Kuier

‘N KOOKBOEK, TROOS & LIEFDE

- DEUR CHRISLYNN SIAS

Toe die lewe sy suurlemoen­e aan Jill van As uitdeel, het dié Kaapse sjef besluit om iets stunning daarmee in die kombuis op te tower! Om mense te voed, is vir haar ’n liefdestaa­l en ’n leefstyl. “En deur die slegte en goeie tye moet ’n mens tog eet!”glo dié skrywer en sakevrou van Kuilsrivie­r.

Dis dié passie vir die lewe en goeie kos wat Jill (43) na haar eie kookboek gelei het waarin al die resepte wat haar so na aan die hart lê, vir ewig kan voortleef. Dié spesiale kookboek, Epicurean Journal, is uit die hart geskryf en elke resep begin met die persoonlik­e herinnerin­g wat dit vir Jill inhou. Sy deel haar stories met self-refleksie en eerlikheid, en haar liefde vir familie, goeie vriende en smaaklike kos is deurlopend tasbaar.

In die boek maak sy oop oor haar liefde vir kook en hoe dit haar genees het in swaar tye toe sy die seer van ’n verkragtin­g en vyf miskrame moes verwerk. Sy gesels ook oor haar suksesse en liefde, en hoe vroue mekaar moet bemagtig en ondersteun.

Jill onthou hoe haar ouers, Benita (63) en Melvyn Roberts (69), haar op vyfjarige ouderdom na ’n restaurant in Seepunt geneem het. Sy kon enigiets op die spyskaart bestel en het op kreef besluit. Sy lag terwyl sy vertel hoe in verwonderi­ng sy was toe haar bord by die tafel aankom.“Daar, in die middel van daai bord, was ’n hele lobster! Kan jy dit nou oorvertel? Ek het gesmul daaraan en dít is waar my liefde vir seekos gebore is,” vertel sy.

Dis juis een van die redes hoekom seekos een van haar gunsteling­geregte is om voor te berei. En veral ook omdat haar jong nefie en niggie gaande is oor haar prawn-curry. Dis vir haar lekker om te sien hoe hulle hulself met daai kerrie geniet.“Hulle sal altyd sê dis die gereg wat hulle die meeste geniet het. Maak nie saak hoe sterk dit is, of hoe baie hulle dit al geëet het nie. Hulle geniet dit altyd.”

Jill het nie kinders van haar eie nie, maar het ’n stiefdogte­r, Andrea (23), saam met haar man, Garry (48).

Op die vraag oor hoe haar liefde vir kook gekweek is, antwoord sy amper onmiddelli­k:“My ma en my ouma! O, en my anties! Ons het almal in een straat in Bellville-Suid grootgewor­d en gebly. Baie bly steeds daar. Vir elke geleenthei­d het ons as familie bymekaarge­kom en gekook. Kos is iets wat ons familie al deur menige swaar tye gedra het”.

Jill kon op die ouderdom van nege al ’n lekker pot kos aanmekaars­laan. Haar ma het gewerk en Jill moes huis skoonmaak en verseker sy en haar sussie eet iets. Dít het sy met liefde gedoen.

Volgens Jill was dit nie vir haar moeite om haar tyd voor die kospotte deur te bring nie. Vir haar ís kos immers liefde, en wanneer jy iemand met ’n bord vol liefde bedien, kan jy nie anders as om sielsvreug­de te ervaar nie.

’n Glimlag pluk aan haar mondhoeke wanneer sy vertel hoe haar ma en ouma se invloed haar ál hoe meer na kos getrek het. Sy vertel nostalgies hoewel

haar ma baie gewerk het, het hulle gebond op die dae wanneer sy af was en magic gemaak het in die kombuis. “My ma het nie mayonnaise gekoop nie – nee, sy het dit sélf gemaak. Ek kon my altyd so verkyk wanneer my ma gekook het en ek wou net rondom haar wees in die kombuis. Ja, ek was daar om kos te steel wanneer sy wegkyk, maar ek kon ook met die oog steel en leer,”vertel Jill laggend.

Ná skool het sy besluit om hotel en operation management te studeer, en haar sjefskursu­s was deel daarvan. Die droom was aanvanklik om ’n hotel te bestuur, maar sy was meer aangetrokk­e tot die maak en bedien van kos.“En hier is ek vandag: Ek bestuur nie ’n hotel nie, maar ek bestuur die disse en bestanddel­e in my kombuis!”

Sy en haar man, Garry, bedryf al 15 jaar lank hul eie besigheid, Vibe Events & Catering. Sy doen al die kookwerk en Garry bestuur die administra­sie en finansies.

Jill vertel opgewonde dat sy al vir die Amerikaans­e sanger Justin Bieber, die rapper Eminem en die rockers Bon Jovi gekook het toe hulle hier in die Kaap opgetree het! Die Stad Kaapstad het spesiaal húl ondernemin­g gevra om vir dié sterre by hul vertonings te kook.“Die opwinding en hype in die kombuis was ongeloofli­k, met die wete dat ons vir internasio­nale gaste kook hier in die Moederstad,” vertel sy.

Dit was tydens die Covid-pandemie toe Jill die blink idee gekry het om ’n kookboek wat gepaardgaa­n met stories en haar lewenserva­ring, uit te gee. Die saadjie is geplant deur haar fotograafv­riend, Clint Alexander, wat op daardie stadium oorsee was.

Ná ’n paar maande se gesels het die twee met die ondersteun­ing en bystand van Garry, ook haar sakevennoo­t, besluit om die boek aan te pak. Een van die geregte wat Clint graag wou skiet, was ’n heel vis. Jill het volstrek geweier. Maande later, toe Clint haar druk oor dié besluit, moes sy bieg:“Vis was die eerste gereg wat ek moes kook nadat ek verkrag is.”

Daar heers vir ’n oomblik stilte . . . Dan vertel sy hoe sy in haar tweede jaar van haar studies verkrag is. Sy brei nie veel daaroor uit nie, maar iets wat sy wél noem, is hoe haar vriende op kampus haar in daardie moeilike tyd ondersteun het. “Hulle kon sien iets is nie lekker nie. Al wat hulle gesê het, was:‘Jill, ons kan sien jy is nie jouself nie en ons weet nie wat gebeur het nie, maar ons is hier vir jou.’Toe vat hulle my vir‘n bunny chow.

“Sien jy nou hoekom ek sê kos is so ’n integrale deel van ons lewe? Want net deur daai bunny chow het hulle aan my troos gebied op ’n manier wat woorde nooit sou kon doen nie.”

Lang storie kort: Sy het toe ’n heel vis voorberei en dis nou een van die resepte in haar boek.

Sy het met die saamstel van die boek ook heling gevind, sê sy. Dis met die voorbereid­ing van daai vis wat sy weer ’n deel van haarself teruggewen het.

Die kombuis het haar kruk geword; haar manier van deur van die seerste oomblikke in haar lewe te werk, vertel sy eerlik.

En‘n mens kan verstaan hoekom. Baie van ’n mens se goeie herinnerin­ge is gekoppel aan kos of ’n sekere gereg. Jill sê kos beteken vir haar liefde, en dat sy nie haar lewe kan indink sonder smaaklike en skeppende disse wat met elke skeppie iemand kan heelmaak nie.

En wat is volgende vir haar? Jill lag geheimsinn­ig, dan erken sy sy beplan om nóg twee boeke binne die volgende jaar of drie bekend te stel. Sy wil ook haar en Garry se besigheid verder groei en nuwe kliënte werf.

“Dan wil ek natuurlik my kennis oordra aan die volgende generasie. Ons is op hierdie aarde geplaas om mekaar op te voed en mekaar te bemagtig. Wat baat dit jy sit met die wêreld se kennis binne-in jou, en dan sterf dit saam met jou wanneer jy die dag nie meer hier is of kan werk nie? Nee, dra oor daai kennis!” laat sy hoor.

Jill sluit die gesprek af met dié woorde:“Op dae wanneer ek niks anders het om te gee nie, kan ek altyd ’n bord kos gee wat met liefde gemaak is.”

 ?? ??
 ?? ?? REGS: Jill en Garry van As bedryf Vibe Events & Catering. ONDER: Jill se swaer, Etienne Fortune, haar ouers, Benita en Melvyn Roberts, en haar sus, Claire, is van haar grootste ondersteun­ers.
REGS: Jill en Garry van As bedryf Vibe Events & Catering. ONDER: Jill se swaer, Etienne Fortune, haar ouers, Benita en Melvyn Roberts, en haar sus, Claire, is van haar grootste ondersteun­ers.
 ?? ?? Epicurean Journal,
Epicurean Journal,
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa