Kuier

WRAAK EN KASTERBOON­TJIES

Met haar ma se begrafnis agter die rug besluit Cindy dis tyd dat sy uiteindeli­k haar demons face. Maar orde is alles . . .

- Deur DAVID LAUBSCHER

Sy het die klein dorpie vermy sedert sy dit verlaat het vir universite­it. Nege jaar gelede het sy weggestap en haarself belowe dat sy nie weer sal terugkeer nie. Hier het sy ’n donker geheim begrawe. Haar ma, spoggerig oor haar patoloog-dogter, het gesmeek dat sy net weer gesig moet kom wys op die dorpie. Maar sy het elke keer ’n verskoning gehad. Haar ma moes altyd vir haar kom kuier.

Cindy druk die deken teen haar bors, vou dit op en sit dit in die kas. Haar pa het vyf maande voor haar ma se terminale diagnose van haar geskei. Hy het nog nie weer kontak met hulle gemaak nie. Dalk is hy te skaam. Almal op die dorp weet nou al hoekom hulle geskei het. Ná 20 jaar het dié ou bok groen blare geproe. Sy wonder of hy weet dat haar ma afgesterf het. Sy was te onsteld om met hom te praat.

Die voordeur knars oop. Dis Ashley. Die tyd het vinnig verloop.“Middag,”sê hy, en sit sy skoolsak langs die rusbank neer. Cindy groet met ’n glimlag wat nie haar oë bereik nie. Ashley se grappighei­d lê ook toegegooi onder die sielesmaad vandat hul ma in die hospitaal opgeneem was. Nog ’n jaar, dan gaan hy universite­it toe. Hy sal by haar moet kom bly. Sy wonder hoe hy daaroor voel.

Ashley plons op die rusbank neer in die sitkamer. Sy sit die ketel aan.“Koffie?” vra sy. Hy knik sy kop sonder om sy oë van die TV af te haal. Die wind fluit ’n melodielos­e deuntjie buite. Die bure het almal al kom medelye deel. Nou is dit net die smorende stilte; die tussenin.

Die begrafnis is Saterdag.“Jy sal seker by my moet kom bly wanneer dit alles oor is,”sê Cindy.

“Seker. Ek dink nie Pa wil met my opgeskeep sit nie,”antwoord Ashley. Hy trek sy mond.“Ek wil in elk geval nie naby hom wees nie.”

Cindy dink skielik aan hoe die verraad haar ma verpletter het. Sy het probeer voorgee dat dit haar nie so diep getref het nie, maar ’n maand voor die egskeiding het sy in trane uitgebars oor die foon. Sy wonder of haar pa se verhouding met die ander vrou hulle so seer sou gemaak het as dit eers ná die egskeiding moes gebeur het.

Dan verwag sy ook elke keer dat sy in hóm sal vasloop – die éíntlike rede waarom sy die dorp vermy het. Sy wil nie vir Kelly vra of haar broer nog in die dorp woon nie. Sy weet sy kan nie vir Kelly blameer nie, maar die familiekon­neksie maak haar effe ongemaklik.

Sy en Kelly was boesemvrie­ndinne tot voor die insident. Daarna het Cindy‘n kluisenaar geword. As iemand wou weet hoekom sy so ’n huishoende­r was, het sy gesê sy fokus op haar studies.

Haar ma het nie regtig ’n groot probleem daarmee gehad nie en sy het

nooit vir haar vertel wat gebeur het nie.

Daar’s ’n klop aan die voordeur. Sy voel skielik hoe die angstighei­d haar maag beetkry. Ashley spring op om die deur oop te maak.

Dis asof haar gedagtes Kelly telepaties bereik het, want skielik staan sy voor Cindy met oop, afwagtende arms. Cindy staan op en hulle omhels mekaar.

“Ek is jammer, vriendin,”troos Kelly. Kelly se omhelsing maak weer iets in haar los en sy begin huil. Ashley kyk verslae. Hy tel sy sak op en stap kamer toe.

Hulle gaan sit en begin praat. Die gesprek draal na haar jare op universite­it en dan na Kelly se huwelik – sy is geskei ná drie jaar toe haar man handgemeen begin raak het.

“Wie sou nou kon dink Keagan sou so uitdraai?”sê-vra Cindy.“Hy was altyd stil en beleefd. Dit wys jou net: ’n mens ken net‘n ander mens so ver as hulle jou toelaat.”In Cindy se onderbewus­syn eggo dít: Nes jou broer.

“Hoe gaan dit met Garth?”glip dit impulsief uit. Sy kan dit nie terugtrek nie.

“Dit gaan goed met hom,”sê Kelly. Niks meer nie. Natuurlik, dink Cindy. Watse antwoord is dít? Waarom gee sy in elk geval om hoe dit met hom gaan?

Cindy verander die onderwerp en praat oor die begrafnisr­eëlings. Kelly sê sy het gehoor dat daar ’n nuwe predikant by Cindy se ma se kerk aangestel is. Sy sê dit met ’n grinnik.

“Wat? Ken jy hom?”vra Cindy.

“Ja . . .”

“Wel . . .?”por Cindy haar aan.

“Dit sal ’n verrassing wees,”sê Kelly. “Nou maak jy my net nuuskierig. Ek moet in elk geval nog die begrafnisp­rogram met hom bespreek,”sê Cindy.

“Ek het gehoor dat hy nie nou in die dorp is nie, maar dat hy teen Vrydag al terug sal wees. Ek kan die inligting aanstuur deur die kerk se skriba. Ek wil graag help. Ek het jou so lanklaas gesien. En jou ma was soos familie,”sê Kelly.

“Dankie. Dis baie dierbaar.”

Die Saterdagog­gend van die begrafnis spuit Cindy van haar ma se parfuum aan haar gewrigte en in haar nek. Sy kyk vir Ashley in die spieël terwyl hy sy das knoop. Hulle glimlag vir mekaar.

Cindy se selfoon lui op die koffietafe­l. Dis Kelly. Die predikant wil voor die begrafnisd­iens met haar praat, en Kelly sê sy gaan saam met hulle ry. Toe Cindy voor Kelly se huis stilhou, wag sy reeds in die tuin.

Daar staan reeds ’n paar begrafnisg­angers hier en daar op die kerk se werf. Onder die droewighei­d van die aangeleent­heid deur let Cindy op dat Kelly skielik effe opgewonde lyk.

Toe hulle die kerkgebou binnestap, sien Cindy die predikant waar hy gebukkend werskaf by die versteekte komparteme­nt agter die kansel. Hulle stap nader. Toe hy orent kom, verstar haar liggaam oombliklik. Hy kyk direk in haar oë.

Kelly sit haar hand op Cindy se skouer. “Toe jy weg is, het Garth gaan leer vir ’n predikant,”sê sy ietwat soos ’n trotse ma.

Garth vryf sy twee hande teen mekaar en groet dan vir Cindy. Hy glimlag.

Cindy groet skaars hoorbaar terug. ’n Nuwe bladsy omslaan? dink sy. ’n Suur grap! Hoekom vandag?

Sy forseer ’n glimlag. Die wraaksug wat sy gedink het is begrawe, begin op daai oomblik weer kop uitsteek. Sy stoot dié gedagtes opsy, doen wat sy moet, en dan is die diens uiteindeli­k verby.

Cindy maak ’n lamskenkel­bredie vir Sondagmidd­agete, en dis ook maar goed, want Garth en Kelly verras haar met ’n besoek. Hy het haar nie intussen of sedert gister gekontak om vergifnis te vra nie, so sy het volhard met haar plan: Haar ma se ornamentel­e kasterboon­tjies is nie net mooi vir die oog nie, hulle is giftig ook. Sy weet die hulpbronne van die dorpie se staatshosp­itaal is beperk. Hy sal dit nie maak nie.

Garth en Kelly is 15 minute laat, so Cindy warm die kos weer op. Die twee is gesellig by die eettafel. Hulle betrek Cindy by die ditjies en datjies wanneer hulle voel dat hulle te lank met mekaar praat. Sy is in elk geval nog besig. Ashley sit met sy selfoon.

Dan skep Cindy op. Sy skink rooiwyn vir die drie mondiges. ’n Shiraz net soos die foodie-tydskrifte aanraai.

Ashley kom kombuis toe, gooi vir hom ’n glas koue water. Toe hy die wyn sien, gryp hy ’n glas en maak asof hy dit wil drink.

“Nee!”sê Cindy ietwat té ernstig. “Oukei, oukei. Dis net ’n grap,”sê Ashley speels en sit die glas neer.

Meneer die predikant wys nie die drankie van die hand nie en hulle glimlag vir mekaar toe Cindy die glasie wyn voor hom neersit. Haar glimlag is natuurlik heeltemal sinteties.

Tussen die glas en die bord lê die dodelike verrassing . . .

Almal eet. Die gesprek gaan entoesiast­ies voort. “Begin die ure aftel, Cindy, en moenie agterdogti­g optree nie. Dis te laat vir berou, want hulle eet en drink al, praat sy met haarself. Dan is die kuier verby.

Cindy groet hulle by die deur. Nét 36 tot 48 uur.

Garth knipoog vir haar. Kelly het dit nie gesien nie. Maar daar’s ’n triomfantl­ike glimlag op Cindy se bakkies . . .

Dit was douvoordag toe die ambulansli­gte die voorkamerg­ordyn verkleur. Cindy het voor die TV aan die slaap geraak. Sirene loei buite.

Angs oorval haar soos hande wat haar verwurg. Sy loer by die venster uit. Dan sluit sy die voordeur oop en stap uit.‘n Paar bure staan voor Kelly-hulle se huis. Dan bring paramedici iemand op ’n draagbaar uit.

Nee, nee, nee! Dis Kelly op die draagbaar! Hemel. Die glase! Ashley het die orde opgemors!

En die verkragter leef nóg ’n dag.

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa