Kuier

UIT-TURN-TYD VIR FESTIVE

Is dit tyd vir huis regtrek voor die groot dae? Hier is nuttige wenke vir huisitems wat 'n mens moeilik skoonkry

- DEUR LINDSAY DE FREITAS

Voor die groot kuier en groot eet van Kersfees, is daar die groot skoonmaak vir die festive. Maar dit hoef nie ’n kopseer te wees om al daai vergete hoekies en draaie skoon te kry nie. Hier is ’n paar nuttige truuks om vinniger en doeltreffe­nder jou uit-turn-werk klaar te kry.

’n Strykyster is een van die items in jou huis wat gewoonlik die hardste werk. Ons almal weet hoe irriterend dit is wanneer jou strykyster aanbrand en dan vassit aan jou klere as jy dit probeer stryk voor jy by die deur uitgaan. Maak ’n gebrande strykyster skoon deur ’n stuk lap (of kombuispap­ier) te stryk waarop ’n paar eetlepels sout gesprinkel is. Stryk verskeie kere oor die sout tot die merke verdwyn. Skakel die yster af en laat dit heeltemal afkoel. Vee dan die metaalplaa­t met

’n klam lap af.

Om stowwerige vensterbli­nds skoon te maak kan ’n regte kopseer wees. Hier is ’n maklike wenk: Doop ’n ou sokkie in ’n mengsel van een deel water en een deel asyn, vou dit om jou hand en vee dan die blinds af. ’n Braaitang met lappe wat in die asynmengse­l geweek en om die knypers gevou is, werk ook goed.

Maak ’n vuil matras só skoon: Voeg 10 tot 20 druppels vlugtige olie (laventel, chamomile of sandalwood is goeie keuses) by ’n boks koeksoda (sowat 500 g). Skud die boks goed sodat die poeier en olie deeglik meng. Strooi dié mengsel oor die matras en vryf dit in asof jy die bed masseer. Laat die koeksoda en olie minstens ’n uur hul werk doen en stofsuig dan die matras.

Sukkel jy met watervlekk­e op jou houtmeubel­s? Meng ’n klein hoeveelhei­d olyfolie en sout om ’n dik pasta te vorm, en vryf die pasta dan op die vlekke. Los vir sowat 30 minute en vee dan die oortollige pasta van die meubels af. Die sout trek die vog uit terwyl die olyfolie die hout voed.

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa