Kuier

HOU OP TOB!

Dis meer as net ’n fronsie. Te veel wroeg kan baie sleg wees vir jou gesondheid. Hou dit só in toom

- DEUR MAXINE PETERS

Dis soos ’n koei wat dieselfde hap gras oor en oor kou. Jy moet jou kar mechanic toe vat, maar om dít te doen, moet jy ekstra geld êrens uitkrap of maak om daarvoor te betaal. Dis ál waaraan jy heeldag kan dink, want beteken dit jy gaan nie hierdie maand geld hê vir die huisverban­d of die kinders se skoolgeld nie, en ál dieper in die skuld verdrink?

Die aand in die bed begin dit van voor af: Wat as dit nie net die exhaust is wat lol nie? Wat as daai geraas beteken die enjin is ook stukkend? Wat as jy ’n heel nuwe kar moet koop? Wat as jy dan lank sonder wiele sit en nie by die werk kan uitkom nie? Wat as . . .?

Die volgende dag, terwyl jy by die winkel in die tou wag, begin dié gedagtes weer. Én terwyl jy in die hysbak by die werk staan. Jy rol dieselfde probleem oor en oor in jou kop rond. En dit raak ál groter.

Dit gaan ook só met ander probleme. Wat het jou niggie bedoel toe sy jou daai kyk gegee het? Moet jy bekommerd wees oor die pyn in jou knie? Aanhoudend, oor en oor, keer ons terug na dieselfde probleme.

Daar is niks ongewoon aan jou as jy baie oor probleme tob nie. Met als wat nou in die land en die wêreld aangaan, is dit baie moeilik om nié ’n donker wolk vir elke silwer randjie te sien nie.

Maar as jou kwelgedagt­es só wild met jou kan weghardloo­p, moet jy dalk stappe neem om dit onder beheer te kry. Doen jy dit nié, kan dit jou stresvlakk­e die hoogte laat inskiet en uiteindeli­k jou mental health knou.

Om iets te overthink kan dikwels net jou stres vermeerder sonder dat dit jou help om enige oplossings vir jou probleme te vind. Jou negatiewe gedagtes gaan draai later by dinge waaroor jy geen beheer het nie (soos beurtkrag of die swak rand) of by dinge wat nét in jou verbeeldin­g bestaan (dalk het niemand eens daardie lawwe ding raakgesien wat jy gedoen het nie). Dit put jou uit, en waarvoor?

Hoe kan jy keer dat gesonde denke oorgaan in skadelike wegholgeda­gtes?

Die meeste mense wil veilig voel. Om oor ’n probleem te tob laat ons voel dat ons minstens iets aan ons probleme doen (al doen jy eintlik niks) en dan voel jy nie so uitgelewer aan dinge wat jy nie kan beheer nie, verduideli­k dr. Lalitaa Suglani, ’n sielkundig­e.

Dalk dink jy ook hoe meer ’n mens oor ’n probleem tob, hoe groter is die kans dat jy ’n oplossing daarvoor gaan kry. Dit kan mos net help om die probleem vanuit elke moontlike hoek te beskou, of hoe?

Tog is dít dikwels nie hoe dinge werk nie. As jy mooi na jou gedagtes kyk, sal jy agterkom jy lys dikwels net probleme

wat in jou kop ál erger raak, tot jy al hoe meer magteloos voel sonder dat jy met enige oplossings vorendag kom. Dit loop dan uit op depressie en anxiety, wat jou minder, eerder as meer produktief maak.

Tekens dat jy overthink

Lalitaa lys dié simptome van iemand wat te veel tob:

Jy dink heeltyd aan dinge wat jy nie kan beheer, verander of verbeter nie. Jy is amper altyd angstig of ge-worry. As daar ’n probleem is, skets jy gewoonlik die ergste moontlike scenario van hoe dinge kan uitdraai.

Jy betwyfel altyd besluite wat jy geneem het.

Jy kan nie die foute wat jy in die verlede gemaak het, laat vaar nie; hulle speel oor en oor af in jou gedagtes. Jy voel emosioneel uitgeput.

Jy sukkel om te ontspan.

Jy beplan komende gesprekke en repeteer hulle oor en oor in jou gedagtes.

Jy raak benoud of gestres as jy nie weet wat ander mense dink nie, want jy wil altyd weet wat aangaan en alles verstaan.

As mense jou kortaf antwoord, neem jy dit persoonlik op en dink jy het iets verkeerd gedoen.

Jou onthou embarrassi­ng oomblikke soos gister en neem jouself lank ná die tyd nog kwalik daarvoor.

Jy sien meestal die negatiewe kant van ’n situasie.

As jy jou gedagtes elke oomblik van die dag vul met dinge wat verkeerd kan gaan of verkeerd gegaan het, voel dit asof jy voltyds deur probleme oorweldig word, en dan gaan jou stresvlakk­e die hoogtes inskiet. En almal weet hoe ongesond stres is, sê Lalitaa.

Dit is nie net sleg vir jou kop nie, maar ook vir jou lyf.

Sielkundig: Dit laat voel jou oorweldig en maak jou minder produktief. Jy voel totaal sonder beheer.

Emosioneel: Jy voel afgesonder, eensaam, hartseer, leeg, teruggetro­kke, buierig en senuweeagt­ig.

Fisiek: Stres lei tot hoofpyn, maagpyn, spierpyn, uitputting en slapeloosh­eid.

Dis glad nie gesond om te tob nie!

Jy het seker al opgelet dit help nie veel om net te besluit dat jy minder aan jou probleme gaan dink nie. Daai geraas in jou kop het ’n lewe van sy eie en laat tydig en ontydig van hom hoor. Maar as jy dit stelselmat­ig en met ’n plan takel, kán jy gesonder gewoontes vir jou gemoed aanleer, sê kenners.

Erken teenoor jouself dat jou getob oor jou probleme geen probleme oplos nie. As jy regtig jou probleme opgelos het, sou jou stres minder geraak het. Maar maalgedagt­es oor jou probleme maak jou stres net erger. So hoe sou probleemop­lossing eerder lyk?

Eerder as om probleme in jou gedagtes te laat afspeel, vra jouself:

Wat kan ek wérklik aan die probleem doen? Hoe sou ’n praktiese oplossing lyk? (Al is dit net een of twee klein stappe wat jou nader aan ’n oplossing bring.)“Probleemop­lossing is as jy vrae vra met die uitdruklik­e doel om ’n antwoord te kry en/of as jy iets aan die saak doen,”sê dr. Christophe­r Fowler, ’n psigiater.“Maalgedagt­es is as jy net lysies maak van alles wat verkeerd kan gaan, sonder om aan ’n oplossing te probeer dink.”

Sit tyd opsy vir tob

Studies het bewys as jy spesifiek tyd afstaan om jou byvoorbeel­d vir 15 minute per dag oor jou probleme te bekommer, is die kans kleiner dat daardie probleme deur die res van die dag in jou gedagtes gaan rondhol. Dis ’n goeie idee om daardie 15 minute vroeg in die oggend te doen, sê Lalitaa. Maar as jy die tipe mens is wie se senuweeagt­igheid deur die loop van die dag ál erger raak, kan jy dit ook later doen.

Ondersoek jou negatiewe gedagtes

Nie elke negatiewe gedagte is akkuraat of realisties nie. Herinner jouself daaraan. Daar is veral drie soorte negatiewe gedagtes wat in jou kop kan opduik en jou beeld van die wêreld kan skeeftrek.

Katastrofe­ring: Die neiging om te dink elke ding wat gebeur, gaan op ’n ramp uitloop.

Wit-en-swart-denke: Om te glo dinge is óf wonderlik, óf ’n ramp, terwyl dit gewoonlik iets van albei is.

Veralgemen­ings: As jy geneig is om te sê iets sal“altyd”of“nooit”gebeur nie, dan weet jy jy veralgemee­n.

Dit help om hierdie gedagtes vas te vat sodra hulle opduik. Probeer eerder realisties wees en dink nugter oor jou omstandigh­ede.

Lei jou eie aandag af Maalgedagt­es duik veral op wanneer ’n mens ledig en verveeld is. Bly dus besig. Kry ’n stokperdji­e of doen sport wat jou belangstel­ling prikkel. As jou lyf aan die beweeg kom, help dit baie.

Of oorweeg iets soos verf, brei of ’n musiekinst­rument wat heelwat konsentras­ie verg.

Kry hulp indien nodig

As jy al die wenke hierbo probeer het en jy kan steeds nie ophou tob nie, kan jy by ’n berader hulp vra. Dáár kan jy strategieë kry om jou raserige kop tot bedaring te bring.

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa