Kuier

VOORVALLE NEEM TOE

-

Die area naby waar Danneline aangeval is, 35th Avenue en Bishop Lavis Drive, is‘n smash-en-gryp-vrotkol in die Kaapse metro, lui‘n Stad Kaapstad-verklaring.

Tussen Maart 2022 en Augustus vanjaar was daar ses sulke voorvalle, en 85 van diefstal uit‘n motor hier, sê JP Smith, die Stad se burgemeest­erskomitee­lid vir veiligheid en sekuriteit.

“Motoriste is op hul kwesbaarst­e wanneer hulle stilstaan by ’n kruising, en hul aandag is dikwels afgetrek deur hul sefone of ander items.

“Dié misdade het die afgelope paar maande toegeneem en soos ons nader aan die feestyd beweeg, gaan dit waarskynli­k verder toeneem.

“Ek wil‘n beroep doen op motoriste om bewus te wees van hul omgewing; hierdie is opportunis­tiese misdade, so maak seker jou waardevoll­e besittings is buite sig [in die kar se boot] en dat al jou deure gesluit is,” sê hy.

“Smash-and-grabs word gewoonlik deur bendes of ’n sindikaat gepleeg, en al vang ons hulle, ontsnap hulle geregtighe­id omdat daar ’n tekort aan 10 000 speurders landwyd is. Dít beteken dat sake teruggetre­k word omdat daar geen sinvolle ondersoek daarna is nie. En dít is ’n mislukking deur die strafregst­elsel op nasionale vlak.

“Daar moet een beampte vir elke 300 mense te wees. Ons het tans skaars een beampte vir elke 590 mense,”sê hy.

“Ons het ’n saak gehad waar‘n wetstoepas­ser ’n smash-and-grab in September 2022 sien gebeur het, die ou agtervolg en hom gevang het. Die gesteelde items is verkoop aan ’n dwelmhande­laar vir tik. Daar was dus ’n arrestasie en genoeg inligting vir vervolging. Maar die beampte het onlangs ’n teksboodsk­ap ontvang dat die saak teruggetre­k word,”sê JP.

“Dus, selfs wanneer ons hierdie ouens aankeer, faal die kriminele regstelsel die mense en die misdadiger­s systap geregtighe­id.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa