AAshtan Davids van Muizenberg in die Kaapp.
Hy is gebore mett serebrale verlamming en het epilepsie ontwikkel as 15-jarige. Vir baie ander sou dít genoeg gewees hhet om op te gee, maaar ten spyte van ennorme uitdaings s, lewe Ashtan elkee dag ten volle en i s hy ’n inspirasi ie. WWanneer jy vir Ashhtan vra wat sy gro otste uitdaging is, diink hy lank en ernsstig daaroor voorddat hy met ’n groott glimlag sê: “Nee wwat, ek kan nie nou aaan iets dink nie.” Sy t oestand veroorsaak egter e dat hy bepperkte beweging in n sy arms en bene hhet, wat beteken n hy moet ’n roolstoel gebruik.
gebruik geleenthede
Niks is vir hom onmoontlik nie – selfs nie eens branderplankry nie. Hy beskryf homself as“a surfing champion travelling the world”en met sy suster, Megan Cross (31), versit dié jong man werklik berge – rolstoel en al.
“Toe Ashtan so 11 jaar oud was, het die skool waarin hy was, gesê hy het sy volle akademiese potensiaal bereik en dat hy nie langer sou baat by hul onderrig nie. Maar ons familie het besluit dis nonsens en hom begin homeschool omdat hy so baie potensiaal het en sy hele lewe nog vir hom voorlê,”vertel Megan. In kontras met baie ander kinders in soortgelyke situasies, wat uiteindelik in der waarheid vasgekeer is in hul eie huise, het Ashtan se mense besluit om vir hom al die moontlikhede en geleenthede te skep wat ander kinders het.“Ashtan beskryf homself nie as‘disabled’nie, maar eerder ‘diffabled’(differently abled) en is oortuig dat hy met genoeg harde werk en wilskrag enigiets kan bereik. So, ons ondersteun hom daarin. Die doelwit was nog altyd vir hom om gelukkig te wees, want almal verdien geluk,”verduidelik Megan passievol.
Die familie het hul jongste kind dieselfde as die res grootgemaak en hom aangemoedig om sy drome na te streef – veral sy droom om ’n branderplankryer te word. Hulle het ’n branderplankry-afrigter gevra om vir hom ’n bord te ontwerp met velcro sodat sy hande aan die bord kan vassit.
“Jong, ek gaan nie vir jou jok nie. Ashtan was altyd saam met ons op ons borde,
maar daai eerste keer wat hy daarop aangedring het om alleen op sy eie bord uit te gaan om branders te gaan ry, was my moed baie diep in my skoene. Hy was toe 14.” Vandag is Ashtan egter al goed geolie op die branders en is Megan se hart darem al rustiger, met die familie wat hom nie toelaat om sy disability as verskoning te gebruik nie, maar eerder om hom te motiveer om homself te druk om beter en beter te word.“Hy het net hulp nodig om in en uit die water te klim en weer in die line (waar die branderplankryers wag vir golwe) te kom. Hy verstaan self baie goed hoe die golwe en die wind werk. Hy is al van 16 jaar oud af ’n kompeterende branderplankryer en het selfs ’n paar jaar gelede deelgeneem aan die uitdunne vir die World Adaptive Surfing Championships in Los Angeles, Amerika.
Nie net is Ashtan ’n kranige branderplankryer nie, maar hy is ook ’n Latin- en ballroom-danser en het in 2014 die derde plek losgedans by die FEDANSA SuidAfrikaanse kampioenskappe.
“Hy is my inspirasie. Niks hou hom terug nie. Hy staan elke dag op met ’n glimlag op sy gesig en staar uitdagings in die gesig. Ek was nog altyd sy fisiese krag, maar hy is my geestelike en emosionele krag,”vertel Megan.
Die uitdagings wat die lewe na Ashtan se kant toe gegooi het, het vir Megan en ’n groep vriende geïnspireer om saam met hom die Believe in Schatzi (BISO)organisasie te begin. (Schatzi is Ashtan se bynaam en beteken“skat”of“iets van waarde”). Saam werk die span om vir ander kinders met“diffabilities”geleenthede te skep, hulle te motiveer, te bemagtig en te inspireer. Die span stel hulle ook bloot aan branderplankry met die“Smile and Wave”-projek met die hulp van vrywilligers in die Muizenberg-omgewing.
Deesdae help die vrywilligers ook met arbeidsterapie, fisioterapie en berading en die kinders leer om meer onafhanklik te wees, kry selfvertroue en leer vaardighede aan. Die issues waarmee hulle deal, is onder meer serebrale gestremdheid, outisme en Downsindroom.
Megan vertel die impak wat branderplankry op kinders het, is ongelooflik en lewensveranderend.
“Een outistiese kind kon nie praat toe hy by ons begin het nie. Sy eerste woord was“wave”en van daar af het hy nou al ’n lekker surf-woordeskat! Die water het ook ’n baie kalmerende invloed op p die kinders, so dis baie goed vir hulle.”
help ander
Ashtan se volgende droom is om ander mense met gestremdhede te help om meer onafhanklik te raak deur ’n boerdery-projek. En met sy getroue suster aan sy sy, gaan dit nie vir lank net ’n droom bly nie.“Ek imagine ’n wêreld sonder mense wat soos gevangenes in hul huise e (‘tronke’) moet sit omdat daar nie vir hulle geleent-hede is nie, waar daar toegang is vir almal orals, waar mense mekaar aanvaar en insluit net soos hulle is,” verduidelik Megan.
Megan se grootste vrees is dat sy eendag nie meer daar sal wees om vir Ashtan op te staan nie.
“Daar is so baie onbedagsame mense – mense wat voor die rolstoel-ramp of op die gestremde parkering parkeer sonder om eers daaroor te dink – dis daai klein goedjies wat die lewe ongemaklik en selfs moeilik maak,”verduidelik sy.
“Ek wil hê Ashtan moet ’n vol, gelukkige lewe lei en elke geleentheid wat sy kant toe kom met albei hande aangryp en lééf.”
Die hele familie is kampvegters vir dit wat reg is – hulle het dit selfs reggekry om Muizenberg-strande rolstoel-vriendelik te maak, maar volgens Megan is daar nog baie werk. Sy moedig mense aan om te probeer om hulself in iemand anders se skoene te plaas en só meer verdraagsaam te wees, om ander mense te aanvaar net soos hulle is.“Elkeen van ons het ons eie, unieke uitdagings. Om gaaf te wees met ander, kos jou niks en jy verstaan nie altyd wat die volgende persoon deurgaan nie. Almal moet net ’n bietjie harder probeer elke dag. Só kan ons die wêreld ’n beter plek maak vir almal – een mens op ’n slag.”
Ashtan wil graag hê mense moet hom en ander soos hy raaksien en hy wy sy lewe daaraan om ’n verskil in hierdie mense se lewens te maak.
“Ek wil die wêreld so ’n klein bietjie verander sodat die lewe beter raak vir mense met gestremdhede,”verduidelik hy. Vir Kuier- lesers wil hy sê: leer liefhê, staan sterk, glo in jouself, moet nooit opgee nie
en onthouonthou, die lewe is ’ n geskenk.geskenk