Kuier

STAR WARS: AHSOKA

-

Hier is als wat jy moet weet oor dié nuwe reeks in die Star Wars- sage!

1. Dís waaroor dit gaan

’n Voormalige Jedi, Ahsoka Tano, moet ondersoek instel na ’n nuwe bedreiging vir die heelal. Ahsoka is ’n gewese Jedileerli­ng van die gevalle held Anakin Skywalker wat later Darth Vader geword het. Sy is ’n gerekende kryger en leier. Al het sy die Jedi-orde agtergelaa­t, veg sy voort vir dié wat haar nodig het.

2. Die ster van die reeks Rosario Dawson is te sien as Ahsoka. Dié Amerikaans­e aktrise het die karakter die eerste keer gespeel in The Mandaloria­n. Daarna het sy in nog ’n splinterre­eks, The Book of Boba Fett, verskyn.

3. Rosario is ’n groot Star Wars- fan Rosario is ’n jarelange Star Wars- én Ahsoka-aanhanger.“As ’n aanhanger was dit vir my wonderlik om eers deel te wees van The Mandaloria­n en The Book of Boba Fett, en om nou deel te wees van hierdie reeks waarin Ahsoka se avonture voortgesit word. Dis uitsonderl­ik. Ek kan nie wág vir almal om te sien waar sy nou is nie,”sê sy.

4. Sterre net waar jy kyk

Die reeks is een van die laastes waaraan die Ierse akteur Ray Stevenson gewerk het voor hy in Mei vanjaar gesterf het. Ray het voorheen in The Clone Wars en Rebels die stem verskaf vir Gar Saxon. In Ahsoka speel hy die oud-Jedi Baylan Skoll, wat nou ’n huursoldaa­t is. Hayden Christense­n en Genevieve O’Reilly hervat hul rolle uit die Star Wars- flieks as Anakin Skywalker en Mon Mothma.

5. Die Ewan McGregor-konneksie Mary Elizabeth Winstead is die vlieenier Hera Syndulla. Sy is getroud met die akteur Ewan McGregor, wat die jong Obi-Wan Kenobi in Star Wars speel en al meer as 20 jaar deel van dié fliekreeks is.

BESKIKBAAR OP DISNEY+

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa