Kuier

Korrtverha­al

Lionel het die wêreld aan sy voete, maar trap op sy gesin. Wat sal hom tot stilstand ruk en sy gesin red? deur Jerome Dyers

-

k het genoeg gehad, Lionel. Los ons net uit . . .”Lionel se vrou, Tina, sit die foon in sy oor neer en hy kry ’n knop in sy keel. Hy het soveel hartseer gesaai in sy gesin se lewens. Hy kan hulle nie verkwalik dat hulle hom afgeskryf het nie.

“Lionel . . . Nog twee minute,”kom dit oor sy gehoorstuk. Sy sorge moet vir eers agterbly. Soos gewoonlik.

“Goeienaand, almal!”Die gehoor ontplof van ekstase toe hulle Lionel se fluweelste­m hoor. Hy is dié Lionel Legend. Die een wat almal beny. Die een wat almal wil wees. Die een wat almal wil hê. Op die verhoog betower hy sy bewonderaa­rs met die een liedjie ná die ander. Hy leef homself uit in ’n wêreld wat hom aanbid. Dit is hier op die verhoog waar hy die lewendigst­e voel. Dit is hier voor sy aanhangers waar hy behoort en wil wees tot die dag wat hy sy oë toemaak . . .

“Ben, vertel my die waarheid,”vra Lionel die volgende oggend en staar intens na sy dokter.“Hoe lank het ek oor?”kraak sy stem.

“Lionel, ons stap al ’n lang pad saam en dis vir my hartseer om te sê. Jy ignoreer alle waarskuwin­gs en mediese raad vir hoe lank al. Ek wens jy het ’n sielkundig­e ook gaan sien. Jy het nog drie maande oor . . . Selfs dit is nie gewaarborg nie.”

Lionel se oë staan stil in sy kop. Hoe gaan hy dit vir sy gesin sê? Sy aanhangers? Hoe gaan hy wegbly? Hy weet sy einde is naby. Hy moet by sy vrou en kinders uitkom.

By die huis begewe Lionel se moed hom om Tina álles te vertel.

“Vir hoe lank hierdie keer, Lionel? Dis net leë beloftes. Slegs een of twee dae om jou kinders tevrede te stel. Vir jou vrou te kom wys dat jy kamstig getroud is. Ons huwelik is ’n klug, Lionel. Jou roem is belangrike­r as jou gesin. Jy is siek, man! Jy is verslaaf aan al daai aandag. Wanneer gaan alles

stop? Die dag as jy dood val?” Tina is al sielsmoeg.

Lionel het geen woorde nie. Hoe sê hy vir haar dat alles binnekort tot ’n einde gaan kom – gouer as wat sy dink?

Hy loop weg.

“Ja, loop, Lionel! Waarom kom jy nog huis toe? Gaan drink jou sorge weg!”is Tina se laaste woorde aan hom soos die deur toegaan. Wat Tina betref, was dit sy laaste kans.

Die drank verlos Lionel tydelik van sy probleme. Hy wou so graag vir sy gesin wys dat hy ’n beter mens kan wees. Dit is nou te laat vir hom. Die doktersver­slag in sy sak . . . Dit is sy einde.

Die aand is weer een soos vele ander vantevore. Lionel sit agter die verhoog voor sy optrede omring deur vroue wat wuif vir sy aandag. Die kameras flits. Dieselfde storie by elke optrede, maar dit is presies wat hom aandryf.

Sy selfoon vibreer. Dis ’n boodskap van sy bestuurder, Mark.

“Twee maande toer na Amerika! Vertrek oormôre!”Dit laat hom sy glas hoër lig. ’n Toer om op ’n manier vir sy aanhangers vaarwel te sê. Dit moet hy vanaand vier! Die aand, sy optrede en al die lekkerte smelt saam tot een groot blur vir Lionel. Sy gesin diep in sy agterkop.

Vroeg die volgende dag word hy met ’n groot lawaai by die huis afgelaai. Tina is briesend.

“Jy noem jouself ’n pa, Lionel. Kyk hier!” Sy druk die koerant in sy gesig. “Legend entertain álmal.”

Voor Lionel iets kan sê, loop Tina by die voorkamer uit. Lionel besef weereens dis dalk sy laaste kans om met sy vrou en kinders te wees.

In sy kamer sit hy met sy eie gedagtes en praat met homself.

“My vrou is kwaad vir my. Ek kan haar nie blameer nie. Waarheen is ek op pad? Daar is niks om na uit te sien nie. My lewe is op sy einde. Sonder my geliefdes. ’n Man gefaal in sy pligte. My aansien ’n strop om my keel. Dit versmoor my. Nou is alles binnekort verby . . .”

Diepdenken­d besef hy dat hy al die mislikheid verdien. Hy het die mense wat vir hom die meeste omgee in die steek gelaat. Hy is ’n man wat bestem is om alleen dood te gaan. Sy sangloopba­an is die rede vir sy mislikheid, tref dit hom.

Lionel WhatsApp vir Tina:“Ek wil probeer ons gesin red, my vrou”.

Hy kry ’n voice note terug:“Moet ek weer luister na jou liegstorie­s? Ek en jou kinders was mos ’n skande. Ons sou jou mos verhinder om op jou beste te wees. Te veel tyd van jou in beslag neem. Hoe moet ons weet jy bedoel wat jy sê? Jou woord was nog nooit jou eer nie”.

Trane loop oor sy wange. Sy vrou het so pas sy laaste wens in sy gesig gegooi.

Die volgende dag daag Lionel by sy dokter se spreekkame­r op.

“Ben, jy moet my help. Jy moet my van myself red om my gesin te red. Dit is my laaste kans. Laat ek regmaak met my vrou en kinders voor hierdie kanker my lewe vat,”kom die woorde uit ’n sterwende man se mond.

Ben gooi ’n vloeistof in ’n botteltjie en gee dit aan Lionel sonder om hom in die oë te kyk.

“Niemand mag ooit hiervan weet nie. Ek kan alles verloor,”sê die dokter.

By die huis het Tina haar afgesny van alle media. Sy sit eers vroeg die aand die radio aan om na die nuus te luister. Dis toe sy die verdoemend­e berig hoor.

“Dokter verklaar Legend is op dood se drumpel.”Sy luister nie verder nie. Dit is wat Lionel al die tyd vir haar wou sê. Sy het hom weggestoot soos hy al die jare met haar gedoen het. Daardie onaangenam­e dae en nagte vieslik ingeëts in haar hart.

Later sit ’n gebroke Lionel in sy aantrekkam­er voor sy optrede. Hy soek nie mense naby hom nie.

Hy bel sy vrou sodat sy sy stem vir die laaste keer kan hoor. Tina sien die oproep, maar antwoord nie.

Lionel is verpletter dat sy uitreiking nogmaals verwerp word.

Hy bel weer. Sy antwoord ná die foon ’n paar sekondes lui.

“Luister asseblief, Tina. Dis al wat ek vra.” Hy hoor haar net asemhaal en gaan voort.

“Ek het vir baie lank net aan myself gedink. My eie monsters gevoed en nou het my narsissism­e my ingehaal. My lewe is niks werd sonder jou nie. Gee my asseblief net een kans. Ek sal jou eerste stel. Jou elke dag koester. Vergewe my asseblief. Laat my toe om die beste man vir jou te wees in my laaste dae. Die beste pa vir ons kinders. My dokter het gesê ek het net drie maande oor om te lewe . . . Ek het verlede week uitgevind ek het kanker in my lewer, rektum en kolon.

“Dit is ’n groot skok. Ek het daarvan gehoor, maar nie geweet hoe waar dit is nie. Ek vergewe jou. En ons sal jou laaste dae geniet. Ons as gesin. Die lewe is so kort. Lionel, ek het jou lief, my man.”

“Baie dankie. Bye, my vrou,”hy sit die foon langs hom neer en tel die botteltjie op wat hy by sy dokter gekry het.

Met bewende hande gooi hy die deurskynen­de vloeistof wat sy neus brand by sy glas whiskey. As hy homself en sy sangloopba­an nie tot stilstand ruk nie, gaan sy verslawing aan aandag, gaan sy siekte . . . En dít sonder dat hy tyd met sy gesin deurbring. Hy moet ten minste die laaste paar maande van sy lewe by sy vrou en kinders spandeer. Hy het hulle genoeg afgeskeep.

Sy keel brand. Hy skree van die pyn, maar net ’n effense heesheid kom uit. Toe die brand bedaar, ry hy huis toe in plaas van om op die verhoog te gaan. Hy kan sy aanhangers sy naam afwagtend hoor skree. Sy kop sê vir hom om om te draai, maar hy trap liewer die petrol dieper in.

Tina hoor iemand by die deur. Sy hardloop vinnig met ’n wapen om te gaan kyk. Dit is haar man.

“Lionel, jy laat my skrik,” sê sy. Lionel praat nie.“Hoekom sê jy niks nie?” Hy druk ’n knoppie op sy foon en ’n voice recording speel.

“My stem is vir ewig stil. Ek is joune, Tina. Ek moes lankal joune gewees het. Sonder my stem is ek niks. Niks is ek bereid om te wees as ek by jou kan wees, want jy en ons kinders is my alles. Ek is siek. Ek het gedink roem en aandag is my alles. Dat dit my iets maak. As ek weer kon begin, sou ek nooit ’n sanger wou wees nie. Die roem en glorie bring geen vreugde nie. Dis ’n reis na nêrens. Dit het my ware geluk weggeneem. Ek was ’n pa met geen liefde nie. Nou is ek terug om op te maak.”

Tina staan met trane in haar oë en omhels Lionel woordeloos.

 ??  ?? Foto ter illustrasi­e
Foto ter illustrasi­e

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa