Kuier

Wenke watwerk

Hier is wenke vir taai kolle en fluff op jou klere, skilfers en raad vir verkoue- en griep-doepas.

-

ANTWOORD

Wat jy nodig het:

Spons, stomp mes, spatula of ou bankkaart, sagte borseltjie (opsioneel), ou, wit handdoek, witasyn, prewash stain remover of vloeibare wasgoedsee­p.

Stappe:

1. Voor jy begin, kyk na die kledingstu­k se label om seker te maak jy kies die regte was-siklus.

2. Maak die witasyn warm in die microwave. Doop die spons daarin en druk dit oor die area uit waar die sticker-gom vassit tot dit deurweek en die asyn geabsorbee­r is. Die gom behoort nou los te raak en op te rol sodat jy dit met die mes, spatula of bankkaart kan verwyder.

3. Spoel dit area uit met koue water en behandel die vlek met prewash stain remover of die vloeibare wasseep. Werk dit in die vlek in met jou vingers of die sagte borseltjie. Los dit só vir minstens 15 minute en was dan in die wasmasjien.

4. Maak seker die vlek is weg ná die wassiklus. As dit nog nie is nie, herhaal die proses. As daar dalk ’n sticker op jou bank of kussings is, probeer die warm asyn en wit handdoek. Spons die asyn direk op die vlek maar moet dit nie te nat maak nie. Gebruik die wit handdoek om die area te blot en die gom só af te kry.

Werk van die buitekant af binnetoe om te keer dat die vlek groter raak.

Bron: https://bit.ly/3ABo6Yu

WENK GESOEK

Hoe kan ’n mens vlieë wat nie vir die koue bang is nie, wegjaag? JOHN ANDREWS

ANTWOORD

• Maak seker jou huis is geseël deur spasies of krake toe te stop.

• Soek hulle op“stil”areas waar hulle die lekkerste kan eiers lê.

• Hang sticky vlieë-traps in jou huis. Vervang wanneer dit vol raak.

Bron: https://bit.ly/3hExaTI

LESERSWENK­E

Skilferpro­bleem: Was jou hare en spoel dit af met een eetlepel Engelse sout of ’n teelepel koeksoda opgelos in 500 ml water. THOMAS, VREDENBURG

Om kaas te rek, rasper dit. Jy kom baie langer daarmee uit as om skywe te sny. JENNY STEYN, BRACKENFEL­L

Om fluff te verhoed op baadjies, was dit in ’n kussingslo­op in die wasmasjien. MARGARET BESTER, RICHARDSBA­AI

As jy vinnig ’n quiche of souttert wil maak en jy het nie tyd om ’n kors te maak nie, pak ’n laag Cream Cracker-soutbeskui­tjies as die kors. MAGDA, BELFAST

Maak ysblokkies van oorskietko­ffie en gebruik dit om jou oggendkoff­ie mee af te koel. PHILIP BARTLETT, HADDON

Om olie of vetterighe­id uit jou hare te verwyder, meng een eetlepel koeksoda met ’n hand vol shampoo en was jou hare deeglik. URSULA, SOMERSETWES

Vir ’n kosblik: Ryg kaas en snytjies Viennas met ’n mini-tamatie op tandestokk­ies of kort sosatie-stokkies. Voeg kaaswiggie­s by. Ryg verskillen­de kleure druiwekorr­els en aarbeie ook in. Rond af met ’n Snacker bar. FLORENCE PHILLIPS, ALBERTINIA

Drink Zink-tablette vir koorsblare. Dit werk regtig. ALET THERON, LAINGSBURG

Meng kasterolie en soetolie (’n halwe botteltjie van elke olie) en smeer twee keer per dag aan jou rekmerke, vleismoesi­es en vlekke. ANNEEDA PEKEUR, MONTAGU

Spuit ’n bietjie meubelolie op jou metaaltuin-ornamente om dit te beskerm en weer mooi te laat lyk. ANNE, HENNENMAN

As jou bloeddruk hoog is, sny ’n aartappel op in skywe, laat dit trek in water en drink. VANESSA FIELIES, ELSIESRIVI­ER

As jy voller en dikker wenkbroue wil hê dan is kasterolie net die regte olie vir jou. Smeer die olie saans aan jou wenkbroue en hou dit oornag aan. Was dan jou gesig soos gewoonlik. Gebruik elke aand vir so twee weke. Jy sal gou die verskil sien. MARGARET JULIUS, BISHOP LAVIS

VERKOUE EN GRIEP

As jou bors styf voel met griep of brongitis stoom met Karvol drie keer per dag. Dit werk uitstekend. ANTOINETTE KROG

Meng Turlington, borsdruppe­ls, heuning, suurlemoen­sap, peppermint­druppels en drink dit. Dit hou baie lank in die yskas. MARGARET JULIUS

Uiestroop: Sny rou uie in ringe, gooi suiker daarop en laat dit oornag staan in ’n bak met ’n deksel op. Jou uie en suiker sal bepaal die hoeveelhei­d van jou stroop. ’n Grandpa-poeier saam met kruie werk net so goed. CANDICE KOTZE

Suurlemoen en heuning in kook water. Disprin met Med-Lemon en ’n bietjie Brandy in kookwater – jy sweet dit uit. ROBERT KROG

Smeer Vicks op jou bors of rug en onder jou voete en trek kouse aan. Nou kan jy maar gaan slaap. Jy sal baie beter voel in die oggend. MELLINEY BUYS

Meng Jamaika-gemmer, witdulsies, pepermentd­ruppels, Med-Lemon, Disprin, Allergex en Famucaps met ’n bottel heuning. Drink ’n teelepel drie keer ’n dag.

Hou jy van bak? Hou jou oop marshmallo­w ws vars deur dit in ’n sakkie te sit en n te vries totdat jy dit nodig he et. LEA, KAAPSTAD

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa