Kuier

BOODSKAPPE

-

“Vinette se liefdes,”12 Oktober Baie sterkte aan jou, Vinette. Die Here het ’n doel met alles. Ek voel dit saam met jou, want ek is ook ’n weduwee, al vir sewe jaar. DINAH ZWAAN

Strongs, my liefste antie. Laat dit net goed gaan vorentoe. Mag die genade van Jesus Christus met jou wees. JACQUESABS­OLON

“Lang, seer pad na ons reënboogba­ba,”12 Oktober

Baie geluk met julle pragtige dogtertjie, Vanessa Adolph. Die Here gee op Sy tyd wat ons van Hom vra. JULIANA MORRIS

Ek het nageboorte depressie gehad ná my oudste seun, en dis iets wat ek vir niemand sal toewens nie. Ek is dankbaar vir my man en ma wat my in daai tyd gehelp het. ELSABE BOTHA SWART

“Kankerkrym­ynieonder nie,”12Oktober Lizette de Kock, as ons geloof so groot soos ’n mosterdsaa­d is, kom die Here vir ons deur. Ek is 27 jaar volkome genees. Prys die Here enskepmoed. NINAAUGUST

Jy is ’n sterk vrou en groot inspirasie. Dankie dat jy dít kon deel in Kankermaan­d. Jou getuienis kan baie mense tot bekering bring. NICK DIETRICH

“Alistair maak oop,”26 Oktober Dankie dat jy jou storie deel, Alistair. Dis soms oukei om nie oukei te voel nie. Jy is meer geliefd as wat jy besef. Ons bid vir genesing. THERESANEE­THLINGRIDD­LES

So jammer om te hoor van jou krisistyd. Ek het dié pynlike, eerlike onderhoud baie waardeer. En geniet hom in sy rol as Desmond Galant in Arendsvlei. SHERRILYN

LLOYD

Jy is ’n sterk man, Alistair. God is jou Leidsman en nog altyd daar vir jou. Staan sterk.

SHARONL NUFRANSLL

“VanTikTok totTV,”26 Oktober

God is in beheer van jul lewens, Lerecia en Juanita. Wees verseker dat Hy alles moontlik maak wanneer dit vir jou onmoontlik voel. RAYMOND KRUGER

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa