Kuier

DINAMIES Danny

Die akteur Danny Ross dop oral voor die kameras – én selfs agter die mic – uit ná hy destyds by ‘Suidooster’ weg is. Dié Worcesteri­et deel hier sy lewe en liefde, mét ’n tikkie lewenswysh­eid

- DEUR HAIDEE MULLER-ISAACS

Hy is ’n man wat altyd versigtig trap; die groot dinge eers bangerig aanpak. Soos toe hy vier jaar gelede sy Mexikaanse liefde om haar hand gevra het. Toe was die akteur Danny Ross (37) bang en pure senuwees. Nes hy ook was oor sy besluit om koebaai te sê aan die vaste maandeliks­e inkomste van die sepie Suidooster, om die vryskutlew­e te takel.

Maar daar is goeie rede hoekom die akteur wat ons as Suidooster se Jerome October leer ken het, die lewe só takel: Hy glo daai binnestemm­etjie raak ál harder wanneer jy rustig word en behoorlik ore spits.“Dis jou gut. En ek moes leer luister na die stemmetjie wat sê:‘doen dit nou!’Dis ’n sagte, klein stem wat jy net sal hoor as jy stil word en luister.”

‘ALS IN DIE KLEIN DINGE’

Toe hy in 2017 weg is by Suidooster, was dit vir seker scary, sê hy.“Maar ek is ’n hustler; ek het dit oorleef. Dis ses jaar later as ’n vryskutakt­eur, en ek is nog elke dag dankbaar. Ek het nog altyd dinge bang-bang aangepak. Niks is gewaarborg nie; right now is all you have.”

Hy glo vas jy moet fyn oplet na die tekens op jou lewenspad. En dat die heelal op verskeie maniere met elke liewe mens kommunikee­r. “Nie één kry dieselfde boodskap nie, maar daar is beslis tekens. Oral.”

“La vida es mucho mas simple cuando uno aprecia las cosas que se tienen ya” is die woorde wat hy hier teen sy sy laat tattoo het. Dit beteken:“Die lewe is eenvoudige­r as jy die dinge waardeer wat jy reeds het.”Dis die klein dinge in die lewe wat eintlik die big deal is, sê hy.

En toe hy in 2017, enkele maande ná sy pa se dood vir Fabiola Venegas Orozco (33) ontmoet, was hy gefassinee­r deur juis hoe sy die eenvoudige­r dinge in die lewe ervaar.“Soos die blomme op pad na haar werk. En dan besef ’n mens: ons het vergeet om die eenvoudige dinge in die lewe raak te sien, te geniet.”

Toe dié twee se paaie kruis, was hy nie op ’n goeie plek nie, erken Danny. Sy pa, Daniel, is toe skaars drie maande tevore oorlede. Hy en Danny het ‘n ingewikkel­de, dog mooi verhouding, gehad.

Daniel was ’n oud-Recce wat verkies het om op Worcester se strate te woon.“Ek was depressed oor sy dood en daai tyd het ek ook pas begin skiet aan die reeks Broken Vows. Ek onthou ek het op ’n dag by die huis my gevoelens oopgeskryf. Toe vat ek ’n shower en gaan lê op die bed in my handdoek en huil.”

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa