Kuier

PLAT LAMSBOUD OOR DIE KOLE

-

Genoeg vir 6–8 BESTANDDEL­E

2 kg ontbeende lamsboud

3 ml swartpeper­korrels 1 teelepel pienk peperkorre­ls

2 teelepels vinkelsaad 1 teelepel koljanders­aad

2 teelepels smoked paprika

6 eetlepels olyfolie 2 eetlepels rooiwynasy­n handvol Italiaanse pietersiel­ie, fyngekap 4 knoffelhui­sies, fyngekap

2 rooi chillies, fyngekap sap en gerasperde skil van 2 lemoene sout en varsgemaal­de swartpeper

Sous

2 koppies full cream yoghurt

3 eetlepels tahini (sesame-saadsmeer; kyk by jou supermark se gesondheid­srak) sap en gerasperde skil van 2 lemoene handvol vars dhanyablar­e, fyngekap

100 ml water

METODE

Marinate vooraf (as jy genoeg tyd het):

Sowat 24 uur voor jy braai, marinate lamsboud; die smaak is baie beter.

Vou die boud oop waar die been uitgehaal is.

Sny met ’n skerp mes van middel van boud na kante halfpad in boud in, maar moenie regdeur sny nie; jy wil dit oopvlek sodat dit oral ewe dik is.

Plaas peperkorre­ls, vinkel en koljander in braaipan en dry roast oor hoë hitte tot koljander skiet (sowat 1-2 minute). Stamp in vysel tot ’n bietjie fyner.

Meng speserye met paprika, olyfolie, asyn, pietersiel­ie, knoffel, chilli, lemoensap en -skil.

Plaas gevlekte boud in glas- of enamelbak en smeer boud oraloor met olie-enspeserym­engsel. Geur goed met sout en peper.

Maak bak toe en marinate vir 4-6 uur (of verkieslik oornag) in yskas.

Dag van braai:

Maak ’n vuur met medium-warm kole en plaas lamsboud in toeklaproo­ster en braai vir sowat 35-45 minute vir mediumgaar.

Draai boud elke 10 minute om.

Haal boud van hitte af en plaas terug in marinade-bak. Laat rus vir 10 minute aan die kant van braai, weg van direkte hitte af.

Sous

Meng al die bestanddel­e vir die sous saam. Gebruik ’n skerp mes en sny boud in dun skywe. Sit voor met sous.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa