Kuier

STAP DEUR JOU STORMS

- PAULSON DEUR Pastoor BERENICE KOGANA

Die teenwoordi­gheid van God beteken nie die afwesighei­d van probleme nie, en die teenwoordi­gheid van probleme beteken nie die afwesighei­d van God nie.

In Rigters 6:12-13 is Gideon in ’n plek waar hy die teenwoordi­gheid van God betwyfel.“Die Engel van die Here het toe aan hom verskyn. Hy het vir hom gesê: die Here is by jou, dapper man!”

In vers 13 sê Gideon:“As die Here wel by ons is, waarom gebeur al hierdie dinge met ons? Waar is al die wonderlike dinge wat Hy gedoen het waarvan ons voorouers ons vertel het? Hulle het vertel: die Here het ons uit Egipte bevry. Maar nou het die Here sy rug op ons gedraai. Hy het ons uitgelewer aan die mag van die Midianiete.”Die Here antwoord Gideon:“Ek is saam met jou.”

Ons leef in ’n wêreld wat die teenwoordi­gheid, almag en die grootheid van God net aan die begin of einde van ‘n gebeurteni­s raaksien. Ons beskou‘n deurbraak of oorwinning as die bewys van God se teenwoordi­gheid. So, wanneer niks wonderbaar­lik in jou lewe gebeur nie, kan dit voel God is nie by jou is nie. Dít terwyl Hy ook ’n God van jou“proses”is – ’n God in die middel.

Ons jubel graag as mense byvoorbeel­d uit ’n lang siekbed opstaan, of uit die gevangenis bevry word, of selfs onskuldig uit ’n hofsaak stap. Die proses word geminag, of nie raakgesien nie.

Ek wil gesels met die persoon ín die proses, wat in die middel van verdrukkin­g staan, want dis ín die proses wat jy jou soos Gideon op ’n plek bevind en vra waar God is, en hoekom jy so lank moet ly. Hoekom is jy nou hier? Hoekom antwoord Hy nie jou gebed nie?

Ek wéét van in die middel van verdrukkin­g wees; in die middel van hartseer, ’n storm; wagtend op ’n uitkoms.

Ek onthou by tye het ek God in my gebede gevra:“Hoekom is ek so lank op dié plek sonder uitkoms? Hoekom vat U my nie liewer terug na waar ek was, of lei U my nie na‘n deurbraak nie?

Eendag bid ek toe:“Here, ek kan nie meer langer hier sit nie.”Ek hoor duidelik in my gees hoe God vir my sê:“Jy moenie sít in dit nie; jy moet loop deur dit.”

Die Skrif sê in Jesaja 43:“Wanneer jy deur die waters gaan, wanneer jy deur die riviere gaan, wanneer jy deur die vuur van verdrukkin­g stap, sal Ek by jou wees”.

’n Oorwinnaar is iemand wat nie op ’n hoop gaan sit nie, maar wat stap deur haar storm. Iemand wat aanhou stap, aanhou prys, aanhou dien, ongeag wát oor hul pad kom. Geloof is nie nodig aan die einde van jou verdrukkin­g nie. Geloof is nodig in die middel daarvan! Wanneer jy bly glo in dít wat jy nog nie sien nie.

Soms kan so ’n tydperk baie lank wees – maande en jare – en ons wens die tyd om. Dis in die middel dat jy sien hoe mense rondom jou verdwyn en moeg raak vir jou stryd. Maar dis in die middel wat God jou slyp. Dis in die middel wat God jou perspektie­f verander. Dis in die middel wat God jou gebedslewe verdiep. Dis dié toets wat eindelik jou getuienis word. Dis in dié toets dat God jou karakter vorm; dis hier, wanneer jý swak is, dat Hy vir jou sterk is. Dis jou plek van groei. Onthou, groei en gemak het niks in gemeen nie.

Bevind jy jou in die middel van verdrukkin­g en voel om op ’n hopie te gaan sit? Hou aan stap. Kyk terug, en sien waar jy begin het en hoe God jou nou al gevorm het, en kyk vorentoe en weet daar is ’n uitkoms. Hou vas aan wat God jou belowe het, al lyk die proses hopeloos. ’n Oorwinnaar is iemand wat haar kragte bymekaarma­ak en stap deur ’n situasie wat die vermoë het om haar op ’n hoop te laat sit.

Met tye het ek gevoel: gee my liewer my verlede. Dít kan ek hanteer. Of gee my die uitkoms. Ek is gereed daarvoor, watter kant toe ook al. Dis die middel wat ek nie kon hanteer nie.

Jou geloof in die verlede en die toekoms is heel anders van die geloof wat God wil vorm in die middel. God verwag lofsange en jubeldanse in die proses. Word bewus van God se magtige teenwoordi­gheid in die middel van jou verdrukkin­g. My gebed is dat God jou geloof sal versterk hier in die middel sodat jy nuwe perspektie­f sal kry, en Sy genade sal ervaar in jou storm.

Begin koordans, dapper vrou, God is met jou!

• Past. Berenice Kogana Paulson is ’n pastorale berader vir die Myrtle Tree NPO in Mosselbaai.

y Heer, dankie vir nog ’n nuwe maand waarvoor ons uitgespaar is – die mooiste maand, soos hulle sê.Vader, teen dié tyd van die jaar dra die meeste van ons al swaar aan die jaar se laste, siektes, mislukking­s, teleurstel­lings, verliese en donker wolke. Dit voel by tye asof ons net-net vashou aan die laaste bietjie krag van Bo om net deur die dag te kom. Heer, ons vra dat U ons die nodige krag sal gee om verby die lewe se slae te kyk. Om dit nie soos ’n jas vir onsself aan te trek en swaar daaraan te dra lank nadat die pyn al verby is nie. Help ons om nie die wêreld se laste te omarm en smartvrate te word nie, maar om eerder die lewe se struikelbl­okke ’n sitplek aan die tafel te gee, en te weet wanneer om die deur oop te maak vir nuwe hoop, gesondheid, triomf, sukses en silwer randjies om die donker wolke. Help ons om te besef dat U ook ’n God is van genade, pret en lighartigh­eid, sodat ons nie deur die wêreld se negatiwite­it verswelg word nie.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa