Kuier

HALLO, LIEWE KUIER- LESERS!

Dié twee Kuier- lesers mis nie één van hul geliefde tydskrif se events nie oor die bederf, die vernuwing en die inspireren­de blaaskans . . .

- DEUR EDNA ELLMAN

Ek gaan eerlik wees: Ek het nie geweet wát om te verwag toe ek opdaag vir my eerste Kuier- event nie.

Dié wat al by Kuier- kuiers was, het my vooraf vertel dis een groot jol. En’ kyk hie’, hulle het nie gelieg nie!

Niks – en ek sê weer, niks! – kon my voorberei op wat ek by ons onlangse Kuier- Lentedagfu­nksie by die Kronenburg-landgoed buite Wellington beleef het nie.

Ons lesers kén van op-dress, en almal was uitgetof in hul beste“fabulous florals”. Daar is gekuier, gekraai vir ons MC, Lyntjie Jaars, se snaakse sêgoed, en as jy gedink het jy ken die Suidooster- aktrise en sangeres Jawaahier Petersen se lewensverh­aal, was jy verkeerd, want haar inspireren­de praatjie het‘n kant van haar gewys wat baie nog nie gesien het nie.

Die talentvoll­e jong sanger Angelo Johnson, wat my Kuier- kollega Edna Ellman al die pad uit haar hometown, Malmesbury, laat kom het om ons te kom vermaak, was netso‘n hit by die crowd. En hý het duidelik ook nie geweet wat op hom wag toe hy op daai verhoog klim nie.

Toe hy lostrek met sy song“Lyfie”, het oud en jonk lyf geskud. Hy moes selfs koes vir een leser wat‘n bietjie too close en personal geraak het – tot groot vermaak van die crowd!

Nog‘n gas wat my oog gevang het, was Mary Zwaan. Toe ek haar gewaar en met haar gesels het ek sommer geweet sy gaan wegstap met die prys vir best dressed – en die gehoor het saamgestem, want toe dit tyd raak vir vote het almal haar naam geskree.

Antie Mary is‘n getroue Kuier- leser. En sy’t daai outfit wat julle hierbo in die inlasfoto sien, sélf gemaak! Als van haar hoed tot haar earrings, skoene en handsak, het sy met dieselfde materiaal van haar outfit oorgetrek. Nee, kyk, dít wil gedoen wees!

Toe ons foto’s van ons Lentedagfu­n funksie op ons Facebook-blad deel, he het een van haar familieled­e laat hoor an antie Mary het alte lekker gebrag oor ha haar wenprys toe sy by die huis kom. Sy mág maar brag, want daar het mos ba baie werk in haar outfit gegaan!

D Die DJ se playlist het ook gekook, en ons Kuier- mense het dit alte lekker uit uitgekap op die dansvloer langs die Sui Suidooster- sterre. Who knew Tim (M (Marco Spaumer) het sulke dance mo moves?!

D Die waiters het al begin oppak toe ko kom trek‘n leser nog my ma nader vir vir‘n jazz. En daai’s mos hoe jy weet die paartie ruk – as die plek al begin toe toemaak en die mense ka kap ’it nog uit op die da dansvloer!

Anthea Slier (43) van Ravensmead en haar vriendin Najwah Daames (42), ’n tuisteskep­per van Kuilsrivie­r, loop nie sommer ’n Kuier- event mis nie. En vanjaar was geen uitsonderi­ng nie. Op 9 September het dié twee Kapenaars weer só gemaak en saam met ons gekuier by Kuier se Lentedagfu­nksie by die Kronenburg-landgoed buite Wellington.

“Ons hou die Kuier- tydskrif en social media dop vir events soos Lentedag. Ek is altyd die een wat almal bel terwyl ek al in die lyn staan om kaartjies te koop!”vertel Anthea.“Almal het altyd ingestem, en ons was onmiddelli­k opgewonde oor dié funksies. Die eerste vraag was altyd:‘Wat is die tema?’Dan kom ons bymekaar om oor outfits te besluit, en waar ons bymekaarko­m op die dag van die funksie.”

Anthea, ’n ma van vier wat vir die Stad Kaapstad werk, vertel hulle kliekie was aan die begin in 2014 vier vroue wat altyd afgesit het na Kuier- events toe, maar nou is dit sy en Najwah wat steeds nie ’n Kuierkuier misloop nie.

“Ons het vanjaar se Lentedag baie geniet. Die MC vir die dag, Lyntjie Jaars, was on point en het ons lekker vermaak. Sy was die beste wat ons nóg ervaar het.

“En die spreker (die Suidooster- aktrise en sangeres Jaawahier Petersen) het ons op ’n emosionele reis geneem waar ons die een oomblik in trane was en die volgende oomblik heerlik kon saamlag. Haar storie was baie inspireren­d en ek dink dit het elkeen aangeraak.”

Anthea vertel sy het destyds saam met ’n oudkollega haar eerste Kuier- event by Ratanga Junction bygewoon.“Die tema was iets te doen met ’n vlam. Ek het dit verskrikli­k baie geniet en ek dink ek het dáár al besluit ek sal weer dié funksie wou bywoon.

“Die een daarna was my eerste keer saam met Najwah. Ons het elke Kuierfunks­ie bygewoon, en as ons nié daar was nie, was daar ’n baie goeie rede.”

Anthea sê die temas is altyd interessan­t en het hulle kans gegee om ’n bietjie“out of the box”te dink.“Van die highlights was om die verskillen­de akteurs van Suidooster te ontmoet. Ons het verskrikli­k baie nuwe mense ook deur r die Kuierfunks­ies ontmoet.

“Ons sien altyd uit na die e photobooth­s, want daar kan ons al die herinnerin­ge erinnering­e opvang en vir almal die lekker kker tye wys wat ons het. By een van die e events het‘n vriendin op die verhoog gaan aan dans. Sy het tot ’n prys gewen!”

Anthea vertel een van die e redes hoekom die bywoning so ’n lekkerte is, is om net ’n bietjie ’n blaaskans askans van die alledaagse lewe te kry.“Dis “Dis tyd vir ons om bymekaar te kom as vriende en net ’n bietjie te ontspan.”

Maar is sy ’n ” Kuier- Super Fan”?“Definitief! By hierdie geleenthed­e voel ons soos celebs. Ons word bietjie ge-pamper en op die hande gedra. Ons voel ons word waardeer as vroue deur al die positiewe geselsies wat ons het, en die inspireren­de woorde van al die gaste. Dit laat ons weer goed voel oor onsself en waar ons in die gemeenskap inpas,”sê Anthea.

“Elke besige vrou, mamma en ouma moet ’n tydjie kan afstaan en haarself eerste stel. Die lewe is so ’n gejaag deesdae dat enige mens hulself afskeep. Die events bied ’n geleenthei­d om net te vergeet en die dag te geniet. Ek dink almal het dít so nou en dan nodig.”

Vir Anthea was dié Lentedag-funksie die perfekte viering van die nuwe seisoen in die natuur én in haarself en haar hartsmense.“Soos die seisoene verander, só verander mense ook. Nuwe uitdagings en geleenthed­e kom na vore. Lente voel soos ’n nuwe begin. Jy kan rekord neem van jou lewe, en soort van ’n nuwe blaai omslaan. Oor begin. Die lewe weer met krag en mag aanpak.”

Netso.

 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ?? HOOFFOTO: Anthea Slier en Najwah ah Daames mis nie‘n enkele Kuier- event vent nie! Hier is hulle by 2023 se Lentedag, dag, en elders by van ons vorige Kuier- -kuiers. kuiers.
HOOFFOTO: Anthea Slier en Najwah ah Daames mis nie‘n enkele Kuier- event vent nie! Hier is hulle by 2023 se Lentedag, dag, en elders by van ons vorige Kuier- -kuiers. kuiers.
 ?? ?? BO:‘n Kiekie saam met Suidooster se Lauren Joseph, Dean Smith en Desiré Gardner was vir dié twee‘n hoogtepunt by‘n vorige Kuier-event.
BO:‘n Kiekie saam met Suidooster se Lauren Joseph, Dean Smith en Desiré Gardner was vir dié twee‘n hoogtepunt by‘n vorige Kuier-event.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa