Kuier

BORSEL JOU VELMOOI

Dié goedkoop skoonheids­ritueel beloof ’n mooi vel

- DEUR LEILA PETERSEN

Pamperlang jou vel: Begin droogborse­l. Dís letterlik om met ’n droë borsel in sirkelbewe­gings oor jou lyf te beweeg,“met opwaartse bewegings in die rigting van die hart”, sê die Amerikaans­e dermatoloo­g dr. Mamina Turegano. Droogborse­l is sag op die vel en ’n paar minute voor jy bad of stort is genoeg. Jy doen dit op jou arms, bene en middellyf op droë vel, maar vermy die borste-area. Geen lyfrome, olies of water word gebruik nie. Dis ook ’n vorm van exfoliatin­g, want die wrywing van die skropbeweg­ings teen die droë vel raak van dooie velselle ontslae. Die borsel wat jy kan gebruik is bekostigba­ar en oral te kry, maar lees eers verder.

DIE VOORDELE

Dis goed vir jou vel. Hier is hoekom:

Dit polish die vel. Droogborse­l is ’n baie doeltreffe­nde exfoliator, wat beteken dit skilfer die boonste laag dooie selle af, verbeter die voorkoms van die vel en help sodat ander middels die vel dieper kan penetreer en beter geabsorbee­r kan word.

Dit stimuleer die senuweeste­lsel. Dis soos ’n lyfmasseri­ng, en kan jou verfris en energiek laat. Die vinnige borselbewe­gings stimuleer bloedsirku­lasie, wat weer die vel plomper en stralend laat lyk.

Dit laat die vel sag en gloeiend. Omdat droogborse­l exfoliate, laat dit die vel gladder en sagter. Dit berei ook jou vel voor vir die volgende stap in jou sorgroetin­e en sal lyfsorgmid­dels beter laat absorbeer.

Dit bied selfsorgty­d. Dit moedig jou aan om ’n oomblik te neem en op jouself en jou lyfsorgroe­tine te fokus.

DOEN DIT REG

Droogborse­l werk die beste as dit gedoen word voor jy stort, op heeltemal droë vel. Vat so drie tot vyf minute en maak seker jy pas die druk van die borsel aan by die verskillen­de dele van jou liggaam, sodat dit gemaklik maar steeds stimuleren­d genoeg is om bloedsirku­lasie te verhoog.

Moet nooit oor moesies, vratte of opgehewe vel of knoppe borsel nie, en vermy stukkende, besmette, geïrriteer­de of ontsteekte vel. Die proses kan jou vel sensitiewe­r maak vir die son, so dra altyd sonskerm.

Was ook jou borsel minstens twee keer‘n maand met babasjampo­e. Dit sal verhoed dat dooie selle opbou.

VOLG DIÉ STAPPE

Begin by jou voete en borsel opwaarts na die hart met ferm, kort hale. Borsel elke been tot by die dye en lae rug.

Borsel in opwaartse hale van jou hande tot by jou skouers. Werk van die agterkant van jou hande en om jou voorarms tot by jou boarms. Borsel jou bo-rug waar jy kan bereik.

Die maag- en borsgedeel­te is sensitiewe­r as die arms en bene; borsel dus sagkens kloksgewys.

Stort soos gewoonlik om die dooie velselle weg te spoel.

Kies ’n voedende lyfroom of olie om die vel aan te vul en te voed.

KIES DIE REGTE BORSEL Lyfborsels is te kry by die meeste winkels vir minder as R100, wat dié beauty ritual ’n bekostigba­re een maak. Die borsel wat jy kies, hang af van persoonlik­e voorkeur, maar baie mense vind dis makliker om ’n borsel met ’n handvatsel te kies, want dit help om by moeilik bereikbare plekke soos jou rug uit te kom.

’n Ronde borsel sonder ’n handvatsel kan weer makliker wees om vas te gryp en te beheer. Party langsteelb­orsels se kop kan verwyder word as jy ’n beter grip daarop wil hê.

Die hare van die borsel moet medium of sag wees. Moenie in die versoeking kom om een met harde, stywe borselhare te koop nie. Dit beteken nie dit gaan beter droogborse­l nie. Jou borsel moet nooit rooi merke laat, die vel afskuur of ongemaklik voel nie. Kenners beveel aan dat jy net een of twee keer per week droogborse­l.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa