Kuier

HALLO, LIEWE KUIER- LESERS!

- EDITOR@KUIER.CO.ZA E

As kind was daar vir my niks lekkerder as om die blokkiesra­aisels in te vul in die tydskrifte wat ons huis vol gelê het.

Dit het ure se genot verskaf, en só tussen die invullery en gekopkrap en gerondvra vir antwoorde deur, het ek sommer nuwe woorde en talle local celebs se gesigte leer ken.

Op Kuier se WhatsApp-lyn het een leser onlangs gevra:“Wanneer bring julle weer‘n KuierCombo Speletjies uit?”Wel, die gewag is verby!

Ons derde KuierCombo Speletjies­tydskrif is nou op die rak, en dit sal jou hele gesin vir ure besig hou. Daar is 110 raaisels om van te kies en keur, van mini-, groot-, en fotoblokra­aie tot woordsoeke en sudoku’s. Vir die jongspan is daar ook allerhande fun speletjies. Maak seker jy gooi jou gesin s’n in jou winkelmand­jie!

Wat stories betref het hierdie uitgawe weer‘n hele paar juwele opgelewer. Lanklaas het‘n storie my so laat kraai soos die een oor die stoere Boken All Black supporters, op bladsy 22. Dit gaan gerook as fans van dié twee spanne onder een dak bly – dít weet ek alte goed, want rugby is gróót in ons familie familie.

In my kinderjare op Bredasdorp was ons naweke óf voor die TV om vir Province te skree, óf langs die rugbyveld op die dorp om die manne in rooi, Standards, te support. Ek en my ma het ook gereeld saam met ander supporters op die spanbus geklim wanneer hulle die pad gevat het vir wedstryde. Die gees op die bus was lekker, en die geskree langs die rugbyveld was die hoogtepunt – veral as een van ons eie familie op die veld in aksie was.

Ons familie is in twee kampe verdeel: Daar is dié wie se bloed groenen-goud is, en dan is daar die fans van die“mighty All Blacks”. Die WhatsApps vlie vlieg ook omtrént in ons familiegro­ep as die Bokke en All Blacks mekaar pak.

D Die Bok-fans was juis uit in full force toe hul span onlangs die All Blacks hul gro grootste pak nóg gegee het in hul opwa warmingswe­dstryd vir die World Cup. Ko Kort ná dié game het een in die group laa laat hoor: “Sorry aan die All Blacks”.

‘ ‘n Hele dag lank was daar crickets . . . T Toe laat hoor een All Black-fan die vo volgende dag:“Vir al die Bok-supporter ters: ‘Is als orraait byrie huis?’Dis mos nie nodig om julle frustratio­ns uit te ha haal op ons nie.”Ek het alte lekker ge gelag vir dié comment!

A Al die geterg is altyd in goeie gees. En met die World Cup wat nou aan die ga gang is, gaan dinge nog lek lekker warm raak in daai gro group! Sterkte, alle fans!

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa