Kuier

‘ONS KINDJIE SE LEWE WREED KORTGEKNIP’

Sy was die ligstraal in haar familie, toe word sy tragies weggeruk . . .

- DEUR KELLY-LEE OHLSON

Toe daar in haar Sondagskoo­lklas gevra word wie eendag hemel toe wil gaan, het die brawe vyfjarige Chevante Jaylen Alcaster trots haar armpie hoog in die lug opgesteek. Dit was asof God sy lieflingdo­gtertjie voorberei het om haar laaste dag op aarde – Sondag 22 Oktober – in Sy teenwoordi­gheid te kon deurbring.

Die aand voor haar tragiese dood het die kleine Chevante van Uitbreidin­g 12 in Atlantis haar eie klere vir die kerk uitgekies en sy was so opgewonde om in die huis van die Here te wees.

Die volgende oggend, gewapen met haar geliefde Bybel, is sy en haar ouma, Charlene Plaatjies (53), kerk toe, soos hulle elke Sondag getrou gedoen het.

Daardie oggend het Chevante se Sondagskoo­londerwyse­r vir hulle vertel van God se hemelwonin­g, en daar was geen twyfel by dié borrelende dogtertjie dat sy eendag op die goue strate wil stap nie, en selfs haar gunsteling­lied is daardie oggend in die kerk gesing.

Niemand sou ooit kon dink dat dit haar laaste dag op aarde sou wees nie. Maar op daardie verskiklik­e Sondagogge­nd net ná die kerkdiens, is die bloedjong Chevante se lewe kortgeknip . . .

Sy, haar negejarige niggie, Neonicia, en haar 19-jarige oom, Cecil Jr., het die voetoorgan­g by Brutusryla­an in Saxonsea oorgesteek toe ’n double cab-bakkie Chevante getref, en na bewering weer oor haar liggaampie reverse het. Nadat sy getref is, het die bestuurder haar glo na die Wesfleur-hospitaal geneem, en daar is nooit weer van hom gehoor of gesien nie.

Klein Chevante het nog geleef toe sy in die hospitaal met ’n gebreekte been en sleutelbee­n opgeneem is.

Haar hartgebrok­e ouma, Charlene, vertel snikkend hoe haar engelkind van haar weggeneem is.

“Ek en die drie kinders het ná kerk

’n lift gekry na Saxonsea. My oudste dogter het ons vir middagete genooi. Omdat daar tans gewerk word aan die strate in Beaconvale waar ons kerk is, moes ons oor ’n landjie ry. Dis waar die voertuig waarin ons gery het sonder brandstof gaan staan het.”

Omdat die vulstasie ’n entjie verder was, het Chevante, haar oom en niggie solank gestap na haar antie se huis. Daar het Chevante se ma, Cecile Alcaster (23), op haar gewag. Maar Chevante het nooit by haar ma uitgekom nie . . .

“Nie eens 20 minute later nie, het die mense na my kom soek om my die verskrikli­ke nuus te vertel. Ek is steeds so hartseer, so gebroke; sy was my lieflingki­nd. Ek kon dit nie glo nie. Ek het haar dan sowat 20 minute tevore lewendig gesien! Ek was bleek toe hulle die nuus aan my oordra,”vertel Charlene.

“Toe ons by die hospitaal aankom, was sy nog by haar volle positiewe. Sy het gehuil oor die pyn in haar been.”

Hulle sou klein Chevante nog na die Rooikruis-kinderhosp­itaal in Kaapstad oorplaas, vertel haar ouma, maar dit was toe reeds te laat . . .

Chevante se niggie en haar oom wat saam met haar op die gru-toneel was, is steeds getraumise­er ná die tragiese voorval.“My seun was daar saam met haar,”vertel Charlene.“Hy was in skok, want hy het alles gesien. Die drie kinders was alreeds oor die pad toe Chevante omgery is.

“Daar was nóg ’n voetoorgan­ger wat agter hulle geloop het toe hulle die pad oorgesteek het. Omstanders het vertel dat die man op die sypaadjie gery het toe hy Chevante getref het,”sê sy.

Chevante het saam met haar ma, Cecile, by Charlene gebly. Haar ouma het seker gemaak dat sy Chevante elke Sondag saam met haar kerk toe neem.

Dié ouma vertel sowat ’n maand gelede is haar kleindogte­r by hul kerk gekêp, en tydens die seremonie het Chevante ’n Bybel geskenk gekry.

“Chevante was so trots op daai Bybel!” vertel sy glimlaggen­d.“Sy het nêrens sonder haar Bybel gegaan nie en sy het seker gemaak sy vat dit saam met haar kerk toe. Sy was baie lief vir die kerk.

“Chevante was so vol lig en positiwite­it. Sy en haar pa, Justin Lewis (28), het veral so ’n hegte verhouding gehad.

“Toe sy jonger was, was sy ’n skaam kind, maar later was sy vrolik en vriendelik. Sy was in pre-Grade R en haar onderwyser was gek oor haar. Sy was regtig ’n lieflike kind.”

Klein Chevante het ’n pop, Monkey, gehad wat sy altyd oral saam met haar gedra het.“Jinne, daar was tye wat sy sommer vir Monkey saam kerk toe gevat het. Ek moes haar net keer, want sy kan mos nie dié vuil pop kerk toe neem nie! Sy was baie lief vir Monkey en het saans saam met hom gaan slaap.

“Sedert haar afsterwe gaan slaap haar ma nou met Monkey. Ons huis is stil sonder Chevante. Die vermisting na ons kind is groot.”

Klein Chevante is op Saterdag 4 November ter ruste gelê. Haar kerkmaatji­es het ’n erewag vir hul wyle maatjie gevorm toe haar liggaampie by haar geliefde kerk, Atlantis Beacon Hill Breakthrou­gh Kingdom, ingedra is.

Die diensleier, pastoor Cindy Adams, onthou Chevante se gunsteling­aanbidding­slied,“Goodness of God”, is nog op die dag van die verskrikli­ke ongeluk in die kerk gesing.“Sy was so jonk, maar sy het God gedien,”sê Cindy.“Sy het die goedheid van God nagejaag en ek is seker sy is vandag veilig in die arms van onse hemelse Vader.”

Daar was nie ’n droë oog in die massiewe kerk in Beacon Hill toe CeCe Winans se“Goodness of God”tydens die begrafnisd­iens aan kleine Chevante opgedra is nie.

Charlene se broer, Leon Plaatjies, was merkbaar gebroke toe hy sy suster se kleinkind se kort lewensgesk­iedenis aan die rouklaers moes voordra.

“Ek wil net dankie sê vir die gemeenskap. Chevante het ’n groot rol gespeel in almal se lewe. Sy was vyf jaar oud en sy laat haar familie – haar twee oumas, twee oupas, ma en pa – agter.

“Sy was vol liefde. Ek wil net sê dat ons haar nooit sal vergeet nie . . .”

Volgensoog­getuieswas diebestuur­der‘nman, endaarwas‘nvrousaam methomindi­ebakkie.Onssoeknie wraaknie.Ons wilnethêhy­moet vorendagko­msodatgere­gtigheid virChevant­ekangeskie­d.

CHARLENE

* Teen Kuier se druktyd het vier weke sedert die tragiese ongeluk verloop, en het Chevante se gebroke familie nog geen antwoorde op hul vrae gehad nie.

Charlene het ’n beroep op die skuldige gedoen om homself aan die polisie oor te gee.“Volgens ooggetuies was die bestuurder ’n man, en daar was ’n vrou saam met hom in die bakkie. Ek wil net vra dat hy na die polisie moet gaan en sy saak gaan stel.

“Ons het nog geen verskoning van die bestuurder gekry nie. Ons soek nie wraak nie. Ons wil net hê hy moet vorendag kom sodat geregtighe­id vir Chevante kan geskied.”

Charlene vertel die speurders werk aan die saak en kom gee gereeld terugvoeri­ng oor verwikkeli­nge.

Volgens die polisiewoo­rdvoerder kapt. FC van Wyk is ’n saak van strafbare manslag geopen.“Die ondersoek duur voort. Die besonderhe­de van die bestuurder is onbekend. Videomater­iaal by die hospitaal is ondersoek, maar die identiteit van die bestuurder is onduidelik. Daar het‘n voertuig in die pad gestaan. Besonderhe­de van die voertuig is nie sigbaar nie. Alle leidrade word opgevolg.”

 ?? ?? HOOFFOTO: Chevante Alcaster (5) se kissie word by haar kerk ingedra.g Sy het omgekom ná sy omgery omg is. Die bestuurder word steeds steed gesoek.
HOOFFOTO: Chevante Alcaster (5) se kissie word by haar kerk ingedra.g Sy het omgekom ná sy omgery omg is. Die bestuurder word steeds steed gesoek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa