Kuier

Antwoord Antwoord

-

BESTEBEKOM­MERD

Hartjie, die kwessie is nie so ingewikkel­d nie. Dit lyk of jou volwasse seun baie bederf is toe hy jonger was. Hy het waarskynli­k als wat hy wou hê sonder moeite gekry, en ook nie geleer om in en om die huis of elders vir sakgeld te werk nie. En met die land se huidige sosio-ekonomiese klimaat, waarin talle hul werk verloor het en ander met kwalifikas­ies tuis sonder werk sit, gaan die werksoekpr­oses geduld eis. Dis tyd vir ’n oop gesprek met hom oor die situasie.

Dalk was jou seun se vorige werke om een of ander rede nie in lyn met sy droom of passie nie, en was hy net nie in staat om vas te byt ter wille van ’n inkomste nie. Ek hoop dat hy darem teen nou al weet wat sy talente is – dalk kan hy as entreprene­ur vir‘n inkomste woeker daarmee.

Lei en help hom, of kry hom by kundiges wat hom kan evalueer om sy passie te vind. Werk dan vandaar. Sterkte.

BESTESKOON­DOGTER

Ai, hartjie, dis ’n moeilike een. Aan die een kant kan ek jou behoefte verstaan aan ’n bietjie gehaltetyd alleen saam met jou gesin. Maar dink net hoe gebroke sal jou skoonma wees as sy moet weet jy voel só.

Ek dink dis tyd vir ’n gesprek saam met jou man hieroor om te kyk of hy ook só voel. Indien wel, is dit dalk beter as hy die onderwerp ophaal met sy ma en sibbe. Anders gaan jy dalk lyk soos die heks van ’n skoondogte­r vir wie haar skoonma ’n burden is. Dis dalk ook tyd om jouself af te vra hoekom jy voel dat sy nie deel kan wees van daardie gehaltetyd nie. As dit is dat jy net ’n blaaskans nodig het en jou hart is op die regte plek, is dit te verstane. Moenie moeg raak vir haar op haar oudag nie, want onthou, dit is deur haar dat jy vandag dié man en gesin in jou lewe het.

WhatsApp die woorde KUIER ANTIE VAL gevolg deur jou vraag na 0607840589, of stuur ’n e-pos na kuier@kuier.co.za met ANTIE VAL in die onderwerpv­eld.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa