Kuier

BOU AAN KINDERS VIR SESELFBEEL­DJOUSELF

-

beholder, en nie almal kyk met ’n mooi lens na ander óf die lewe nie. My kind is ’n sensitiewe siel en ek gaan haar nie blootstel aan vreemdelin­ge se potensieel afbrekende kommentaar nie.

Die ding van kinders se selfbeeld bou is dat dit ’n daaglikse, konstante en bewuste poging moet wees, en ek het myself daartoe verbind. Ek het met ’n absoluut gebroke selfbeeld grootgewor­d en wil dit nié vir my kinders of enige ander kind hê nie.

As ouers weet ons ook nie aldag of ons dié ouerskapdi­ng regkry nie, maar ek het ook geleer as jy aanhou doen wat jy doen, gaan jou lesse (óf slegte gewoontes) vassteek by jou kinders.

My vyfjarige bekyk haarself onlangs in die spieël en sê:“I’m so gorgeous”.

Ek glimlag ook breed wanneer ek sien hoe my oudste, wanneer sy gebad en aangetrek en die hare op hul plek is, na haarself in die spieël kyk en sê: “I look so beautiful,”en wanneer sy met ’n confident stappie wegstap, spring my moederhart bollemakie­sie.

Maar my grootste bevestigin­g dat ek iets reg doen, is wanneer hierdie jong bloedjies met absolute opregtheid na my kyk en soms uit die bloute afsak: “Mommy, you are so beautiful. Thank you for everything you do for me.”

Dan skiet my oë vol trane, want my kinders leer nou al om mense se hart en die skoonheid wat uit mense straal, raak te sien. Nie die flaws nie.

Ek kyk soms na myself in die spieël en raak kwaad omdat ek nie die gewig kan afskud nie, al ís daar mediese redes daarvoor. Maar dan kom my kinders in hul onskuld en sê iets só sielsveran­derd, en herinner my om te“practice what I preach”.

Ons kinders is die toekoms. Omskep hulle in wesens wat van die wêreld ’n beter plek gaan maak wanneer dit tyd is vir hulle om die leisels oor te neem.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa