Kuier

KUBERBOELI­ES KNAK JOU KIND

Met vrye toegang tot digitale devices word ál meer mense – en veral kinders – se lewens opsetlik aanlyn verwoes. Hoekom is cyberbully­ing so erg venynig?

- DEUR MICHELLE LINNERT JANSEN

Shame! Ha hare kan nie POMPOM nie!

JHa outfit = MAJOR FAIL!!! LMBIMC!!! ou foon is die wapen waarmee jy jou beef met iemand uitsort. Jy wag net vir die regte oomblik, dan post jy daai vieslike skelmvideo van hulle wat iets embarassin­g doen. Natuurlik versprei die video dadelik. Memes volg. Dan die geskinder, gelag en ge-point as dié kind verbystap op die skoolgrond­e.

Dié video beteken die einde van die slagoffer se sosiale lewe. Ál uitweg wat hulle sien, is die dood, net sodat die gespot kan endkry . . .

Dís wat met ’n tiener van Gqeberha in die Oos-Kaap gebeur het in April 2021. Sy het ’n oordosis pille geneem ná ’n diep embarrassi­ng foto van haar op Facebook ge-post is, berig HeraldLIVE.

Net ’n week vroeër is die 15-jarige Lufuno Mavhunga, ’n graad 10-leerder van Mbilwi Sekondêre Skool in Limpopo gewelddadi­g deur ’n medeleerde­r geslaan. ’n Video van die voorval het viral gegaan. Sy hét haar eie lewe geneem, en die vermeende slaner (15) is toe gearrestee­r op ’n klag van aanranding.

In Augustus vanjaar is ’n 15-jarige leerder van Kaapstad tydens pouse in haar klaskamer geslaan. Dié video het soos ’n veldbrand versprei en meer as 10 000 views gekry. Sommige het selfs kommentaar gelewer soos“sy moes nóg ged—r gewees het”, en“dis reg, slaan haar!”. Dié leerder sien tans die skool se maatskapli­ke werker, sielkundig­e én berader ná sy ook haar lewe wou neem. Die ondersoekb­eampte in die saak het die ouers laat weet:“Dis in die hof se hande, maar ek dink die (beweerde slaner) sal op ’n anger management program geplaas word – nie seker nie.”

Adjudantof­fisier Louise Strydom is ’n geslagsgew­eld-, social crime prevention-beampte en traumabera­der by die

Hel, maar jou blaaie stink erg!

Kraaifonte­in-polisie in Kaapstad. Húl betekenis van kuberafkno­uery is:“Om die internet of sosiale media te gebruik om jou peers seer te maak of hul social standing te sabotage deur foto’s of video’s, aanlyn dreigement­e en e-pos of tekste te post wat seermaak, of verleenthe­id veroorsaak.”

“Ons kinders is tech boffins,”sê Louise. “Hulle dink soms hulle is untouchabl­e, want hulle mag nie geslaan word nie, so hulle kan aanhou om iemand te treiter. En met cyberbully­ing is die sky die limit. Ons praat baie oor‘sexting’(as hulle kaalkiekie­s oor social media stuur), want dis gewoonlik waar dit begin,”sê sy.

“Einde laas jaar het ons die geval van ’n graad 7-seun by ’n plaasskool gehad. Dié kind het ’n foto van die nuwe, mooi juffrou by hulle skool in die hande gekry en haar gesig ge-edit op ’n porn movie en gesirkulee­r tussen sy pelle. Hy’t nie gedink aan die trauma en vernederin­g van die juffrou nie. Toe sý dit sien, het sy af siek geboek, en sy’s nooit weer terug na die skool toe nie,”vertel Louise.

Sulke aanlyn boeliegedr­ag kan jou diep in die moeilikhei­d laat beland.“Ons het ’n juvenile tronk in Kraaifonte­in.

• Hulle is bang om skool toe te gaan, of wil skielik net nie gaan nie.

• Hulle gebruik skielik sonder enige verduideli­king nie meer hul device soos ’n foon, tablet of rekenaar nie.

• Jou kind steek hul device weg van jou en gebruik dit nie rondom jou nie.

By hierdie gevangenis word die jeug deur die selle geboek – ons capture jou details en ons neem jou vingerafdr­ukke. So jy’s op die system for life,”waarsku sy.

Die slagoffers van kuberafkno­uery voel “geïsoleer, skaam, hopeloos en depressief”, sê die Suid-Afrikaanse Kollege vir Toegepaste Sielkunde. Hulle wonder of die situasie ooit sal verander en soek desperaat na ’n uitweg,“wat dikwels lei tot gedagtes en pogings tot selfdood”.

“Hierdie vorm van mishandeli­ng beïnvloed ’n kind se identiteit en eiewaarde en lei dikwels tot langtermyn-effekte, soos die onvermoë om betekenisv­olle en volhoubare verhouding­s te vorm. Om nie eens te praat van vertrouens­kwessies en selfs geestesges­ondheidskw­essies nie,”skryf hulle.

Maar daar ís hoop: Die Film- en Publikasie­raad (FPB) van Suid-Afrika werk om skadelike posts afgehaal te kry.

Manala Botolo,‘n FBP-woordvoerd­er, sê hulle wil kinderbesk­erming geïntegree­rd aanpak. Dis hoekom die kuberveili­gheids- - en kinderbesk­erming kinderbesk­ermingsini­siatief geloods oods is. Hierdeur kry leerders, lee ouers, opvoeders, voeders, maatskapli­ke w werkers

• Hulle sit die screen af of verander dit wanneer jy in die omtes is.

• Hulle is nervous of bang as‘n email, teksboodsk­ap of notificati­on op-pop.

• Hulle raak dalk teruggetro­kke, of noem dalk“baie drama by die skool”, of hulle“het nie vriende nie”.

en wetstoepas­sers almal opleiding oor cyberbully­ing.

Hulle reik jaarliks uit na skole in al nege provinsies met hul werkwinkel­s, en enige skool kan versoek dat hulle daarheen kom. Hulle moedig ook die publiek aan om hulle te kontak met enige beweerde kuberafkno­uery, of “enige rekenaarge­fasiliteer­de misdade teen kinders”, aan te meld, sê sy.

Cyberbully­ing-insidente word meestal eers agterna bekend.“Daar is gevalle waar leerders hul lewens verloor het weens boeliegedr­ag. Daar is ook ander gevalle van poging tot selfdood weens kuberboeli­egedrag,”bevestig Manala.

Sy sê die Film- en publikasie­wet kriminalis­eer kinderporn­ografie (materiaali­nhoud van seksuele misbruik van kinders) en strawwe (wat afhang van die e daad), sluit“lewenslang­e vonnisse in, in die geval van veelvuldig­e aanklagte”.

Sy sê voorts:“Enigiets wat ons doen oor kinderbesk­erming val onder die voorskrif van die Film- en publikasie­wet. . Die publiek kan insidente direk aan die FPB-kinderbesk­ermingspan rapporteer, of aanlyn monitering versoek deur die FPB-blitslyn. Die span sal die verslag erken, psigososia­le dienste lewer, en verdere verwysing fasiliteer en die e nodige opvolgings maak.”

Haar raad is dat ouers van geboeliede kinders alle bewyse bewaar, en die saak rapporteer en opvolg.“Sodra die inhoud aan die FPB gerapporte­er is, sal die span dit assesseer en die platform- verskaffer waarsku om, nadat húl prosesse gevolg is, die inhoud te verwyder. Die FPB moet dan die platformve­rskaffer aanspreek en behoorlike opvolge doen tot die inhoud verwyder word,”sê sy. ”Ons werk is om volledige beskerming van kinders te verseker.”

’n Opname onder 200 Suid-Afrikaanse ouers deur Digimune,‘n aanlyn veiligheid­smaatskapp­y, het in 2021 bevind 54% van hul kinders het toegang tot onvanpaste inhoud via digitale platforms verkry, en 51,5% is al aanlyn geboelie.

Met een uit elke twee Suid-Afrikaanse kinders wat deur cyberbully­ing geraak word, het ons land die vierde hoogste kuberafkno­uery-syfers wêreldwyd, is bevind.

In die meeste gevalle (51%) was die kuberboeli­e ’n klasmaat, en 43,5% het gewilligli­k hul persoonlik­e inligting aanlyn gedeel.

Die SA Kollege virToegepa­ste Sielkunde het dié raad:

Onthou: dit is nie jou skuld nie. Daar is niks fout met jou nie, en jy is nie te blameer vir wat gebeur nie.

Vra vir hulp. Om die stilte van kuberafkno­uery te verbreek is ’n belangrike deel daarvan om na jou geestesges­ondheid om te sien.

Wees password-slim. Verander joune gereeld en moenie dieselfde een op talle platforms gebruik nie.

Ken en gebruik privacy settings. Pas jou privacy settings aan en gaan hulle gereeld na, veral ná stelsel- en app-opgraderin­gs.

Block boelies. Dit maak nie van jou ’n slegte mens nie. En as dit nodig is, rapporteer hulle. Meeste apps het dié opsie.

”Go dark”. Vat ’n social media break, of dan van dié platforms af waar jy geboelie word. Om jouself tyd te gee om bietjie tot verhaal te kom en perspektie­f te kry, sal jou meer help as om cyber-aktief te bly.

Moenie hulle probeer terugkry nie. ’n Reaksie sal die boelie voortdryf. Niks is minder bevredigen­d as geen reaksie nie.

Staan op. As jy‘n slagoffer ken, help hulle om dit aan te meld. Moenie ’n omstander wees nie.

Bly weg van anonieme enigiets. As iemand hul identiteit moet versteek om iets te sê, is dit nie die moeite werd om te hoor wat hulle te sê het nie. Anonieme werwe is speelgrond­e vir boelies. Bly weg.

Hou die bewyse. Een voordeel van cyberbully­ing is dat dit ’n spoor laat. Vat screengrab­s van offensive posts of boodskappe en stoor dit weg van die platform.

1. 2. 3. 4. 5. 6. 7. 8. 9. 10.

• Rapporteer jou klagte by: apps.fpb.org.za/hotline

• clientsupp­ort@fpb.org.za

• 0800-000-555 of 012-003-1400

 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa