Kuier

HALLO, LIEWE KUIER- LESERS!

- EDITOR@KUIER.CO.ZA E

Hulle sê altyd:“Don’t judge a book by its cover.”En dié uitgawe het dít net weer eens vir my bewys. Soms bou‘n mens‘n prentjie in jou kop van ander op grond van wat jy op sosiale media of elders sien, maar dan is dit heel moontlik glád nie hul werklikhei­d nie . . .

Wanneer ek saans‘n tydjie het, scroll ek deur TikTok vir‘n bietjie vermaak sodra die huis stil raak. Soms raak ek só ingesluk deur die dansery en skreeusnaa­kse video’s, as ek weer kyk, is dit al ‘n uur of twee later!

Tydens my laataand TikTok-sessies het ek al gereeld op video’s van die drie McPherson-susters, Lerecia, Juanita en Bernicea, afgekom. Hulle lyk altyd so opgewek en propvol lewenslus. Net drie doodgewone susters wat die lewe geniet. Tóg bieg Lerecia en Juanita: hul lewe was nie altyd maanskyn en rose nie. Hulle moes al hul eie demons fight, vertel dié twee susters, wat ook nou op die TV-reeks Houvrou of Trouvrou? te sien is (bladsy 22).

Juanita vertel hoe‘n spraakprob­leem haar byna geknak het, en Lerecia maak oop oor haar stryd teen eetversteu­rings en selfdoodge­dagtes.

Die Kaapse sanger Alistair Izobell het mense gewoonlik in vervoering wanneer hy op‘n verhoog klim en lostrek agter die mikrofoon.

My suster het onlangs‘n video van hom aangestuur waar hy dit uitkap by ‘n liefdadigh­eidskonser­t vir die TV-sjef Fatima Sydow, wat‘n stryd teen kanker voer. Daar, tussen die sanger-broers Emo en Loukmaan Adams, staan Alistair sy ding en doen, akkeltjies – waarvoor hy al so bekend is – en al.

Dis amper ondenkbaar dat hy nét drie weke vroeër‘n einde aan sy lewe wou maak . . .

In dié uitgawe maak hy hart oop oor hoe sy lewe ontspoor het (bladsy 6).

Stories soos syne en die sussies s’n is bewyse dat‘n mens nooit weet wat mense agter geslote deure deurmaak nie. Hulle sê mos altyd:“Be kind because you never know what someone else is going through.”En ek besef dít net ál meer soos ek ouer word. Soms is ‘n mens so gefokus op jou eie lewe dat jy ander se swaar- en seerkry miskyk.

Iemand wat aan jou karvenster klop en vir‘n geldjie bedel, kry‘n vuil kyk.‘n Karwag wat al ure lank wind en weer in‘n parkeerare­a trotseer om voertuie op te pas en dan naderstaan om jou te he help met jou winkeltrol­lie, wys jy met die hand weg, want daar’s nie kleinge geld nie en jy is haastig om by die huis te kom.

J Jy sug kliphard as die werk-lift vol is en jy in‘n hoekie gedruk word deur‘n sp spul jongmense wat al kletsend inklim, ha haastig om ná hul lunchtime weer in te va val, want hulle is op die klok.

T Tog weet jy nie wat daai einste me mense se omstandigh­ede is nie.

P Party van hulle werk dalk kliphard vir minder as min om vir hul gesinne te vo voorsien, maar hulle bly moedig.

H Hulle staan elke oggend douvoorda dag op en druk deur die da dag. Want dalk het hulle ge geen ander keuse nie.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa