Kuier

GEWRIGTE IN JOU LYF

Die menslike voet bevat 26 bene.

-

waar nuwe bloedselle vir die ligg liggaam vervaardig word.

Jou gewrigte is op die plekke waar twee b bene bymekaarko­m. Dit Di maak jou geraamte bu buigbaar. Die spiere rondom ron daardie bymeka bymekaarko­mplekke help die bene om te beweeg of te draai. Jou spi spiere is met senings aan die bene vas.

By die gewrigte g is jou ben bene ook met ligamente lig aan ander ben bene vas. ’n Ligam Ligament is ’n ba band van sterk bindweef weefsel. Kraakbeen, wat ’n buigs buigsame, rubberagti­ge stof in jou ge gewrigte is, steun die bene en beskerm beske dit waar dit teen mekaar sk skuur. Danksy die kraakbeen in jou lyf sal jou bene nie wegslyt nie. Sonder jou gewrigte (en spiere) sou jy glad nie kon bewee beweeg nie. Daar is twee hoofsoorte bewegingsg­ewrigte: Skarnierge­wrigte werk soos s ’n deur se skarnier wat dit hee heen en weer laat beweeg. Koeëlgewri­gte maak bew beweging in alle rigtings moontlik.

Kan jy raai watter van jou g gewrigte skarnierge­wrigte is en watter koeëlgewri­gte? Roer ’n bietjie jou litte en kyk of jy kan uitvind. Jou knieë en elmboë het skarnierge­wrigte. Dit kan net heen en weer beweeg. Jou heupe en skouers het koeëlgewri­gte, wat in alle rigtings kan draai.

Al is bene sterk, kan dit ook breek. Gewrigte kan beskadig word wanneer jy beseer word, of weens siektes.

Artritis

Artritis is ontsteking in die gewrig wat dit laat opswel en so seer is dat jy sukkel om dit te beweeg. Al kry meer ouer mense artritis, kan dit ook onder kinders voorkom.

Fraktuur

Wanneer ’n been breek of kraak, noem ons dit ’n fraktuur. Nuwe beenselle vul die gaping by die breekplek op en herstel dit. Die dokter sal daardie gebreekte been gewoonlik in gips of ’n hangverban­d sit sodat die been in die regte posisie kan bly tot dit vasgegroei en gesond is. ’n Mens kan ook nie al jou gewig op daardie been plaas nie; dis hoekom jy dan met krukke moet loop as die fraktuur in een van jou twee bene is. Dit kan maande duur voor die been weer 100% reg is.

Osteoporos­e

Osteoporos­e is nog ’n siekte wat die bene aantas. Dit maak die been bros, dun en sponserig. Die bene kan dan maklik breek. Dié siekte kom meer onder ouer mense voor, maar kinders met ’n eetversteu­ring kan dit ook kry.

Ooreisings­aandoening

Dit is ’n groep beserings wat voorkom wanneer te veel stres op ’n liggaamsde­el geplaas word. Dit behels pyn en swelling. Dit gebeur gewoonlik wanneer jy dieselfde beweging herhaaldel­ik doen, soos om te boul, viool of tennis te speel. Selfs videospele­tjies kan tot ooreisings­aandoening lei!

Skoliose

Skoliose, oftewel sywaartse ruggraatve­rkromming, kom voor wanneer jou rugwerwel te krom raak. Die toestand kan oorerflik wees; dus het iemand met skoliose dikwels familieled­e wat ook daaraan ly.

Jy het seker ook al jou enkel geswik of ’n spier verrek. Dit kan baie seer wees en kan maklik gebeur wanneer ’n mens sport beoefen. Soms kan ’n sening selfs breek. Gelukkig kan die dokter dit met ’n operasie regstel. Ons kan nie altyd hierdie soort beserings vermy nie, maar gelukkig het die liggaam ’n ongeloofli­ke vermoë om te herstel.

Die bene van die menslike liggaam word voortduren­d vernuwe. Jy het gevolglik elke sewe jaar ’n nuwe been.

Jou voet bestaan uit 26 bene. Jou hand, insluitend die pols, bevat 54 bene.

Die femur (dybeen) is die langste en sterkste been in jou skelet.

Die stiebeuel, ’n gehoorbeen­tjie in die middeloor, is net 2,8 mm lank. Dit is die kleinste en ligste beentjie in die menslike liggaam.

Volwassene­s breek hul arm die meeste van alle bene. Kinders breek hul sleutelbee­n die meeste.

Die mediese afdeling wat te doen het met die studie van die menslike skeletstel­sel staan as ortopedie bekend.

 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa