Kuier

KANKERKRY MY NIE ONDER

HOEKOM IS ’N MAMMOGRAM SO BELANGRIK?

- DEUR MARETHA BOTES

Sy was net 37 toe kanker die eerste keer by haar gediagnose­er is. Dít was in Januarie 2021. Maar lank voor dit was Lizette de Kock al bewus van die knop in haar bors, en dat dit moontlik kanker kon wees . . . Dié biblioteka­resse van Mosselbaai was doodbang om dokter toe te gaan nadat sy toevallig in 2020 ’n knop in haar regterbors ontdek het. Borskanker was nie in hul familie nie, en sy het nooit gedink dié siekte sou aan haar deur kom klop nie. Dis juis hoekom sy nooit selfonders­oek gedoen het nie.

“Ek was verskrikli­k bang om daaroor te praat en het gedink dit is my doodsvonni­s. Ek het my voorberei om te sterf,”sê Lizette. Sy moes ’n mastektomi­e (borsweefse­lverwyderi­ng) ondergaan, en vandag is sy kankervry en nog hier om haar storie te vertel.

Dié ma van twee het onlangs haar reis met borskanker op die TV-sjef Herman Lensing se nuwe VIA-reeks, Herman en die Ladies, gedeel.

Die nou-40-jarige Lizette gesels met Kuier vanuit die Greenhaven-biblioteek in Groot-Brakrivier in die Suid-Kaap, waar sy voltyds werk. Haar diep liefde is spiritual dancing, wat sy al van jongs af doen. Vandag dans sy, en getuig, om ander vroue te herinner dat God hulle sterk maak.“Ek weet ek leef sodat ek kan getuig van die Here se goedheid. Hy het my ’n tweede kans gegee en ek gryp dit aan met alles in my,”sê sy.

“Voordat ek amptelik gediagnose­er is het ek my elke dag in die spieël bekyk en met die Here gepraat. Ek het Hom gevra waarom Hy hierdie‘ding’oor my pad gestuur het. Ek het dan al so baie seer gehad, hoekom hierdie ook?”

In 2018 het sy haar pa, Keith Sinkfontei­n (56), verloor. Sy raak emosioneel as sy vertel hoe sy vandag nog wonder wat hy sou sê oor haar reis met kanker.

Nadat sy aanvanklik die knop in haar bors ontdek het, het dit vinnig groter geword. Haar man, Jermaine (47), het haar uiteindeli­k oortuig om dokter toe te gaan. Ná verskeie toetse is daar toe vasgestel dat sy graad 3-borskanker het, weens die gewas se grootte. ’n Dringende mastektomi­e moes gedoen word.

“Dít was vir my die heel, héél ergste van die hele journey: Die nuus dat ek my bors gaan verloor. Ek het verskrikli­k gehuil. Hoe leef ek met net een bors?”

In dié tyd het die dokter twee keer vir haar gesê sy sál hierdie ding oorwin, en sy sál gesond anderkant uitkom.“Dié woorde uit die mond van my chirurg het my hoop gegee. Dít was die eerste engel op my pad,”sê sy.

Lizette kon die Here se hand in alles raaksien – voor én tydens die operasie.“Dit was Covid-tyd en ek moes alleen die hospitaal en die groot operasie trotseer. Maar in

die kamer waar ek gereed moes maak, het ’n tannie gesit wat dadelik wou weet hoekom ek daar is. Sy het my meegedeel dat sy sewe jaar terug dieselfde pad gestap het,‘nog leef’, en my sommer dadelik haar prostese gewys en verduideli­k hoe dit werk. Haar woorde was ook:‘Jy sal fine wees; jy sal oukei anderkant uitkom.’Dít was die tweede engel op my pad. In die teater het die narkotiseu­r se assistent vir my gebid. Al dié gebeure was uiters kosbaar.”

Die nare werklikhei­d van haar mastektomi­e het Lizette soos ’n vuishou in die maag getref die dag toe sy ontslaan is. “Ek moes aantrek en regmaak om huis toe te gaan. Toe ek my bra aantrek, tref die leegheid my. Die ontsettend­e verlies. Ek het uitgestap na waar my man en ma vir my in die parkeerare­a gewag het, en die trane het net gerol. Jy kon duidelik die plat kant sien . . .”

In Februarie 2021 het Lizette met chemoterap­ie by die CancerCare-eenheid op George begin. Die maatskapli­ke werker het ná die eerste sessie vir haar gesê: “Van vandag af gaan jy net normaal voort met jou lewe. Moenie sit en wag om siek te word nie”.

Ná haar tweede chemo-sessie het sy haar hare begin verloor.“Ek het ’n kopdoek gedra, en op 26 Maart 2021, toe ek daai doek afhaal, het elke haar op my kop saam met dit afgekom. Ek het nou nog dié doek, met hare en al . . . Weet nie wat ek daarmee sal maak nie . . . ”

Maar Lizette het die maatskapli­ke werker se woorde ter harte geneem.“Ja, daar was moeilike tye wat ek baie sleg gevoel het en net wou rus; wat ek gewonder het of alles die moeite werd is.”

Ná drie maande se chemo moes sy terug hospitaal toe om ’n chemo-poort te laat insit om behandelin­g te vergemakli­k. Dis ’n klein toestel wat onder die vel geplaas en aan ’n aar in die bors geheg word om chemoterap­ie-middels in die liggaam te pomp. Toe Lizette ná dié operasie by die hospitaal uitstap, het die wind verskrikli­k gewaai.“Ek het God hoor sê:‘Dít is hoe dit in die geestelike wêreld is as Ek vir julle intree.’”

Lizette se getroue, liefdevoll­e steunpilar­e het haar stryd draaglik gemaak. “My kinders, Jasmin (16) en Joshwin (15), was sterk en het nooit opgetree asof hulle hul mammie gaan verloor nie. Hulle was só sterk in hul geloof.

“Ons het gekies om eers twee weke voor my operasie vir hulle te vertel van my kanker. Hulle het dadelik gevra hoekom ons nie vroeër gesê het nie, want dan kon hulle al vroeër vir my begin bid het! Dis vir my baie kosbaar. My liefste man, ma, Elaine (61), en boetie, Shaun, het my dag en nag gedra en bemoedig.”

Vriendinne het haar op die hande gedra en gesorg vir pret en dat sy altyd lag as hulle saam is. Lizette glo elkeen op haar pad is spesifiek deur God uitgekies.

“Ek is ’n sterk en dapper vrou. Die Here sal my nie op ’n pad sit wat ek nie kan hanteer nie. En ek is ’n held in Sy oë.

“Ek dans al van jongs af in die kerk. Dis mý bediening. Een oggend net ná ek al my hare verloor het, sê die Heilige Gees vir my,‘trek aan jou wit dansrok, haal af die kopdoek, en gaan dans!’Ek het musiek aangesit en gedans en heeltemal vry gevoel. Ek het besef dié proses is nie hier om my dood te maak nie, maar om my sterker te maak.”En in Januarie 2022 het Lizette gehoor sy is kankervry.

Sy hou nie van die woord“remissie” nie, want dit voel sy sit net en wag vir die kanker om terug te kom.“Ja, ek weet dit is ’n moontlikhe­id, maar ék glo die Here het my ten volle genees.”

Die Radiologie­vereniging van SuidAfrika en die Breast Imaging Society of South Africa beveel aan dat vroue al van 40-jarige ouderdom af vir gereelde mammogramm­e gaan.

“Onkoloë sien ál meer jonger vroue by wie borskanker gediagnose­er word,”bevestig dr. Jenni Noble, hoof van onkologie by Medscheme.

Borskanker is byna ’n kwart van al die kankers wat by Suid-Afrikaanse vroue gediagnose­er word, het die Nasionale Kankerregi­ster in 2020 bevind. Onlangse statistiek van Suid-Afrika se borskanker­navorsings­tigting het getoon swart vroue (onder wie die navorsing gedoen is) het ’n 40% groter kans as ander om aan borskanker te sterf. Dit is weens verskeie redes, maar een staan uit: As gevolg van ekonomiese probleme en swak gesondheid­sdienste kom baie vroue te laat by dokters uit en word hul kanker nie betyds gediagnose­er nie, sê dr. Tselane Thebe, ’n spesialiso­nkoloog by die Tygerberg-hospitaal in die Kaap.

Die mammogram, ’n X-straal-foto van die bors, word as die beste manier beskou om borskanker vinnig op te spoor.

As borskanker vroeg gediagnose­er word, kan dit behandel word met metodes wat minder aggressief en ontwrigten­d is as dié vir gevorderde kanker, verduideli­k dr. Vuyelwa Bha Ndungane-Tlakula, mediese direkteur by Pfizer South Africa.

 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ?? HOOFFOTO: HOO Lizette de Kock het bors borskanker geklop. Die Heilige Gees het haar oortuig om haar gelie geliefde spiritual dancing in die kerk voort te sit (links).
HOOFFOTO: HOO Lizette de Kock het bors borskanker geklop. Die Heilige Gees het haar oortuig om haar gelie geliefde spiritual dancing in die kerk voort te sit (links).
 ?? ??
 ?? ?? BO: Lizette (met die doek) se kosbare vriendinne is Deseree Duthie (heel links), Lynette Klaaste en Denise Muller. REGS: Met manlief Jermaine, en hul kinders, Jasmin en Joshwin.
BO: Lizette (met die doek) se kosbare vriendinne is Deseree Duthie (heel links), Lynette Klaaste en Denise Muller. REGS: Met manlief Jermaine, en hul kinders, Jasmin en Joshwin.
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa