Kuier

RAAD VAN ’N LEWENSAFRI­GTER

-

Kry genoeg slaap. Sewe tot nege uur per nag. Gaan slaap so vroeg voor middernag (00:00) as wat jy kan. Sodoende kry jy slaap van beter gehalte.

Maak seker jy kry elke dag die son op jou vel. Gaan stap buite sodat jy jou vitamien D direk van die son kry. Aanvulling­s vir vitamien D is eenvoudig nie goed genoeg nie. Dit werk die beste as jy dit direk van die bron kry. Vitamien D gee jou immuunstel­sel ’n hupstoot, hou jou energievla­kke hoog en verbeter jou gemoedstoe­stand.

Eet gesond. Veral hierdie winter. Kry genoeg gesonde vette, proteïen en baie groen groente in. Vermy stysels soos aartappels, brood, rys en pasta. Stysels word in sommige inrigtings gebruik om die pasiënte te kalmeer of te beheer omdat dit jou lui en traag laat voel as jy dit geëet het.

Doen aktiwiteit­e waar jy beweeg. Dis ononderhan­delbaar. Beweeg jou liggaam soveel as wat jy kan. Jy hoef nie noodwendig by ’n gym aan te sluit nie. Doen eenvoudige goed soos stap om die blok. Parkeer ver van die winkel se ingang af sodat jy ’n entjie verder moet loop om jou inkopies te doen. Speel buite met jou hond, doen tuinwerk of maak die huis skoon.

Moenie jouself geheel en al isoleer nie. As jy nie by vriende of familie kan uitkom nie, maak ’n video-oproep of selfs net ’n gewone oproep. Die interaksie (al is dit deesdae anders) met mense wat jou verstaan en vir jou omgee, is ongeloofli­k belangrik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa