Kuier

SPEEL KLAAR MET JANU- WORRY

Hou kop met jou swaarverdi­ende geld dié festive en begin 2024 op ’n goeie noot

- DEUR RAYLENTIA SIMMONS

Die feestyd is om die draai en soos die jaar einde se kant toe stap, begin mense al opgewonde raak oor alles wat die vakansie gaan inhou. Behalwe vir die Kersmaal is daar uitstappie­s, geskenke, nuwe klere, dalk ’n hele nuwe haarstyl – en dit als kos geld. Maar nie almal voel ewe jolig oor die feestelikh­ede wat voorlê nie. Die afgelope jaar het mense geldelik geknou en baie kon dit nie bekostig om te spaar vir Kersfees nie, terwyl ander werkloos sit. En die feestyd kom met baie uitgawes, se selfs sa al hét ét jy gespaa gespaar, ,o of a al wag ag daa daar ’n Kersbonus.

Joline Paulse (40) van Somerset-Wes buite Kaapstad sit met haar hande in die hare want sy weet nie hoe sy deur die feestyd gaan kom nie, sê sy. Sy het vir jare by ’n bekende groothande­laar gewerk en hoewel sy meestal oor die besige tyd gewerk het, het sy elke Desember bonus gekry.

Toe Covid-19 op sy ergste was, was sy een van die ongelukkig­es wat haar werk verloor het.“Daai tyd het ek nie veel ge-worry omdat ek nie gewerk het nie, want ons was meer ge-worry oor die virus. Ek het ook ’n uitbetalin­g gekry waarop ek kon staatmaak. Ongelukkig het dít opgedroog, en nou het ek niks om daarvoor te wys nie.”

Joline was gelukkig om weer werk te kry aan die begin van dié jaar, maar dit is nie ’n permanente werk nie, wat beteken dat sy nie op ’n bonus kan reken nie.

“Ek het probeer om hier en daar ’n se sent t te spaa spaar, , maar aa daa daar het et e elke e keer ee iets voorgeval, dan moes ek net weer die geld gebruik. Kos en vervoer en als het ook nou so duur geword, al sny ek waar ek kan, het ek net nooit geld oor nie. Ek sal seker maar iewers ’n loan moet maak om deur die festive te kom,” sê sy moedeloos.

SÓ HOU JY KOP MET GELD Twee van die grootste foute wat mense maak, is oorbestedi­ng in die feestyd en om nie ’n gedeelte van hul bonus te spaar nie, sê Aidan Freswick, ’n finansiële beplanner by Brenthurst Wealth in die Kaap.

“Hulle u e beplan bep a nie e deur deu die d e jaar jaa vir die de feestyd nie en baie maak staat op hul bonus om hul uitgawes vir die feestydper­k te dek in plaas van om meer proaktief te wees en maandeliks te spaar,”verduideli­k hy.

Diegene wat wel bonus kry, se gewoonte is om dit te spandeer so gou as wat hulle kan, in plaas van om ’n

AIDAN FRESWICK

gedeelte weg te sit en die nuwe jaar op ’n goeie voet te begin, voeg Aidan by.

Mense maak baie geldfoute oor die feestyd, sê Jean Archary, ’n finansiële welstand-coach wat aanlyn geldlesse aanbied. Die beste manier om deur die vakansie te kom, is om ’n begroting vir die Desemberva­kansie te hê, meen sy.

“Moenie klere en geskenke op krediet koop nie,”waarsku Jean,“maar as jy absoluut moet, kyk uit vir spesiale aanbieding­e, want goed wat jy op krediet koop, kos baie duurder oor die langtermyn.”

Jean beveel aan dat jy ’n gedeelte van jou bonus spaar vir noodgevall­e of toekomstig­e doelwitte.“Dit kan 10% wees, of selfs as dit minder is, is dit belangrik om die gewoonte te bou om te spaar van elke sent wat jy inkry – of dit nou jou salaris of bonus is.”

Sy meen ook jy kan ’n gedeelte van jou bonus belê as aftreegeld aangesien die inkomste in ag geneem word wanneer jy jou belasting betaal.“Jou bydrae sal jou belastinga­anspreekli­kheid verminder en die bedrag verhoog wat jy ontvang wanneer jy jou volgende belastingo­pgawe inhandig. Onthou, belastings­eisoen eindig elke jaar in Februarie, so om van jou Desemberbo­nus te spaar, sal jou help met jou aftrede en belastinga­anspreekli­kheid,”verduideli­k sy.

Daar is verskillen­de spaaropsie­s, afhangend van hoe groot jou bonus is, en jou doelwit, voeg Aidan by.

“Daar is nie een oplossing wat vir almal werk nie. Iets wat jy kan oororweeg vir korttermyn­behoeftes is ’n money market – om geld in te hou en om seker te maak dit is maklik toeganklik – want hulle het kort kennisgewi­ngsperiode­s as jy toegang tot geld wil kry. Vir langtermyn­behoeftes kan jy unit trusts oorweeg, want hulle kan geld laat groei oor ’n langer tydperk.”

KOS RAAK NET DUURDER Volgens die Pietermari­tzburg Economic Justice & Dignity Group (PMBEJD) se kos-indeks is kos wat in Oktober met meer as 5% gestyg het, onder meer rys (5% vir 10kg), aartappels met (40%), eiers met (19%) en tamaties (11%).

Dít is net ’n druppel in die emmer, want ekonome voorspel dat kos nóg duurder kan raak. En met die huidige uitbreek van voëlgriep, sal hoender se pryse na verwagting die hoogte inskiet.

Mense sal dink winskopies of feestydvel­dtogte soos Black Friday kan help om goed goedkoper aan te koop, maar dit kan ’n slaggat wees en jou op die ou end net meer geld laat spandeer wat jy nie het nie.

“Vermy eerder hierdie mega hype events soos Black Friday,”waarsku Aidan.“Dis oukei om voordeel te trek uit ’n Black Friday special, maar wees waaksaam om ’n kredietkaa­rt of oortrokke fasiliteit te gebruik om hierdie leefstylbe­hoeftes te befonds wat jy nie kan bekostig met jou normale salaris nie.

“Dit plaas net baie druk op die broodwinne­r en beperk kontantvlo­ei oor die feestyd,” sê hy.

Sanna Strydom (49) van Oos-Londen spaar vir die afgelope paar jare met ’n groepgroep me mense by haar werk. Dit we werk goed, vertel sy, en h help om uitgawes te dek en broodn nodige aankope o oor die feestyd te d doen.“Ons was e eers ’n groep van 1 10, nou is ons m meer. Ek is ook by

SANNA STRYDOM

’n groep wat ’n verjaardag-ding doen,” deel sy.

Twee jaar gelede het sy egter ’n traumaties­e ervaring gehad toe dit haar beurt was om die geld te hou. Sy moes ’n bedrag van die geld gaan trek en is daardie dag beroof en met ’n mes aangeval.“Dis nie meer in my hande nie. Ons sit die geld by Old Mutual in, dan kry jy ekstra geld by.”

Sanna meen laastens“mense moet ook nie lyf wegsteek nie en hul bydraes op tyd hou en selfs méér doen om ekstra by te sit, want die geld moet groei.”

AIDAN FRESWICK

Jean gee die volgende wenke om kostes te bespaar:

Weet watter geskenke jy moet koop en enige ekstra onkostes wat jy sal aangaan vir die feestyd.

Koop geskenke wat jou nie platsak gaan laat nie.

Vra vir diegene vir wie jy geskenke koop, wat op hul wenslysie is. Dit sal jou help om te besluit wat om te koop en binne perke van jou begroting te bly.

Maak tuisgemaak­te geskenke soos koekies, konfyt of beskuit – dit hoef nie ’n plaas se geld te kos as jy daarvoor beplan nie, en dis persoonlik.

Verdien ekstra geld gedurende die vakansie deur goed te doen soos geskenke toedraai, ’n persoonlik­e shopper te wees, of om na iemand se huis of diere te kyk. Gebruik dan daardie geld nét vir die vakansie en spaar jou bonus.

Hou by jou begroting, want Januworry (Januarie-maand) maand) is net om die draai. Onthou, Desember se betaaldag aaldag is vroeër en jou salaris alaris moet tot laat in Januaanuar­ie hou.

Koop nuwe skoololuni­forms, -boeke en skryfbehoe­ftes s in Desember al sodat jy die Janu- arie-stormloop kan vermy.

JEAN ARCHARY

 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa