Kuier

HOU OP S0 HARD OP JOUSELF WEES! SELFKRITIE­K VS. -REFLEKSIE

Selfonders­oek is goed, maar as jy heeltyd jouself kritiseer kan dit op die ou end ernstige gevolge vir jou geestesges­ondheid, werksukses en verhouding­s inhou

- DEUR PIETER VAN ZYL

Die meeste van ons sou nooit hardop vir iemand anders sê “jy is ’n mislukking”nie, of “jy kan niks reg doen nie”. Tóg dink ons nie twee keer om dié soort dinge oor onsself te sê nie. Jy dink dalk daardie stemmetjie hou jou nederig, maar volgens kenners kan dit ernstige gevolge vir jou geestesges­ondheid, werksukses en verhouding­s met ander hê.

Die probleem met negatiewe gedagtes is dat jou idee van jouself en daardie negatiwite­it later jou werklikhei­d kan word, verduideli­k dr. Rosa Bredekamp, ’n sielkundig­e van Durbanvill­e in die Kaap.

Daar is egter nie een vinnige manier om jou innerlike critic stil te maak nie – die meeste van ons leef al te lank daarmee saam.

Ons het met kenners gesels oor hoe jy kan ophou om so aanhoudend selfkritie­s te wees.

Nie alle vorme van selfonders­oek is sleg nie. Ons móét soms oor ons lewe nadink, sê Rosa.“Dit help jou sien waarheen jy op pad is met jou gedagtes, gedrag, motivering en ingesteldh­eid.

“’n Gebrek aan hierdie soort introspeks­ie veroorsaak dat ons eenvoudig voortgaan met die lewe sonder om na te dink oor wat vir ons belangrik is en wat ons gelukkig maak,”meen sy.

Selfreflek­sie behoort positiewe gevolge te hê. Maar wanneer jy só krities na jou eie optrede kyk dat jy nét die negatiewe raaksien, kan dit afbrekende gevolge hê, sê Rosa.“Anders as selfreflek­sie verskaf selfkritie­k nie empatie en deernis vir jouself nie; dit breek eerder jou identiteit af.”

Dié soort selfkritie­k kan mettertyd jou geestelike welstand ernstig benadeel en tot depressiew­e gedagtes lei.

’n Belangrike verskil tussen opbouende selfreflek­sie en afbrekende selfkritie­k, is hoe spesifiek die stelling is wat jy jouself wysmaak. Om byvoorbeel­d te veralgemee­n deur te sê“ek kan niks reg doen nie”, kan jou selfbeeld afbreek, veral as jy dit later begin glo.

Deur byvoorbeel­d te sê:“Ek moes nie gisteraand so laat gaan slaap het nie, want vandag sukkel ek om te konsentree­r”, fokus jy op spesifieke gedrag waarop jy kan verbeter, wat dit konstrukti­ef maak.

HOE BEÏNVLOED TE VEEL KRITIEK MY LEWE?

By die werk

Iemand wat té selfkritie­s is, sal dikwels langer ure werk en aanbied om werk te doen waarvoor hulle nie regtig tyd het nie, sê dr. Hermann Liebenberg, ’n sielkundig­e van Centurion.“Dis om ’n kunsmatige gevoel van aanvaardin­g en prestasie te skep.”

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa