Kuier

HOUVROU OF TROUVROU?

Kyk uit vir dié reekse DEUR JODY-LYNN TAYLOR

-

Dié kompetisie­reeks is terug vir ’n tweede seisoen en spog met ’n nuwe groep deelnemers én ’n nuwe aanbieder en beoordelaa­r.

Waaroor gaan dit?

In dié VIA-program bring agt vroue van oor die land heen 10 dae saam in ’n huis deur vir die titel van Suid-Afrika se toptrouvro­u. Nes voorheen slaan die wenner nie ’n trouman los nie, maar sy kan ’n vet kontantpry­s van R300 000 huis toe neem. Die reeks vra dié vraag: "Hoe lyk die moderne trouvrou?"

“Ons is baie opgewonde oor nog ’n seisoen,”sê Zandri Douglas, die regisseur.“Hierdie formaat is propvol verrassing­s en hou deelnemers en kykers op hul tone.”

Suid-Afrika se etiketkoni­ngin, Emsie Schoeman, en die omroeper en TVaanbiede­r Sherlin Barends is weer op die beoordelaa­rspaneel. Die akteur

Sean-Marco Vorster sluit by hulle aan.

Die aktrise Simoné Pretorius sit die eerste keer in die aanbieders­toel. Dit was vir haar lekker om weer saam met Sean-Marco te werk, sê sy.

Die reeks is in Julie oor 10 dae by The Residence op die Vrede en Lust-wynlandgoe­d buite Franschhoe­k geskiet.

Dié seisoen ’n moetsien, vertel Zandri.“Die druk en drama is meer. Die uitdagings is haarfyn beplan en regtig opwindend – van stalle skoonmaak tot fisies uitdagende toetse.”

Vier dinge wat jy moet weet:

1. Kort nadat Simoné aangekondi­g het sy is weer swanger, het die produksies­pan uitgevind Sherlin is ook swanger!

2. ’n Week voor die verfilming het die Paarl amper weggespoel.

3. Die produksies­pan is vol lof vir Emsie. “Sy is ’n absolute legende en word in Desember 90 jaar oud," sê Zandri.

4. Early B kom maak ’n draai in een episode. WOENSDAE OM 20:00 OP VIA

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa