Kuier

Kry insig in jou sake

-

voel die finansiële spanning en druk is een van die grootste uitdagings tydens die Covid-19-pandemie.

Masutane Modjadji van South African Federation for Mental Health (SAFMH), verduideli­k verder mense is bekommerd oor verskeie goed op dieselfde tyd.“Vir dié wat sukkel om kos op die tafel te kry, is dit ’n prioriteit en is hulle bereid om hul veiligheid daarvoor op te offer. In my ervaring voel die meeste pasiënte spanning en angs as gevolg van issues soos kos, geld en om ’n werk te kry of behou.”

Beide Babette Nelson (38) en haar man, Jansen (41), van Bellville in die Kaap, moes die laaste paar maande elke sent omdraai.

“Ons moes albei ’n major pay cut vat om ons werke te kon behou en daar is nou letterlik te veel maand aan die einde van ons pay-pakkies. Ons was altyd redelik gemaklik, maar deesdae is daar nie genoeg om al die rekeninge te dek nie. Nie net dit nie, maar alles raak net duurder en duurder. Daar is tye wat ons pasta sonder sous moet eet net om darem iets in te kry. Ek moes ook al die kinders se extramural­s kanselleer. Jy ken daai grappie, nè? Ek het so sterk geraak, want ek kan nou R1 500 se groceries op een slag dra,”lag sy, maar erken dan ernstig:“Ons praat nie eintlik daaroor nie, maar ons is baie gespanne op die oomblik oor geld en weet nie wat ons kan doen om die las ligter te maak nie.”

Aan die ander kant van die muntstuk, is Salley de Villiers (45) van Eersterivi­er, ook in die Kaap.“Ek weet nie waaroor almal so kla nie. Ja, die pandemie is rof, maar ek is net bly ek het nog ’n werk. Ek het nog nooit baie geld gehad nie en sal ook seker nooit nie, maar dit het my geleer om nie bo my means te lewe nie. Ek koop net wat ek nodig het en make do met wat ek het,”sê sy.

Sebastien Alexanders­on, uitvoerend­e direkteur van National Debt Advisors (NDA), verduideli­k:“As jy R6 000 per maand verdien het voor lockdown en jou uitgawes het nie veel vermeerder nie, sou niks vir jou verander het nie. Aan die ander kant, as jy R40 000 per maand verdien het, en jou maandeliks­e uitgawes en skuldbetal­ings sowat R35 000 was, maar jou inkomste nou gekrimp het tot R25 000, is jy waarskynli­k nou in die moeilikhei­d.”

Hy verduideli­k dit gaan nie eintlik soveel oor hoeveel jy verdien nie.“Hoeveel jy verdien, is net belangrik in terme van hoeveel j om goeie oplossings te vind.”

Gelukkig is dit moontlik om nog jou sake reg te ruk, maar dit gaan dalk ’n kopskuif van jou vereis. Volgens Carla Oberholzer, ’n skuldadvis­eur by DebtSafe, gee ’n begroting jou die nodige insig om jou finansiële storms te beveg.“Dit is belangrik dat jy voortduren­d probeer‘beheer’neem oor dit wat jy kan – jou eie/persoonlik­e geldsituas­ie – en die sleutel-instrument is ’n begroting. Dit sal jou help om jou skuld en finansies in die regte rigting in te stuur en te keer dat dit hand uitruk.”

Sy verduideli­k jy moet aan jou begroting dink as ’n boek oor jou finansies wat jou help om jou spesifieke finansiële situasie te verstaan om om te weet waar jy finansieel staan.“Hoe meer jy jou begroting hersien, hoe meer mag het jy om jou persoonlik­e finansiële besluite en uitkomste te verbeter,”meen sy.

Carla sê daar is vyf wenke wat jou kan help om jou persoonlik­e begroting aan die gang te kry en dit ’n deurlopend­e, finansiële roetine en prioriteit te maak:

Begin met jou begroting se struktuur (jou behoeftes en leefstyl). Weet wat jou netto inkomste is (ná aftrekking­s soos mediese fonds), jou uitgawes (aftrekking­s soos jou kredietoor­eenkomste, diensooree­nkomste, debiet-transaksie­s). Kyk of die totaal ’n minus of surplus is. Jy kan jou begroting op ’n stuk papier skryf en dit op die yskas plak, ’n app gebruik om jou te help, of jy kan ’n aanlyn template gebruik om jou begroting se besonderhe­de in te vul.

Monitor jou inkomstes en uitgawes vir die volgende paar maande – jy sal kan sien hoe die begrotings­toespraak (byvoorbeel­d sondebelas­ting of brandstofh­effings) jou kontantvlo­ei as ’n verbruiker raak. -

Sny luukshede uituit, verlaag jou uitgauitga­wess of maak jou skuld minder.

Identifise­er en vind oplossings om ongesonde finansiële gedrag en gewoontes te verander. Kyk ook na oplossings of diegene rondom jou wat veroorsaak dat jy geld verloor of mors.

Die belangriks­te ding om te doen, is om by jou begroting te bly.“Vier jou begrotings­mylpale (byvoorbeel­d om ’n skuldreken­ing klaar te betaal, jou inkomste te verhoog, suksesvol jou onnodige spandering en kostes te sny). Dit kan sorg dat jou begroting deel word van jou alledaagse finansiële gewoontes. Belonings kan wissel van iets soos ’n R100-bederf op enigiets wat jy wil, tot ’n uiteet-bederf saam met jou geliefde. Raak kreatief (dog realisties) met wat jy byvoeg,”is Carla se raad.

Hersien jou begroting elke maand of elke tweede maand om te sien waar jy veranderin­gs moet aanbring soos wat jou lewe en leefstyl draaie neem.“Jy sal kan agterkom of jy met te veel skuld sit en voeg dan addisionel­e skuldbestu­uroplossin­gs by jou begrotings­doelwitte. Onthou, daar is niks verkeerd om ekstra hulp in te kry om jou te help om jou begroting-/finansiële doelwitte te kan bereik nie,”meen sy.

Die sleutel lê ook daarin om klein te begin, want elke druppel in die emmer help. Probeer om toestelle wat swaar is op elektrisit­eit, net een keer per week aan te sit. Moenie onnodige goed koop nie. Kyk uit vir bargains en vergelyk pryse van noodsaakli­ke items. Dit help om ’n lysie te maak en daarby te bly, no matter what.

Om soos ’n volstruis met jou kop in die sand vir jou finansies weg te kruip, gaan jou net nog dieper in die gat in delf. Maak sommer vandag al ’n plan om ’n plan te maak om jou stappie vir stappie uit die finansiële verknorsin­g te grawe.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa