Kuier

WAT DIE HART VAN VOL IS

-

bangmaakge­dagte my: Dié jongklomp is besig om hul lewe te verongeluk. Só gruwelik, dat daar niks van‘ie blink toekoms sal oorbly wat vir hulle wink nie!

Wanneer ’n mens op‘ie verkeerde pad is, brand jou lewenspetr­ol gou uit, want dis ’n roekelose gejaag, maar na selfvernie­tiging. Ons almal is mos maar reisigers op pad êrens heen.

Die meisiekind staar na ’n donker toekoms in haar beplande gap year. ’n Jaar van luilekkert­e met geen verantwoor­raad gekry, en dit agtergelaa­t. Nes haar boeksak. Ek kan maar net vir haar bid.

Haar tjommie het ná ’n lang stilte erken dat sy ook soms soos ’n pakdonkie voel wanneer die boeksak se bande haar skouers skaaf. Maar nie meer nie.

Haar ouers het ’n sedeles, gelaai met die wysheid van Salomo, met haar gedeel. Nou het sy ’n u-draai gemaak, want dit was net die regte motivering om haar ’n kopskuif te laat maak.

En toe borrel dié wysheid oor haar lippe:“Nadat my ouers met my gepraat het, het ek besluit dat ek maar liewer ’n boeksak as ’n babasak wil dra.”

’n Meisie met ’n pers polka-dot gown kom in die straat af gestap, verby die laerskoolh­ek. Haar kleuter klou aan haar soos ’n baba-kangaroe. Ek skat haar reeds in haar vierde of vyfde jaar van ouerskap; dalk ’n drop-out van‘ie skool waar dié twee meisiekind­ers leerders is?

Dalk het háár boeksak ook op ’n dag te swaar geraak.

Die kleuter is glad nie onwillig dat sy mammie hom skool toe neem nie. Oor haar skouer staar hy grootoog hoe ander kinders ook skool toe stap.

Toe wonder ek: wonder sý ooit watter titel behalwe“Mammie”sou sy gedra het as sy die horlosie kon terugdraai, en haar boeksak ’n paar jaar langer oor haar skouers kon dra?

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa