Kuier

HOE OORKOM EK DIT?

-

1. Vriend eerder as vyand

Ons het almal innerlike dialoog wat ons gedagtes en optrede lei, maar jy kan jou innerlike stemmetjie as ’n vriend pleks van ’n vyand beskou.

“Praat met jouself nes jy met ’n vriend sal praat,”sê Belinda.

“Aanvaar nuttige gedagtes en gooi die res weg.”Die deursneeme­ns het elke dag sowat 60 000 gedagtes, sê Rosa.“Jy het dus 60 000 kanse om jou selfbeeld op te bou of af te breek.”

2. Leer jou innerlike critic ken Wees bewus van wanneer daai stemmetjie hul verskyning maak, sê Belinda. Identifise­er die plek, tye en gebeure of mense wat dit veroorsaak. “Dít sal jou help om daarop voor te berei en maniere te vind om negatiewe gedragspat­rone te verander.”

3. Fokus jou aandag op iets anders As jy die patroon van afbrekende gedagtes ken, kan jy die oomblik wat jy daarvan bewus raak op iets anders fokus.“Dít gee jou kans om te ontspan sodat jy beter kan dink, beplan en oor jouself en jou lewe kan oordeel,”sê Rosa.

4. Vermy veralgemen­ing

Probeer die groter prentjie onthou, sê Melody Wilding, die skrywer van Trust Yourself: Stop Overthinki­ng and Channel Your Emotions for Success at Work.

Dít sal jou help om nie te oorskat hoeveel aandag ander mense aan jou skenk nie. Moenie so fokus op een slegte gebeurteni­s wat die uitsonderi­ng en nie die reël is nie. En vermy stellings soos“ek maak altyd droog”, of“niemand gaan ooit vir my luister nie”, of “dit gebeur elke keer”.

Amy Morin, ’n maatskapli­ke werker en psigoterap­eut, sê jy moet sulke stellings met iets realisties vervang. In plaas van om te sê:“Ek sal nooit ’n promotion kry nie,”sê eerder:“As ek hard werk en aanhou belê in myself, kan ek eendag bevorder word”.

5. Skryf dit uit

Besef en aanvaar dat jou gedagtes nie altyd waar is nie en dikwels oordrewe negatief is, sê Amy. As die stemmetjie in jou binneste sê:“Ek gaan myself verneder wanneer ek die aanbieding doen,”vat ’n oomblik en skryf neer watter bewyse daar is dat jy gaan misluk of nie.

“Dít sal jou help om meer rasioneel en minder emosioneel na die situasie te kyk,” sê sy.

6. Gee dit ’n deadline

“Om jouself te kasty kan jou bui, fokus en produktiwi­teit bederf,”sê Melody.

Sy stel voor dat jy ’n stophorlos­ie stel vir ’n bepaalde tyd – en dan jouself toelaat om jou emosies vir dié tyd volledig te ervaar en verwerk.“As die tyd verby is, maak ’n keuse oor hoe jy vorentoe wil gaan. Dink aan hoe jy wil voel en watter optrede jou nader aan dié gemoedstoe­stand sal bring.”

7. Gebruik positiewe bevestigin­g Verbreek die negatiewe gedagtestr­oom deur jouself aan jou goeie eienskappe te herinner, of jouself op die skouer te klop as jy ’n taak goed afgehandel, of situasie goed hanteer het.

“Dit is nuttig om dié dinge hardop te sê, of om dit neer te skryf. Dit help jou om die waarheid te onthou van wie jy is en moedig jou aan om in jouself te glo,” sê Belinda.

8. Oorweeg terapie

As jy dit nie regkry om jou innerlike critic stil te maak nie, en jy kan voel hoe dit jou geluk en sukses in die wiele ry, kan jy kognitiewe gedragster­apie oorweeg, sê Belinda.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa