Kuier

HALLO MY KUIER MENSE,

- EDITOR@KUIER.CO.ZA

Winter is ’n anderste seisoen. Dis koud en nat (vir Kapenaars) en die triestighe­id kan ’n mens se hele gestel sommer af laat voel. Maar soos die natuur ons geleer het, is die winter noodsaakli­k sodat ons ’n lente en somer kan hê.

Hierdie winter voel ook erger omdat ons steeds in die wurggreep van die verwoesten­de Covid-19-pandemie is en dit lyk ook nie of dinge vinnig beter gaan word nie. Oornag het ons woordeskat ook nuwe toevoeging­s gekry. Danksy die pandemie assosieer almal deesdae“delta”met die coronaviru­s en volgens nuusberigt­e gaan dit nie lank wees voor die Lambda-variant sy opwagting maak nie. ’n Mens kan dus nie help om te wonder hoeveel letters van die Griekse alfabet ons gaan deurwerk voor die pandemie verby is nie!

Maar terwyl ons vir ons fisieke welstand veg, kan ons nie bekostig om ons geestelike welstand af te skeep en moed te verloor nie. Dit help beslis ook nie as ons heeltyd met negatiewe nuus gebombarde­er word nie. Daarom fokus ons in hierdie uitgawe op inspirasie­stories, want dis soos ’n inspuiting van hoop en positiwite­it om ons te herinner dat hierdie winter ook nie vir ewig sal duur nie.

Jaqueline Matroos, Lyntjie Jaars en Ashtan Davids is voorbeelde vir ons almal om nooit moed op te gee nie. Hul omstandigh­ede is baie verskillen­d, maar hulle het almal dieselfde boodskap – niks en niemand kan in jou pad staan as jy glo in jou drome nie. Die storie oor Cheslin Kolbe en sy pragtige gesin is ook beslis ’n ligpunt in hierdie donker tye. Dankie, Cheslin, dat jy met ons gesels het en jou storie met ons lesers gedeel het.

Dit gaan voorwaar baie inspireer om ook hul drome na te jaag. Tot volgende keer,

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa