Kuier

Avril, TV SEDROMER

- DEUR THINUS FERREIRA

Dis oukei as jou dorpie nét twee strate het. Dan loop jy daai paar strate in Loerie in die Oos-Kaap plat van die een ent na die ander. En jy stop nie daar nie. Jy loop verder die lewe in – al ís jy bang en weet jy nie waar die eindbestem­ming is nie – dan skep jy vir jou die wêreld wat jy wil hê. Só sê Avril Albetti (38). Vandag maak sy teenoor Kuier oop oor daai glitz-en-glam-lewe wat jy so sien op TikTok. Sy’s mos altyd uitgetof in die beste: Gucci, Chanel, Versace – noem maar op. En“antie Avril”se pittige sêgoed laat haar 175 000 followers skater, soveel só dat sy spog met 5,9 miljoen likes op haar video’s. Haar sukses is gebore uit bloedsweet, en ná al daai harde werk is sy nou ook op TV. Mense verkyk hulle deesdae aan dié fyngeboude, modelmooi ma wat die Onse Vader in Italiaans kan bid, en sommer van die begin af op kykNET se nuwe realiteits­program Die Brug ’n raakvatter-leier was, al het dit haar by tye ongewild gemaak. “Ek sal nooit vergeet waar ek vandaan kom nie, maar die ding in die lewe is dat jy nooit moet voel dit is waar jy hoef te bly nie,”sê dié model, wat sedert 2014 ook haar eie modelagent­skap, Exclusive Agency, bedryf in Sandton, waar sy deesdae bly.

Sy het juis ingeskryf vir Die Brug, waarin deelnemers letterlik ’n brug moet bou om by R1 miljoen rand in die middel van ’n dam uit te kom, omdat sy vir haar mense terug in Loerie iets wil oprig as ’n gebou en simbool van hoop ten spyte van omstandigh­ede.“In Loerie is daar nie much vir die jongelinge om te doen nie,”sê sy. “Ek wil bittergraa­g iets skep vir skills developmen­t, want daar is absoluut niks nie.”

Avril het by haar ouma, Maria Magdalena van Gent, op Loerie, of Loerieheuw­el, grootgewor­d. Dit was ’n moet met dié dat haar ma, Julia Mama (63), sowat 1095 km verder in Johannesbu­rg moes werk. Sy het haar pa nooit geken nie, vertel sy, en het aanvaar dat hy moontlik al afgesterf het.

“My ouma was my grootste rolmodel,”sê Avril.“Dis sy wat die gedromery gespark het in my. In daardie sin het ek ’n goeie opkoms gehad. Ek het deelgeneem aan alles en grootgewor­d in die Congregati­onal kerk. My ouma was ’n groot predikant gewees in dié kerk. So, ek is ’n regte plaasmeisi­e wat nog altyd net baie groot gedroom het.”

Haar ouma Maria was“’n regte Hollandse vrou”.“Sy is unfortunat­ely al oorlede, want dis nou al baie jare. Maar ek voel ek is geseënd, want ek voel haar spirit elke liewe dag rondom my. Sy was die Mother Theresa van onse neighbourh­ood. Elke aand het sy ’n ekstra bord kos opgeskep want sy het gesê:‘Jy weet nooit wie loop vanaand hier verby

wat dalk honger is nie’,”onthou Avril.

Haar ouma se wysheid bly haar altyd by. “‘Avril, wees altyd wie jy is,’het my ouma altyd gesê.‘Moet nooit ophou droom nie.’Sy het ook gesê:‘Jou bek gaan jou in die nonsens intrek! Jy praat verskrikli­k baie, so droom groot en watch wat jy sê’,” vertel Avril.

Avril was net nege jaar oud toe die sangeres Amor Vittone haar in‘n klerewinke­l in Da Gama-weg in Jeffreysba­ai gewaar het. Amor het haar net één kyk gegee en gesê dié girl is spesiaal:“Julle moet haar dadelik in ’n modelskool kry.”

Sy’s toe ingeskryf by een, en op 11 het Avril begin geld verdien uit modelwerk. Op 13 het sy Johannesbu­rg toe verhuis om in ’n modelhuis in Norwood te gaan bly, en toe begin haar wêreldreis­e.

“Ek het nog altyd gebid. Daar is sekere goed waarmee jy nooit ophou nie, al gaan jy New York, Milaan of Parys toe,” sê Avril. So, aan die Here het sy vasgehou – stééds, maar nou in peperduur designer heels van Jimmy Choo en Manolo Blahnik. Sukses is swaar gewen.

Sy vertel dit het broekskeur gegaan in haar kinderjare.“Ons belangriks­te skoene was Krismissko­ene. En jy het dit net met Kersfees aangetrek en Sondagskoo­l toe. So ek het as kind sommer vir my hoëhakskoe­ne gemaak met Coca-Cola cans. Jy buig hom net so bietjie en draai cellotape om. My bags was altyd die Omo-boks met ’n sykous deur sodat dit kon hang. Nou het‘n mens mooi dinge, maar dis alles aardse goed en dit alles require harde werk,”sê Avril.

“Jy moet glo in jouself en in God; jy moenie bang wees om nuwe dinge te probeer of wat uit jou bereik is nie. Ek sê altyd vir mense: hou op om stumbling blocks in jou eie kop te sit oor wat jy dink jy nié kan doen nie.”

Sy is al 17 jaar lank dolgelukki­g getroud met die Italianer Aris (39). Hulle het twee seuns, Adriano (8) en Armando (4), wat ook gesig wys in hul ma se TikToks.

Avril en Aris se paaie het gekruis toe sy nog destyds in Londen gebly en as model gewerk het.“Ek moes vir die eerste keer Italië toe gaan. Een van my vriende het gesê hy het ’n vriend daar wat my dalk kan help. Dié stel ons toe voor aan mekaar op Facebook.”

En daar raak arme Aris toe dolverlief op haar nog voordat hy haar ontmoet het, sê Avril. Sy dog dié“mal man”is ’n stalker en blok hom toe summier.“Ek dog toe dié ou is verskrikli­k voorbarig. Maar ’n jaar later is hy toe in Kaapstad vir ’n shoot, want hy het ook modelwerk gedoen, en in 2006 bump ons toe in mekaar in die Sandton City mall vas.”

En daar blom die liefde toe.“Ons is ná ’n paar maande getroud. Ons het wel tien jaar gewag voordat ons begin het met kinders. Maar ons is al baie lank saam en die lewe is fantasties.”

Sy het kort nadat hulle in Suid-Afrika kom wortel skiet het, haar modelagent­skap begin. Dít bestuur sy nou al byna 10 jaar lank. Aris besit die sokkerakad­emie Socca Dream, waardeur hy sokkertale­nt hier en in Italië ontwikkel.

Avril moes harde klippe kou om te kom waar sy is.“Dis altyd bietjie moeiliker vir iemand van kleur – veral ’n vrou van kleur. Ek moes altyd méér doen, méér gee, en vashou aan wie en wat ek is sonder om myself weg te gee en te verander in iets wat ek nie is nie.

“Daar was tye dat ’n wit of Chinese meisie bo-oor my gekies is. Ek het dit altyd gesien in die lig van‘nou pas ek nie die brief wat hulle soek nie’. Next time.

“My ouma was wit en my oupa was swart. Ek het grootgeraa­k in ’n huis waar daar ’n mengelmoes was. My ouma het altyd vir ons gesê: ‘Julle is nie bruin, swart of wit nie. Julle is African. En jy is in staat om enigiets te doen wat ’n wit mens of ’n swart mens kan doen.’Ek sien nie kleur nie, maar ek weet dat ek altyd bietjie meer moet doen.”

Avril se stem bewe.“Ek wil vir bruin meisies wys dat hulle die wilskrag kan wys om dinge aan te vat. As ’n vrou kan jy byvoorbeel­d die leier wees van mans. Jy kan ander mense, ongeag wie hulle is, inspireer nspireer tot groter dinge.”

Sy was juis bly toe sy in Die Brug in die eerste rste episode as leier gekies is, sê sy. “Ek k weet wat dit gaan beteken vir die jong ng bruin meisie of seun un wat my dalk op TV sien en vir wie e dit dalk inspireer. er. Want as antie

Avril ril dit kan doen, kan n ék ook. As iemand mand in die lewe we nie vir jou u ’n deur oopmaak pmaak nie, e, dan bid d jy en dan n trap jy daai ai deur oop.” p.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa