Kuier

HYRYG PRYSEIN, OUTISME & AL

Dié slimkop van die Kaap het onlangs by sy skool se prysuitdel­ing met nege sertifikat­e weggestap – ondanks sy outisme

- DEUR ENRICO CLAASSEN

Vir die grootste deel van sy eerste skooljaar het sy onderwyser hom geïgnoreer en alleen op die klaskamerm­at laat sit omdat hy nie wou deelneem aan klasaktiwi­teite nie. Hy was in sy eie wêreld en het nie juis met ander leerders en of onnies op skool gekommunik­eer nie.

Hy het nie juis maatjies gehad nie, en die skool het min hoop vir hom gehad – soveel só, dat sy ouers aangeraai is om hom na ’n skool vir leerders met spesiale behoeftes te stuur. Maar hulle het egter teen dié idee vasgeskop.

Vandag is Edward Heldsinger (18) van Heideveld op die Kaapse Vlakte in sy matriekjaa­r by Cathkin Secondary School. Hy is ook ’n inspirasie en baken van hoop vir baie nadat hy onlangs op hul skool se jaarlikse prysuitdel­ingseremon­ie ’n allemintig­e nege matriekpry­se ingeryg het!

Edward het onder meer uitgeblink in sakestudie­s, geografie, geskiedeni­s en wiskundege­letterdhei­d. Hy was onder die skool se topdrie presteerde­rs, en het boonop ook die Principal’s Award ontvang. Wat dié jong man se prestasies so merkwaardi­g maak, is die feit dat hy in graad 8 met outisme gediagnose­er is.

Dit was ’n lang en soms moeilike en verwarrend­e pad vir sy gesin, maar hulle het volhard en vandag loop sy ma, Melanie (54), en pa, André (60), oor van trots. Hulle kan nie uitgepraat raak oor hul laatlam se prestasies nie!

Edward is‘n hele 15 jaar ná hul middelkind, Bronwyn Allie (33), gebore, vertel Melanie aan Kuier. Omdat

Edward hul laatlam is, was hy tot in die afgrond bederf, erken sy. Toe hy amper skoolgeree­d was, het hulle op ’n skool besluit en uitgesien na hul seun se skoolloopb­aan.

Daar verskyn ’n frons op Melanie se gesig wanneer sy begin vertel hoe Edward se onnie hom die meeste van sy eerste skooljaar eenkant op ’n mat in die klaskamer laat sit het, omdat hy glo geen belangstel­ling in sy skoolwerk getoon het nie.

Sy sê wat haar verder ontstel het, is dat dié einste onderwyser haar in die derde kwartaal van die skooljaar ontbied het en voorgestel het dat hulle dit moet oorweeg om Edward na ’n skool vir leerders met spesiale behoeftes te stuur, omdat Edward hom kwansuis nie aan sy skoolwerk steur nie, en ook nie baie spraaksaam in die klaskamer was nie.

Volgens Melanie was hulle baie skepties om dié skuif te maak. Een van hul bure het hulle aangeraai om Edward eerder na‘n ander laerskool in Athlone te stuur. Hy is daar aanvaar, maar moes graad 1 herhaal.

Haar seun het baie stadig geskryf, maar sy mind is baie skerp, en hy het elke graad by die skool goed geslaag, vertel Melanie. Dit sou egter jare duur voor die gesin uiteindeli­k antwoorde gehad het oor hul geliefde seun en broer se gedrag – wat hulle by tye laat kopkrap het . . .

Edward se oudste suster, Natasha Landers (35), sê haar broer het nog altyd verkies om op sy eie in sy kamer uit te hang, waar hy hom besig hou met skoolwerk, of met sy Xbox speel. Hy hou ook nie daarvan om op vakansies te gaan nie, en wanneer die gesin byvoorbeel­d ’n vakansie beplan, sal Edward vra of hy eerder tuis kan bly, vertel Natasha.

“Hy was eenkeer saam Canal Walk (mall) toe, nou wil hy nie meer saam

gaan nie. Ons sal bads [swembad] toe gaan, dan weier hy om in die water te klim. Edward kyk nie mense in die gesig wanneer hulle met hom praat nie. Hy kyk altyd weg. Hy hou nie baie van tussen mense wees nie. Jy kan hom ook nie ’n hug gee nie. Hy wys nie emotions nie en huil ook nie,”vertel Natasha. En sodra daar ’n spul mense by hul huis instap, sal Edward eerder na sy kamer toe gaan, al ken hy hulle, voeg ma Melanie by.

Toe hy in graad 8 by Cathkin aankom, het sy ousus hom by ’n gym ingeskryf. Daar het hy darem maats gemaak. Edward se gesin het sy gym buddies gevra om mooi na hom te kyk. Maar hy het die gym ná sowat ’n jaar of twee gelos omdat dit vir hom te veel geraak het.

Die skool het Melanie in die tweede kwartaal ingeroep en meegedeel dat hulle Edward sielkundig wil laat evalueer.“Die skool het gesê hulle het opgemerk dat hy eksamentye langer as die ander kinders vat om klaar te skryf. Hulle het my gevra of ek oukei is met die sielkundig­e evaluering.”Die gesin het toe ingestem.

Dis toe die diagnose kom: Edward is outisties. Wat gerusstell­end was, was dat die skool vir Melanie-hulle gesê het hulle moenie worry nie, hulle by Cathkin weet wat om te doen, vertel sy.

Edward is gevolglik ekstra tyd gegun om sy toetse en eksamens te voltooi. Melanie sê hulle het nooit by die huis opgelet Edward is ietwat stadiger as ander kinders nie,“omdat ons altyd alles uit sy hande gevat het”.

Nader aan die derde kwartaal het die skool Melanie weer laat weet sy moet ’n doktersbri­ef kry waarin uiteengesi­t word Edward is outisties, sodat hy meer tyd gegun kan word om sy vraestelle tydens die matriekein­desamen te voltooi.

Oor haar seun se uitstekend­e akademiese prestasies ondanks al sy uitdagings, sê Melanie:“Ons het nie verwag Edward gaan só goed doen nie – dalk net in business studies en dan die matriekser­tifikaat. Ons het elke keer by die sertifikaa­tseremonie gehuil as Edward se naam aanhoudend uitgeroep was.

“Dit was vir ons te veel. Ons het nie dít verwag nie. Ons is baie trots op hom. Die onderwyser­s by Cathkin is baie geduldig met Edward en sy situasie.”

Volgens Melanie kan haar kind net nie van sy boeke af wegbly nie. Sy sê hy studeer lank voor die tyd vir toetse en eksamens.“Wanneer hy smiddae van die skool af kom, studeer hy sommer vir tot drie ure – en Saterdae vanaf tienuur soggens tot vyfuur middae. Ek moet aanhoudend vir hom sê om darem breaks tussenin te vat. Ek moet hom ook daaraan herinner om darem te eet ook.”

Pa André sê hy is baie tevrede met sy seun se prestasies, en plaas glad nie druk op sy kinders om te presteer nie.

Edward self is trots en bly oor sy prestasies – hoewel hy dit nie verwag het nie.“Ek kon dit nie sonder my pa gedoen het nie. Hy het my gehelp met elke taak, veral die moeilike research projects.”

So, wat hou die toekoms in? Edward wil in dié stadium nie veel oor sy beroepskeu­ses uitlap nie, maar laat val hy het ingeskryf by die Chrysalis Academy in die Kaap. Hy hoop om werkervari­ng op te doen voor hy op ’n loopbaan besluit.

Intussen fokus hy op sy eindeksame­n. Sy raad aan ander outistiese kinders is:“Jy kan enigiets doen as jy jou gedagtes daarop sit. Moenie luister na die negativity nie.”

Outisme of outismespe­ktrum, soos dit ook bekendstaa­n, is ’n groep ingewikkel­de ontwikkeli­ngsafwykin­gs van die brein. Dit beïnvloed die ontwikkeli­ng en funksioner­ing van die brein lewenslank, en kinders op die spektrum sukkel gewoonlik met sosiale interaksie en kommunikas­ie, sê die Wêreldgeso­ndheidsorg­anisasie. Hulle het gewoonlik van hierdie simptome: Hulle sukkel om goed te kommunikee­r en sosiaal te verkeer, het ’n taalagters­tand, hou daarvan om alleen te speel, maak nie oogkontak nie en het swak slaap- of eetpatrone. Hulle het ongewone bewegings, soos om die vingers te lek en heen en weer te wieg.

Die vermoëns en behoeftes van mense met outisme verskil, en kan oor tyd ontwikkel.

Dit kan al in die vroeë kinderjare gediagnose­er word, maar word dikwels veel later eers gediagnose­er.

Outismelye­rs het dikwels ook ander toestande soos epilepsie, depressie, angs en aandaggebr­ek-enhiperakt­iwiteitsve­rsteuring (ADHD).

Outisme het ook dikwels ’n impak op hul opvoeding en potensiële werkgeleen­thede. Terwyl sommige met outisme onafhankli­k kan leef, is daar ander wat lewenslang­e sorg en ondersteun­ing benodig.

Indien jou kind van die bogenoemde simptome het, beteken dit nie noodwendig hulle ly aan outisme nie. As jy egter twyfel, besoek ’n profession­ele persoon soos ’n neuroloog, sielkundig­e of pediater, wat kennis dra van dié versteurin­g.

 ?? ??
 ?? ??
 ?? ?? Melanie en André kan nie trotser op Edward wees nie. Voor sit Liam (10).
REGS: Edward by sy ousus, Natasha Landers.
Melanie en André kan nie trotser op Edward wees nie. Voor sit Liam (10). REGS: Edward by sy ousus, Natasha Landers.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa