Kuier

FACEBOOK

-

WAT IS ANDERS IN JOU LEWE AS ’N JAAR GELEDEWAAR­VOOR JY BAIE DANKBAAR IS?

Ek het ’n liefdevoll­e man ontmoet wat baie lief is vir die Here. Ons is albei plaaskinde­rs, saam op laer- en hoërskool gewees, maar nooit gedink dat ons paaie sou kruis nie. Ons is nou verlief, verloof en dolgelukki­g. Ons bid saam en ek ondersteun hom met alles wat hy aanpak en hy doen dieselfde vir my. Nou weet ek daar is beslis vir elke pot ’n deksel. MARVELIN GALANT

My pa was in 2019 gediagnose­er met lewersirro­se en daar was geen hoop nie. Dit was hospitaal in en uit elke tweede week en ek moes ± 300 km ry om hom by ’n private hospital te kry. Elke dag het ons van die hospitaal af teruggegaa­n huis toe met die gedagte of ons hom môre weer sal sien. Ons kon net bid en die Here vra vir genesing! Verlede jaar het die dokter gesê hy is buite gevaar en hy is nou weer op die been! Daar is nog klein goedjies wat makeer, maar die ergste kwale is weg. Dank die Here! Hoe kan ek wil omdraai as die Here so goed is vir my? JENNIQUE MAY

Verlede jaar was ’n baie moeilike tyd met die hele Covidbesig­heid. Alles was so omvergegoo­i en onseker, maar in daardie onsekere tyd is my man permanent aangestel by sy werk. Hierdie jaar het die Here ons so dubbeld kom seën. Januarie is ek ook permanent aangestel by my werk. Ons het ’n huis van ons eie gekry en kon in ’n maand trou. My hart loop oor van dankbaarhe­id. Ek sal aanhou sê:“My God is ’n God van die onmoontlik­e”en Hy kom deur op die laaste minuut. HANNELIE MINNAAR

‘n Jaar gelede was ek nog in ’n baie slegte verhouding. Dié jaar is ek single sonder stres en probleme. Ek het ’n baie goeie keuse gemaak. MARISKA LE ROUX

Ek is dankbaar dat ek ná 20 jaar die moed gekry het om my '”childhood demons”in die gesig te staar en deur dit te werk. Ek het besluit dat ek nie meer sal toelaat dat dit my beheer nie. Met die hulp van my man en profession­ele hulp, het ek ’n nuwe perspektie­f. Ek voel ligter met soveel meer selfvertro­ue en pak nuwe geleenthed­e aan. Ek het my hare geskeer, sommer alles af, om aan myself te simbolisee­r dat my opinie oor myself al is wat saak maak. Deure gaan nou vir my oop. Ek het soveel meer hoop vir die toekoms. LAUREN BOTES

Vir die seën van ’n wonderlike nuwe werk en ’n ongeloofli­ke ondersteun­ingsnetwer­k! Ek was emosioneel en finansieel baie gedreineer laasjaar dié tyd. Ek het ook my man verloor in Oktober en gedink ek gaan nie deur dit kan kom nie. Genadiglik is ek nou op ’n beter plek en is my Skepper ewig dankbaar daarvoor. RETHA VAN DEN BERG

’n Jaar gelede het ek gesukkel om uitgewers te kry om te help om my boek Stroke Gedagtes op die rakke te kry. Ek het op 26 Junie my boekbekend­stelling gehou. Dit was ’n reuse-sukses. Nou is ek besig om die volgende bestellys vol te maak. Dis nie ons as mens se tyd nie, maar op God se tyd sal dinge gebeur, want Hy stel nooit teleur. JACQUES HANEKOM

My kankergewa­sse het met nog ’n goeie paar persent gekrimp en ek het nou hare op my kop ná die chemo. NYLENE KAYSTER

WAT IS DIE SNAAKSTE DING WAT JY AL IN DIE KERK GESIEN OF GEHOOR HET?

Ons was by my kleinneef se voorstelli­ng en aanneming en daar was nagmaal bedien. Die kerk het net druiwesap bedien. My kind het my glasie geruik en so ewe (nie sag nie) gevra of die kerk te arm is om wyn te koop. KARLIEN SCHULTZ

Ons was ’n vreeslike jolige klomp en stout, maar al het ons hoe geparty Oukersaand was ons in die kerk. Ek onthou een jaar het een van ons ’n uiltjie geknip terwyl die diens aan was, en met die wakker skrik hard gevra:“Nou wanneer drink ek dan?” MERILIZE SWANEPOEL

Die priester preek oor Saggeus, maar in plaas van“Saggeus, klim uit die boom”sê hy“Petrus”. ’n Mede-dienskneg probeer help en fluister twee keer vir hom“Saggeus”. Toe sak hy af:“Petrus, klim uit die boom, dis Saggeus s’n.” ELMARIE

Ons was in ’n kerk waar die predikant ’n toga gedra het. Voor ons het ’n seuntjie gesit saam sy ma. Toe die predikant uitgestap kom, sê hy kliphard vir sy ma: “Coooooool, Mamma, check daar is Zorro. Kan ek sy perd buite gaan kyk, asseblief, Mamma?”Dit was die einde vir my, ek moes uitstap. ADRI LE ROUX

Mense wat verkeerd sing. ’n Kerksuster het gesing:“Die lieste van Jesus is bont gebrand”in plaas van“die liefde van Jesus is wonderbaar.” NICOLENE JOOSTE WILLIAMS

Die suster juig lekker in die kerk, maar so wonder sy toe hoekom kry haar boude dan nou so koud. Toe sy afkyk toe lê die skirt op die grond! Al wat sy kon doen, was om die skirt te gryp en toilet toe te hardloop. LANA JANUARY

Eendag in die kerk het die dominee 9/11 in sy preek ingebring, maar in plaas van 9/11 sê hy toe seven eleven. A. LE ROUX

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa