Kuier

ALS OOR DIE BENE EN

Sonder die sterk bene en gewrigte in jou lyf sou jy nie so maklik kon beweeg nie

-

Jy het baie bene in jou lyf. Ook maar goed so, want sonder bene sou jy soos ’n drillerige jellievis gewees het. Jou bene dien as ’n raamwerk of geraamte vir jou liggaam en gee jou lyf sy vorm. Met behulp van jou spiere en gewrigte maak jou geraamte dit moontlik dat jy kan sit, staan, loop, hardloop en beweeg.

Bene gee jou nie net ’n menslike gestalte nie; dit beskerm jou ook.

Jou skedel is soos ’n valhelm van been wat jou brein beskerm.

Jou rugmurg is ook ’n belangrike deel van die liggaam omdat dit boodskappe tussen die brein en die res van jou liggaam heen en weer neem. Daarom word die rugmurg deur jou ruggraat, ook bekend as die werwelkolo­m, beskerm.

Jou ribbekas bied weer beskutting aan noodsaakli­ke organe soos die hart, longe, lewer en milt.

Die bekkenbeen, oftewel pelvis, beskerm onder meer die blaas en derms. Jou bene is lig genoeg sodat jy maklik kan beweeg, maar sterk genoeg om beskerming te bied en jou hele gewig te dra.

Jou bene leef. Dit groei en verander. Babas het by geboorte meer as 300 bene in hul geraamte, maar wanneer hulle volwasse is, is net 206 bene oor. Die res gaan nie verlore nie. Baie van ’n baba se bene bestaan uit kraakbeen, wat mettertyd deur harder been vervang word. Kleiner beentjies groei saam en word een groter been.

Bene bestaan uit kalsium, fosfor, natrium en ander minerale, en die proteïen kollageen. Kalsium maak die bene hard.

Kinders se bene het groeisones (bekend as groeiplate) waar kraakbeen langer groei en dan in harde been verander. Jou bene sal só langer word tot jy ophou groei – teen ongeveer 25 jaar oud.

Die meeste bene het vier dele:

Die beenvlies is ’n dun lagie buite-om wat propvol senuwees en are is en die been voed.

Kompakte been is net onder die beenvlies. Dit is glad en baie hard.

Dieper in die been kom sponsbeen voor.

Binne-in baie bene sal jy beenmurg vind. Dit lyk soos jellie en is

1. 2. 3. 4.

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa