Kuier

SÓMAAKJY DROME WAAR

Soms is al wat tussen jou en jou hoogste drome staan, ’n duidelike idee van presies wat daai drome is. ’n Droombord kan jou dít help uitpluis

- DEUR EDNA ELLMAN

Wat het Oprah Winfrey, Beyoncé en Cardi B in common behalwe hul roem en rykdom? Al drie van hulle glo aan die power en magic van ’n vision board, oftewel ’n droombord. Mense noem dit “manifestas­ie”: Die idee dat jy dít wat jy droom, ’n werklikhei­d kan maak deur net daaraan te dink.

Maar drome realiseer nie net oornag nie. Jy moet ook hard werk daarvoor. Jy moet jou bedoelings uiteensit, glo dat dit ’n realiteit gaan word, en dan aktiewe stappe neem om daardie abstrakte idees ’n realiteit te maak. En dit maak nie saak wát jy wil bereik nie – of jy nou meer wil ontspan, die wêreld wil platreis, of jou droomwerk wil losslaan – ’n vision board is ’n wonderlike ding om te hê op jou reis om jou drome waar te maak.

Natalie Walker (16) van Kaapstad het as tiener aan droomborde begin werk en sy doen dit vandag nog voordat sy ’n nuwe hoofstuk in haar lewe aanpak.“Ek is ’n prentjie-mens en hou van iets in my imaginatio­n optower, en daarom werk ’n vision board wat ek voor my kan sien as ek oor iets droom,”vertel sy.“Ek het soms met net ’n paar tydskrifte en ’n groot koevert aan myne gewerk.”

Natalie het in haar eerste jaar op hoërskool gesukkel om haarself te vind en goeie vriende te maak.“Ek het toe prentjies uitgeknip wat verteenwoo­rdig hoe ek wou hê mense moes my sien,” sê sy.“So, dit was alles van blommetjie­s tot iemand wat glimlag en alles wat mooi en sonnig is.”Dié prentjies het sy buite op die koevert geplak.“Dan het ek prentjies uitgeknip wat verteenwoo­rdig hoe ek soms van binne gevoel het – dít was ’n bietjie valer en minder optimistic.” Dié prentjies het binne-in gegaan.

“Die magic van die koevert was dat ek net die buitenste prentjies kon sien, en ek het al hoe meer daarvolgen­s begin optree en nie so erg gefokus op die prentjies binne nie, want ek kon dit nie sien nie.”

Jonk en oud kan baat by droomborde. Maar hoe werk dit?

WAT IS ’N DROOMBORD?

Dis ’n visuele verteenwoo­rdiging van jou doelwitte en ’n fun projek om te sien hoe dit sal lyk as dit ’n werklikhei­d word, sê die media- en leef-afrigter Zakiya Larry.

’n Droombord is gewoonlik ’n plakkaat waarop jy foto’s of prentjies plak wat jy uit tydskrifte geskeur het. Die idee is dat jy jou omring deur foto’s van dinge waaroor jy droom en wat jy graag wil bereik.

As jy byvoorbeel­d nog altyd gedroom het van die wêreld platreis, kan jou droombord (vision board) prente bevat van al die topplekke wat jy wil besoek.

Of jy kan jou droombord verdeel in byvoorbeel­d skoolwerk, toekomstig­e loopbaan, vriendskap, verhouding­s of gesondheid, en prentjies plak wat jy voel jou droombeeld van elk verteenwoo­rdig. Die doel is om duidelikhe­id te gee aan jou hartsbegee­rtes, en dit te omskep van iets in jou dagdrome tot iets tasbaars waarin jy elke dag kan vaskyk.

Dit het ook talle voordele. Om iets te visualisee­r vir jou lewe kan jou meer motiveer, jou selfvertro­ue ’n hupstoot gee en beter laat presteer, berig Psychology Today. Een studie het bevind dat visualiser­ing in atlete byna netso doeltreffe­nd was soos fisiese oefening.

Dis ook ’n goeie oefening om te sien hoe jou lewe sal lyk as jy jou doelwitte bereik, sê Zakiya. As jy byvoorbeel­d meer gemaklik met jou lyf wil wees, sal jy dalk foto’s van gelukkige, gesonde vroue op jou droombord sit, met bemagtigen­de woorde soos“selfvertro­ue”daarby. En hoe meer jy daarna kyk, hoe beter voel jy moontlik oor jouself.

Maak dus seker jou droombord is êrens waar jy dit elke dag gereeld kan sien, soos op jou yskas, jou slaapkamer­muur, of in jou kantoor, as jy tuis werk.

JY BENODIG DÍT VIR JOUNE

’n Groot stuk karton en‘n glue stick, of ’n skilderdoe­k (canvas) en koppiespel­de.

Jy makeer ook ’n stapel tydskrifte, of jy kan kleurfoto’s aanlyn kry en dit print.

SPRING WEG!

Blaai deur al die ou tydskrifte wat julle het en kies alle prentjies wat jou twee keer laat kyk en iets in jou wakker maak.

Dít kan byvoorbeel­d ’n foto van die Eiffeltori­ng wees as jy nog altyd daarvan gedroom het om die Franse hoofstad, Parys, te besoek; of ’n kar, as jy graag eendag jou eie wiele wil besit.

As jy ál die foto’s het wat jou siel laat sing, plak dit op die karton en vertoon dit iewers waar jy dit gereeld kan sien, soos teen die agterkant van jou kamerdeur, of teen jou kamermuur. Jy kan selfs ’n foto van jouself, ’n inspireren­de aanhaling, Bybelversi­e of lirieke daarby sit.

Jy kan jou droombord ook in ’n groot sketsboek skep as jy nie ’n plakkaat verkies nie, en dit selfs elke week of maand hersien en nuwe prente bysit of oues uithaal.

DOEN DIT SAAM MET PELLE

As jy lus het om dit ’n groep-ding te maak, kan jy ’n droombord-partytjie reël. . Hier is ’n paar wenke daarvoor:

Kry die regte venue

Sorg dat jou kamer netjies is sodat daar geen afleidings is nie, en rig vir elke gas ruimte in om aan hul droombord te werk. As jy ’n kamer deel, vra jou ma of jy ’n vertrek in die huis kan gebruik daarvoor, soos die voorkamer.

Die gaste

Maak seker die vriende wat jy nooi, verrstaan waaroor dit gaan en stel ewe veel el belang daarin om aan ’n droombord te werk. Gee vir elkeen ’n rol – een kan sorg vir eetgoed, die ander vir die glue sticks en nog een vir die regte musiek, byvoorbeel­d.

Skep die regte atmosfeer

Met die regte musiek kan julle gou-gou u aan die gang kom: Julle kan elkeen twee ee songs voorstel, dan kry elkeen ’n beurt t om te werk terwyl hul favourites speel. .

DIE DIGITALE ROETE

Maak ’n collage van al jou gunsteling­prentjies op jou slimfoon en maak dan dié collage die agtergrond­foto vir jou selfoon, tablet, rekenaar, of al drie. As jy y sosiale media soos Instagram gebruik, kan die foto’s wat jy deel letterlik jou droombord wees; jy kan selfs ’n aparte Instagram-blad oopmaak wat net as jou ou droombord dien. Of jy kan aansluit by die virtuele aansteekbo­rd Pinterest, en ál jou gunsteling­foto’s in folders bêre.

HOE VERRYK DIT JOU LEWE? Dit help jou fokus op wat jy wil hê.

Onthou, jy kan nie iets bereik as jy nie e daarop fokus en daarvan bewus is nie. e.

Dit kan dien as inspirasie en herinnener­ing om die nodige besluite te neem om jou drome waar te maak.

Dit kan aan jouself en ander bewys s jy neem jou drome ernstig op.

Jou selfbeeld sal ’n hupstoot kry as s jy iets op die droombord bereik.

Maar moet ook nie hard op jouself f wees as dinge nie presies loop soos jy y droom nie – dalk is dit ’n ompad na iets ets beter!

So, haal van die drome af en voeg ander by, of skrap als en begin van voor oor af as jy moet, sê Zakiya.

Maak jou droombord deel van jou daaglikse selfsorgro­etine. Kyk elke oggend na jou droombord. Eerder as om saans deur jou foon te scroll in die bed, kyk eerder na jou droombord en mediteer en visualisee­r in jou kop dit wat daarop is.

ie panfluit is ’n musiekblaa­sinstrumen­t wat die eerste keer deur die antieke Grieke gebruik is. Dit bestaan nou al langer as 6000 jaar! Met ’n paar eenvoudige items kan jy jou eie een maak en liedjies daarmee speel – en jy sal leer dat musiek en wiskunde hand aan hand gaan.

 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa