Kuier

WAT DIE HART VAN VOL IS

-

baie ouers deesdae al die kind se hele loopbaan beplan nog voor hulle melktandji­es gewissel het. En ons het gewonder: Is dít hoekom ons deesdae sit met leiers met allerhande grade wat teen die muur pryk, maar met ’n algehele gebrek aan emosionele intelligen­sie, empatie, kritieke denke of common sense?

Ons het ook gewonder oor die druk op ons matrikulan­te:“Het jy ingekom by dié of daai universite­it?”Wat baat jare op universite­it as jou kind se hart of gemoed stukkend is? Wil ons regtig grootmense kweek met hoë poste en ’n lae selfbeeld?

Hoe wys is dít vir‘n animasiere­eks?

Ek wou as kind als van ’n argeoloog tot ’n apteker tot‘n kopieskryw­er wees, en só gaan die lysie aan. Ek het eers werklik geweet wat ek wou word toe almal al hul vorms ingestuur het om te gaan swot. En dít was nadat iemand unknowingl­y vir my dié wyse raad gegee het: Kombineer dít waarin jy goed is met dít wat jy geniet.

Vandag weet ek dis oukei as jy nié al die antwoorde op‘n gegewe ouderdom het nie; om koers te verander op 40 en jou passie opnuut te ontdek. En dat dit netso belangrik is om te weet wie jy is, as wie jy nié is nie.

As jy stuck voel, of op die drumpel staan van ’n groot besluit of nuwe fase in jou lewe, bied iemand wat self nog baie moet leer oor die lewe, dié bietjie raad: Omring jouself met mense met safe energies – dié met wie jy jou diepste seer of joy kan deel sonder om agterna te wonder of jy te veel gedeel het.

En as jy single is en dink jy gaan alleen in ’n woonstel met jou plante of katte opeindig: so what? Embrace dit. Die uwe het op 34 begin meubels koop vir die woonstel waarin sy beplan het om alleen te bly met haar boeke (nie plante nie – shame, als dood). Toe ontmoet sy haar geliefde en woon fairly happily ever after.

Laat die lewe toe om jou te verras. En kyk mooi na jouself.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa