Kuier

PIZZA MET ’N DUN KORS

-

Genoeg vir 4 pizzas BESTANDDEL­E

Kors

5 koppies klipgemaal­de witbroodme­el

1 teelepel suiker

2 teelepels sout

1 pakkie (10 g) instant yeast 2 koppies louwarm water 3 eetlepels olyfolie mieliemeel vir bestrooiin­g

Tamatiesou­s

700 g roma-tamaties, afgeskil en gekap

175 g sundried tamaties in vinaigrett­e, gekap

1 teelepel origanum

Bolaag

mozzarella­kaas, gerasper fetakaas, maer bacon, langsteelb­roccoli, swart olywe, kersietama­ties, rooiuiesky­we, baby spinach, avokado en rocket-blare

METODE

Voorverhit die oond tot 230°C. Plaas 2 groot bakplate onderstebo in die oond om warm te word voor jy die pizza-basis bo-op plaas.

Kors

Plaas al die bestanddel­e behalwe die water en olie in die bak van ’n food processor. Voeg die water en olie stadig by terwyl dit 7-10 minute verwerk word, tot ’n slap deeg om die lem van die food processor vorm – die deeg sal effens klewerig wees. Haal uit, vorm in ’n bal en plaas in ’n bak. Borsel met olie en laat dit rys tot dubbel die grootte. (Berei intussen die sous voor.)

Verdeel die deeg in 4 stukke en rol so dun as moontlik op ’n meelbestro­oide oppervlak uit.

Bestrooi die warm bakplate met mieliemeel en plaas ’n pizzakors bo-op elk (dit is nie nodig om weer te rys nie). Plaas die bakplate so na as moontlik aan die onderste element en bak vir 5-7 minute tot klaar, maar nie bruin nie. (Herhaal met die res van die basisse.)

Tamatiesou­s

Plaas al die bestanddel­e in ’n glasbak en verhit vir 10 minute in die microwave tot al die water verdamp het. Bolaag

Haal die pizzakorse uit die oond, smeer ’n dun laag tamatiesou­s daaroor, gevolg deur ’n laag mozzarella­kaas.

Pak al die bestanddel­e van die bolaag, behalwe die avokado en rocket-blare, daarop.

Sit die oond se grill aan en grill dan die pizzas tot die kaas gesmelt en die bacon gaar is.

Rond af met die avokado en rocket-blare.

’n Belt Be is een van die maklikste m maniere man om enige enig look goed afgerond afge te laat lyk. Omdat O ’n belt die aandag a na jou middel mid toe trek, is dit ook ’n goeie truuk truu om dié area te beklemtoon be en definisie defin aan jou kurwes kurw te gee. Dit balanseer b boonop boo ’n voorkoms voor wat andersins ande dalk nie sou werk nie, soos ’n lang lan jersey met ’n midi-skirt. m As jy ’n tikkie glam by jou jo voorkoms wil voeg, v kies ’n metaalbelt. met

Die aktrise Halle Berry lyk sexy in swart van kop tot tone. Dié ma van twee vlei haar kurwes deur‘n belt by haar midirok te voeg.

Klere met vertikale strepe soos hierdie van die aktrise Taraji P. Henson en die model Ashley Graham laat jou slanker lyk.

Om jou top in te steek is hoogmode. Die geheim is om van agter af te begin. Kies ’n top wat lank genoeg is en ’n soom het wat breed genoeg is. Twist (rol) die onderkant van die agterkant van jou langmoutop. Doen dit deur dit bymekaar te vat asof jy ’n ponytail maak. Steek dan dié rol in die agterkant van jou langbroek in, maar steek net die onderkant van die rol in.Trek dan die rol effens uit aan die voorkant om die effek van ’n ingesteekt­e langmoutop te skep wat soomloos oor jou middel hang.

Dra ’n belt daarby

Kies ’n smal belt in dieselfde kleurk as die top wat jy by jou skirt of broekb wil “insteek”. Bind die belt omo jou middeldel op die plek waar jy died omslag wil hê.Trek die top onderond jou belt deur en vou die resre van die materiaal oor die bokantboka van die belt om dit te bedek.bede

’n Vinnige en maklike manier om gekreukeld­e klere glad te maak is met ’n haardroër of haartang

(flat iron). As jy haastig is, hang jou hemp of rok aan ’n hanger en blaas met ’n haardroër oor die plooie. Die hitte en stoom help die kreukels wegsmelt. Jy kan ook ’n haartang gebruik om jou hempkraag te stryk.

Wanneer jy skoene in jou kas bêre, kan jy die sole van vuil skoene van skoon klere af weghou deur dit in shower caps toe te draai. ’n Shower cap is die perfekte grootte om oor ’n paar skoene te rek en dit bymekaar te hou. Sit die skoene langs mekaar in met die sole eerste.

Die geel vlek aan die binnekant van ’n hemp se kraag is algemeen en word deur die aanpak van sweet, dooie vel en haarproduk­te veroorsaak. Smeer stain remover aan die kraag of geel areas en laat dit set afhangend van die hardnekkig­heid van die vlek.Was dit met die hand en vryf die remover in met ’n tandeborse­l.

Die volmaakte hemp is ’n staatmaker aker in elke man se klerekas. Dit laat jou afgerond lyk, k, of jy nou kantoor of na ’n geleenthei­d toe gaan of net t informeel aantrek. ’n Aandhemp word gewoonlik volgens gens die nekgrootte of die moulengte gemeet.

Die toets

Begin by jou nek meet. As twee vingers agter jou kraag inpas, is dit te groot. Moulengte is s ook belangrik. Wanneer dit oopgeknoop is, moet et die mouboordji­e net verby jou gewrig hang. ang.

As jy ’n hemp oorweeg wat jy wil insteek en laat oorhang, sorg dat die punt van an die hemp nie laer as die onderkant van jou agtersak hang nie.

Bepaal jou hempmate só

Pleks van jou lyf meet, vat jou hemp mp wat die beste pas en meet dít. Om akkuraat kkuraat te meet, sorg dat die kraag plat lê. ê. Meet van die middel van die knoopsgat at na die middel van die kraagknoop toe.

Om jou bors te meet, knoop die ie hemp toe en laat dit plat lê. Meet dan van an kant tot kant net onder die armholte, en maal dié syfer met twee. Die middel van an die hemp sal die smalste punt wees.

Meet die mou al langs die buiterand erand oorkant die mousoom. Begin aan n die bokant van die skouer en eindig by die rand van die mouboordji­e.

 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa