Kuier

Entreprene­ur: Jacks-ofall-trades woeker vir wins

Dié JJacks-kof-fall-lltradesd span hul vaardighed­e in om die rande aan die rol te hou. DEUR MARZAHN BOTHA

-

Die dae van vir jare lank aaneen dieselfde werk doen, is so lankal verby soos betroubare elektrisit­eit. Deesdae moet jy omtrent al jou talente inspan om kos op die tafel te sit. En behalwe jou“regte werk”moet jy dalk ook ’n plan maak om uit een of ander side hustle nóg ietsie te verdien. Dis amper soos jou “liefdeswer­k”, want jy kan doen wat jou gelukkig maak en jou kreatiwite­it en passie uitleef.

Die Covid-19-pandemie het steeds ’n verdoemend­e effek op almal se beursies, maar dit het ook daartoe bygedra dat mense buite die boks dink en skarrel tot hulle nóg ’n besigheid maak werk. Twee sulke mense, wat nie op hulle laat wag het nie, is Radcliffe Roelse en sy gesin en Mark Williams van The Skilled Craftsman. as ’n produksiet­oesighouer wat onderdele van ’n motor se uitlaatste­lsel vervaardig.

Maar hy is ook ’n kranige fotograaf wat in 2005 begin foto’s neem het vir sy en Shantal se dekor- en funksiesbe­sigheid genaamd Roelse Events. Skielik was Radcliffe ook in aanvraag om troues af te neem en vandag neem hy tot voorblaaie vir Kuier.

Hy en Shantal het destyds besluit om hul voltydse werke te behou en om Roelse Events stadig te groei totdat dit een van die twee se salarisse kon vervang.

Shantal het egter haar werk in 2012 verloor. Die paartjie glo dit was eintlik ’n bedekte seën, want skielik het die groter kliënte aan Roelse Events se deur begin klop.“Alle wins het ons teruggeplo­eg in die besigheid om toerusting aan te koop,” sê Radcliffe.

Courtney het toe ook ingespring en haar ma met funksies gehelp. Tog het sy alles van fotografie by haar pa geleer en was dit haar eerste passie, soveel so dat sy in 2020 die Foto van die Jaar by die Durbanvill­efotografi­eklub gewen het. (Radcliffe was in 2018 en 2020 die Fotograaf van die Jaar.) In 2019 het sy ook haar eie besigheid, Glam Cats Nail Bar, by die huis begin. Courtney werk ook as handelsmer­kambassade­ur en doen praatjies by skole.

Die jongste dogter, Cassidy, stel weer belang in drama- en filmproduk­sie en het haar eie YouTube-kanaal begin. Radcliffe het haar geleer hoe om die kamera te gebruik en saam het die twee meer geleer van videoprodu­ksie – wat ook ’n groot deel van hul besigheids­pakkette uitmaak.

“As ’n familie het ons die geleenthei­d gehad om op die aanlyn webreeks Van Adamse te werk. Hulle het met akteurs soos Lee-Ann van Rooi, Monique Rockman, Marlo Minnaar en Keenan Arrison gewerk. Só het ons begin om die Kuiertydsk­rif se voorblad te skiet met Lee-Ann van Rooi daarop.

“Kuier was so beïndruk met die kwaliteit en ook al die opsies en het ons genader om die fotoregte te koop. ’n Paar weke later het Kuier ons genader om nóg voorblaaie te skiet,” sê Radcliffe.

Het hy sy voltydse werk gelos?“Nee,”sê Radcliffe.“Ek en Shantal het besluit dat ek my voltydse werk sal behou, sodat ons ten minste een gereelde inkomste het in die huishoudin­g. Terwyl my voltydse werk my prioriteit is, sorg ons as ’n gesin dat ons alle besonderhe­de deeglik beplan sodat die kliënt ten alle tye tevrede gestel kan

word. Die kliënt onthou altyd ’n positiewe ervaring,” vertel Radcliffe

“Ons familie glo in uitgerekte bevredigin­g en het vroeg verkies dat die besigheid stadiger groei sodat ons dinge mooi kan dophou om sodoende volhoubare groei te verseker. In vorige moeilike tye en gedurende die pandemie is ons dankbaar dat ons ons verskillen­de vaardighed­e kon gebruik om aan die werk te bly.

Terwyl die dekor en funksieged­eelte van hul besigheid heeltemal stil is, het die fotografie saam met Courtney se Glam Cats Nail Bar vir hulle besigheid ingebring.

“Ek het so baie besigheids­beginsels by my voltydse werk geleer, wat ek in Roelse Events toepas, maar dis veral die Japannese werksetiek wat my motiveer om dieselfde gehalte te handhaaf in alles wat ek doen,”voeg hy trots by.

“Bou altyd aan jou handelsmer­k en weet dat jy in jou persoonlik­e en profession­ele hoedanighe­id jou handelsmer­k verteenwoo­rdig. Leef jou handelsmer­k uit, gaan versigtig daarmee om en waak oor dit, selfs op sosiale media,”sluit hy af.

THE SKILLED CRAFTSMAN

Mark Williams (34) van The Skilled Crafts

man is ’n boorling van St. Helenabaai wat deesdae op Malmesbury buite Kaapstad woon. Hy was nog altyd ’n man van vele talente, wat kreatief is op baie gebiede soos die sweiswerk van hekke, fotografie, skryfwerk en videografi­e.

“Ek het op ’n dag met God gepraat toe kry ek die skrif Eksodus 31:3. Dis waar ek aan die‘skilled crafstman’gekom het en dit het basies daaroor gegaan dat ek is wie ek is en wat ek doen kom uit Hom uit.”

Sy alles-in-een-besigheid het eers regtig in 2019 begin blom – die twee jaar vantevore het hy hier gevat en daar gelos om alles saam te maak werk.

Hy het aanvanklik sweiswerk by die

Weskus Kollege in Vredenburg studeer, maar sy kantwerk was fotografie wat die afneem van troues, matriekafs­keide en verlowings behels het. Hy het op Facebook en sosiale media geadvertee­r en was volgeboek vir fotosessie­s op Malmesbury en Stellenbos­ch en in die Paarl. Tussendeur het hy verskeie fotografie­kursusse by Shaw Academy en deur ander aanlyn kursusse gedoen.

In 2019 voltooi hy die sweiswerkk­ursus en verskyn sy boek, Vehicle of Love, wat oor verhouding­s en liefde gaan, sommer ook op die rakke.

“Ek het werk begin soek, maar is toe tydens die harde inperkings vasgevang by my liefde in Malmesbury. Toe trou hy met sy geliefde Lenithe en die fotografie blom ook. Dit het regtig goed gegaan.”

Op ’n dag voel ek toe skielik moeg en oorweldig, want ek doen so baie dinge en ek kry nie die balans nie.”Mark het geweet hy moet prioritise­er. Hy het sy besigheid begin en dit het hom gehelp om alles doelgerig en stapsgewys te benad der.

“Ek is hoofsaakli­k ’n mensefotog raaf wat gek is om portraits te neem. MaarM ek kan ook hekke, diefwering, glyhek kke en braaistaan­ders op wiele maak.

“Soms is ek besig om vrouemod delle op my rekenaar te redigeer, soms skry yf ek kortstorie­s met ’n boodskap oor mmishandel­ing soos in die‘Diepe Seer’o of‘Die Digter’wat oor my lewe gaan en ve erfilm dit self. En soms sweis ek.”

Volgens hom móét jy leer hoe o m dinge te skei en goed uiteen te sit.

Vra jouself af: Wat is belangrik? WatW is nóú belangrik? Wat moet nóú afge ehandel word en wat kan wag?

Volgens Mark glo hy in die ding van tiendes gee. Dis ’n binnekamer­ding met God se seën oor my lewe.

“As die funksies stil is, dan stroom die aanvraag na staalhekke in. As dit weer stil is, verkoop die sonhoedjie­s met die logo, The Skilled Craftsman, weer soos soetkoek,” sê hy.

Indien jy die vermoë het om tussen jou werk, stokperdji­es, talente en passies te navigeer en ’n goeie lewe daaruit te maak, is jy besonder gelukkig en beter daaraan toe. Klou vas aan elke grashalm van werk en bekwaamhei­d, want die lewe daarbuite is rof en ongenaakba­ar.

 ??  ?? REGS: Radcliffe Roelse neem foto’s van bekendes soos Jo-Ann Strauss (heel regs).
REGS: Radcliffe Roelse neem foto’s van bekendes soos Jo-Ann Strauss (heel regs).
 ??  ??
 ??  ?? REGS: Mark Williams is The Skilled Craftsman. ONDER: Hy sweis ’n hek.
REGS: Mark Williams is The Skilled Craftsman. ONDER: Hy sweis ’n hek.
 ??  ?? BO: Die hele gesin sit hand by by Roelse Events – Courtney, Shantal en Cassidy.
BO: Die hele gesin sit hand by by Roelse Events – Courtney, Shantal en Cassidy.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa