Kuier

PROBEER DIÉ SEWEMINUUT OEFENING

-

Spring weg met Cecilia se seweminuut oefening – geen toerusting is nodig nie! Maak net seker jy het genoeg ruimte, en as jy onfiks is, hoor by jou dokter of dit veilig is vir jou om te oefen.

MINUUT 1

Begin deur vir 60 sekondes op die plek te stap. Bring die knieë om die beurt tot direk voor jou, mik vir die hoogte van jou naeltjie. Doen dit so vinnig as wat jy kan.

MINUUT 2

Doen vir 60 sekondes vinnige hurk-oefeninge (squats). Hurk, buig jou knieë en gooi die agterstewe agtertoe terwyl jy jou knieë in lyn met mekaar hou. Keer terug na‘n staanposis­ie terwyl jy jou hakke teen die vloer afdruk. Probeer om soveel as moontlik te doen en gee aandag aan elke beweging.

MINUUT 3

Doen opsitte (sit-ups) vir 60 sekondes. Lê op die vloer met jou knieë gebuig en voete teen die grond. Trek jou maagspiere styf en lig jou kop en bolyf tot jy regop sit, en sak weer stadig af.

MINUUT 4

Spoedboks vir 60 sekondes. Staan met een voet voor die ander en jou hande in vuiste gebal. Slaan vorentoe met die linkerarm en ruk terug na die beginposis­ie. Doen dieselfde met die regterarm en herhaal so vinnig as wat jy kan.

MINUUT 5

Doen stersprong­e (star jumps) vir 60 sekondes. Spring vanuit‘n staanposis­ie met jou voete wyd uitgesprei terwyl jy albei arms na die kante en dan bokant jou kop swaai. Spring dan terug na die beginposis­ie.

MINUUT 6

Tyd vir burpees! Bring albei hande vanuit‘n staanposis­ie vloer toe en beweeg albei voete agtertoe sodat jy in ’n plankposis­ie is. Spring dan terug op jou voete, staan op en spring.

MINUUT 7

Spring tou vir 60 sekondes. Hou ’n springtou (regte een of imaginary) in jou hande vas. Spring op jou tone en beweeg jou gewig van kant tot kant terwyl jy spring.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa