G’n royalty: SA kunstenaars kry baie swaar
Suid-Afrikaanse kunstenaars trek swaar – werk is skaars en hulle kry nie royalties nie. Boonop is daar nog glad nie lig aan die einde van hul donker tonnel nie . . .
Die Suid-Afrikaanse vermaakbedryf is toenemend onder die soeklig ná die afsterwe van Shaleen Surtie-Richards, die land se favourite antie, en soos al hoe meer stories van sukkelende kunstenaars aan die lig kom.
Shaleen het post-apartheid nie net die weg gebaan vir jong akteurs nie, maar miljoene Suid-Afrikaners laat glimlag in haar ikoniese rolle as Fiela van Fiela se Kind, Nenna in Egoli en talle meer.
In ’n voorbladonderhoud met Kuier, kort voor haar dood, het Shaleen erken sy kry finansieel eintlik baie swaar. In ander mediaberigte word selfs sover gegaan om te sê Shaleen het eenvoudig nie genoeg geld gehad om in die hospitaal opgeneem te word nie.
Shaleen is egter nie die eerste kunstenaar wat in armoede heengegaan het nie, net die mees onlangse. Lindiwe Ndlovu, Sam Phillips, Zayne Adam, Afzal Khan, Elize Cawood en die“Paradise Road”-sanger, Anneline Malebo, is maar net nog ’n paar wat in dieselfde bootjie beland het.
Hul lewens en die omstandighede waarin hulle gesterf het, moet egter dien as ’n wake-up call, veral omdat talle kunstenaars in die pandemie klaarblyklik aan die heel kortste finansiële ent trek.
Die aktrise Lizz Meiring is al 50 jaar in die bedryf en was ’n vriendin van Shaleen. Sy het aan Kuier gesê mense moet onthou dis nie net die kunstenaars nie, maar al die kunste-mense (tegnici, produksie en, en, en) wat swaarkry.
Lizz is ’n bestuurslid van die Teater Bystand Fonds wat gestig is om te sorg vir behoeftiges, bejaardes en siekes in die bedryf en diegene wat weens ernstige omstandighede nie meer ’n inkomste kan verdien nie.
Volgens haar gee die Suid-Afrikaanse kunstebedryf werk aan sowat 6,5 miljoen mense, van die sekuriteit tot die hoofrol.
Volgens Lizz het die Covid-19-pandemie die afgelope 18 maande ’n geweldige invloed op die bedryf gehad. Sy sê kunstenaars kan steeds nie behoorlik werk nie en weens die inperkings kan hulle byvoorbeeld nie venues vul nie. Daar word ook byvoorbeeld van teaters verwag om ná elke opvoering, die hele teater professioneel te sanitiseer teen ongeveer R5 000 per keer.“Met ander woorde dis heeltemal onmoontlik om net gelyk te breek, jy gaan moet inbetaal.”
Wanneer dit kom by film en televisie, verduidelik Lizz omstandighede só: “Produksies wat kan voortgaan, moet vir twee weke toemaak elke keer as iemand op stel Covid-19 kry, wat onafwendbaar is. Niemand word ook dan betaal nie. Dit is ’n groot probleem. Ek weet die kunste-mense is nie al mense wat swaarkry nie. Ons is ook nie bedelaars nie. Ons wíl werk.”
kry nie royalties nie
Dan is daar ook die kwessie van royalties (tantieme).“Dwarsoor die wêreld, vir dekades al, word die mense wat in film en televisie werk (nie net die akteurs nie), betaal wanneer ’n reeks of rolprent waaraan hulle gewerk het, weer uitgesaai word,” verduidelik sy.
Volgens Lizz wag plaaslike kunstenaars nog vir wetgewing dat tantieme (royalties) soos in talle oorsese lande aan kunstenaars betaal word.“Ons wag steeds vir die president om die wetsontwerp te teken om dit van krag te maak. Dit kan eers dan toegepas word.”
Volgens Lizz sou nie een van die legendariese kunstenaars vandag in ellendige
Ekenmyvrou hetvirwekedroë broodgeëetsodat diekindersdaremietsmeer konkry.Aandieeindevan diediemaandmoetekonshuis maand ookopgee. ANONIEME SA KUNSTENAAR
armoede gesit het, as hulle hul verdiende tantieme betaal is nie. Suid-Afrika is een van die enigste lande in die wêreld wat dit steeds nie betaal nie.
Thinus Ferreira, ’n onafhanklike televisiekritikus en joernalis, meen die kunste word altyd as ondergeskik gesien.
Volgens hom veg plaaslike kunstenaars al jare vir royalties. “In Amerika kry die akteurs van byvoorbeeld Friends steeds jaarliks ’n stewige tjekkie as beloning vir heruitsendings. In Suid-Afrika kan jy in die grootste en gewildste reeks verskyn en jy gaan nooit weer daaruit geld verdien as ’n akteur nie. Shaleen SurtieRichards het nie weer geld uit Fiela se Kind en Egoli verdien nie al is dit hoeveel keer weer heruitgesaai.”
In 2020 is ’n nuwe ondersteuningsfonds, die Tribuo-fonds gestig, spesifiek om finansiële ondersteuning te bied aan kunstenaars en ander medewerkers in die uitvoerende kunste wat geen, of beperkte inkomste het, as gevolg van die Covid-19inperkings. Die inisiatief kom van Karen Meiring, direkteur van kykNET-kanale.
Ander soortgelyke inisiatiewe is ook in hierdie tyd geloods om die finansiële druk op die bedryf te probeer verlig. Die departement van sport, kuns en kultuur se verligtingfonds is ook gestig.“Hulle het baie klein bietjies oorbetaal waarvoor die mense baie dankbaar is, maar daar is natuurlik korrupsie,” sê Lizz.
Thinus meen ook daar is baie korrupsie wanneer dit kom by hulpfondse in terme van wanaanwending, toekenning en wanbestuur.“Miljoene in spesiale Covidverligting vir die uitvoerende kunste en kunstenaars is deur die regering vermors.”
Kuier het uitgereik na die departement van sport, kuns en kultuur, maar het teen druktyd geen terugvoer ontvang nie. Die departement het egter in ’n persverklaring gesê meer as 14 800 begunstigdes het ondersteuning van meer as R112,3 miljoen in die eerste en tweede fase van die Covid-19- intervensies gekry. In die derde fase is 4 061 kreatiewe mense en sportmense gehelp.
Feit bly staan, baie Suid-Afrikaanse kunste-mense leef tans van die hand na die mond.
Die gewilde akteur Irshaad Ally (Rafiek in Suidooster) stem saam.“Mense wat ek ken, kry ontsettend swaar. Sommige het darem ander goed begin doen, soos naels of het elders werk gekry, maar ek het al baie slegte stories gehoor. Ek voel eintlik ongemaklik om daaroor te praat.”
Wanneer dit kom by tantieme, erken Irshaad reguit as akteur weet hy glad nie wat sy regte is nie.“Ek weet nie hoe om daaroor te dink nie, want ek weet nie wat my regte is nie. Dit is dalk die hele probleem – kunstenaars weet nie en kan dus nie terugveg nie.”
VAN HAND TOT MOND
Volgens Lizz is dit maar moeilik om voor te berei vir die“maer jare”wanneer jy in dié bedryf geld verdien.
Thinus stem saam en voeg by dat die oorgrote meerderheid kunstenaars op ’n vryskutbasis op ’n korttermynkontrak werk, so hulle het nie ’n gereelde, vaste maandelikse inkomste nie.
“Hulle word basies betaal per projek. Die geld wat hulle verdien, gaan vir basiese dinge soos kos, klere, petrol, huur en elektrisiteit. Daar is nie regtig geld oor vir spaar nie.”
Thinus glo dis uiters belangrik dat SuidAfrika se wetgewing opgeskerp en aangepas word om in lyn met internasionale beste praktyk te verseker dat kunstenaars tantieme betaal word vir heruitsendings.
“Ons land is dekades agter met maatreëls om te sorg dat kunstenaars nie brandarm sterf nie.”
Die sanger Robin Pieters is weer een van daardie kunstenaars wat met die Covid-19-suurlemoene limonade gemaak het.“Toe die pandemie ons tre ef, moes ekk onmiddellik uit die boks dink. Dis toe ek en my bestuurder, Bridgette Bruk kman, kontak gemaak het met Penny Lane StudiosS en begin het met gratis online sh hows, waar kykers geld kon skenk sou hu ulle wou.”
Ongeveer 5 000 mense he et die eerste program gekyk en van daar heth dit net van krag tot krag gegaan.“Kyk,K dis nie dieselfde as ’n live show nie. Jy maak nie dieselfde geld nie, want soms kyk vier mense met een kaartjie. Maar dis oukei. Ek het besluit om dit te maak werk vir myself. Ons gaan tien teen een baie lank vat om van die pandemie te herstel, maar dit is ook hoekom ek nuwe besighede oopgemaak het. Ek het nou ook ’n klerereeks en ’n gifting-box-besigheid begin om kop bo water te kan bly.”
’n Ander kunstenaar wat anoniem met Kuier gesels het, se storie lyk heelwat anders.“Vir die eerste ses maande of wat kon my gesin op my savings oorleef. Maar dit het ’n rukkie gelede uitgeloop,”vertel die bekende, hartseer stem.“Ek en my vrou het vir weke droë brood geëet sodat die kinders darem iets meer kon kry, maar dit gaan darem nou beter. Aan die einde van die maand moet ek ons huis ook opgee. Jy dala wat jy moet, maar jy kan ook net soveel doen. Ek soek werk waar ook al ek kan, maar almal kry swaar. Daar is nie werk nie. Nêrens nie. Ek sien letterlik nie ’n uitweg nie.”
’n Mens kan amper glo dat Suid-Afrikaanse sterre, die mense wat ons daagliks laat lag en huil, laat saamsing en -dans, so swaar moet kry terwyl daar eintlik êrens antwoorde behoort te wees nie. Wat vir die bedryf voorlê, blyk steeds ’n raaisel te wees.