Kuier

MAAK KLERESKULD DEEL VAN JOU VERLEDE

-

As jy reeds in die strik getrap het van klere op rekening koop en maandeliks met hoë bedrae sit wat jy daarop moet afbetaal, kan dit 'n goeie idee wees om eers hierdie skuld af te betaal voor jy 'n huis- of motorlenin­g aanpak.

Francis Albertus (41)* van die Paarl het op 'n stadium ses winkelkaar­te en twee kredietkaa­rte gehad waarmee sy geshop het. Totdat sy op 'n dag besef het sy betaal af aan goed waarvan sy nie eens meer hou nie.

“Ek het net daar besluit om my winkelkaar­te af te betaal en te sluit,” vertel sy.“Ek het die kaart waarop ek die minste geskuld het, eerste klaarbetaa­l. En daardie gevoel om een kaart minder te hê om te betaal, was fantasties. Dit het later amper lekkerder geword om af te betaal en te sluit, as om te shop!

“Vandag het ek geen winkelkaar­te nie en slegs een kredietkaa­rt wat ek amper nooit gebruik nie. Ek betaal kontant of lay-bye deesdae eerder.”

Hier is haar wenke:

Maak 'n lysie van hoeveel winkelkaar­te jy het en tel op hoeveel jy altesaam nog op almal skuld.

Identifise­er die winkelkaar­t waarop jy die minste skuld het en begin R200 per maand meer daarop betaal. Sodra daardie een klaar is, sluit die rekening. Begin dan R200 meer op die volgende een betaal.

Gaan voort hiermee totdat jy alle winkelkaar­te afbetaal het. Daarna kan jy die ekstra R200 op elkeen saamvoeg en met daardie bedrag die volgende lening aanpak.

“Dit klink dalk min en na 'n lang proses, maar die bevredigin­g van sien hoe jou skuld ál minder raak, maak dit die moeite en tyd werd,”sê Francis.

*Skuilnaam

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa