Kuier

HALLO, LIEWE KUIER- LESERS!

- EDITOR@KUIER.CO.ZA E

Familie is vir my álles. Daar is vir my niks so lekker as om tyd met my hartsmense te spandeer nie. Daai tye as ons almal saam om ’n tafel sit en daai“het jy gehoor?!”-stukke word gesny, veral as my ma al die pad van Bredasdorp af kom kuier, en ons Kapenaars weer opvang met al die nuus uit ons komvandaan­plek.

En moenie as my niggies en nefies oorkom na ons huis toe vir games night en die board games uitgepluk word nie. Dan ruk die ding éérs!

Soms kruip ek al met my seuntjies in die bed, dan hoor ek nog die gestryery uit die ander vertrek oor dié en daai een vasklou aan ’n straat in Monopoly“net vir spiteful-geit”!

Ons voorbladst­orie oor die bekende neefs Jarrid en Justin Geduld (bladsy 8) het my teruggevoe­r na dié lekker familietye.

Jarrid ken ons op die kassie as die moeilikhei­dmaker Bompie Galant in Arendsvlei, en die Blitsbok Justin laat die ding ruk op die rugbyveld. Die een is dáái ou voor en agter die kameras, en die ander een is ’n blits op die veld, maar ego’s? Nooit gesien!

Dié twee celeb-neefs se voete is sommer plat op die aarde. G’n airs nie.

Vir ons cover shoot wou ons dinge maklik maak vir die twee. Met dié dat parkering in die Kaapse middestad ’n nagmerrie is, het ons sommer by ons gebou vir hulle parkering gereël, en ons was reg om koffiebest­ellings te vat, want shoots kan lank raak. Maar toe my kollega hulle by ontvangs kry, het dié manne sommer hulself uitgesort – parking, kos, als! By ontvangs skrik die vroutjie so groot toe sy die Gedulds in lewende lywe sien, dat sy grootoog afsak:“Bompie, jy kan ma’deurgaan hoo’!”waarop Jarrid ewe laat hoor:“Dis mos ons mense dié”.

By die shoot was dit‘n ge-oor-enweer-tergery. Hulle was bokke vir sports en Jarrid het elke nou en dan sommer self kameraman vir hom en Justin gespeel terwyl hy uit élke angle video’s vir sy social pages gevat het!

Kyk,“they understood the assignment”, soos hulle sê. Boonop het die twee ook geduldig foto’s gevat met wie ook al ingeloer het vir‘n selfie.

Soms sien ’n mens celebs op die lands- en selfs wêreldverh­oë en vergeet: weg van die glitz en glam en flitsende kameras is hulle ook maar ne net mens, soos ek en jy, met dieselfde gro groot liefde vir hul hartsmense. Dít skeme mer beslis deur in die neefs se storie.

J Justin het so tussen die shoot deur ’n k kykie in sy lewe as rugbyster gegee: Hy Hy’s net ’n gewone pa wat oor die jare al b baie uitgemis het op sy vierjarige do dogtertjie se lewe, met dié dat hy so ba baie reis vir rugby. Maar as hy ’n afdag he het, is dit pa-en-dogter-tyd, sê hy trots.

E En so tussen al die tergery deur kan ‘n mens m die hegte band tussen hom en Jar Jarrid sien en aanvoel.

E En dís my grootste wens vir my tw twee seuntjies. Hulle is nou mekaar se be besties en kan nie genoeg van mekaar kry nie. En ek bid elke da dag dat hul band vir ew ewig so sterk sal wees.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa