Kuier

MAN MET ’N STEM

Die brose Sue-Anne ontmoet onverwags haar perfekte pasmaat tussen die klaviernot­e deur . . .

- Deur MALENE BREYTENBAC­H

“Dankie dat jy hierdie tegnologie­s uitgedaagd­e vrou altyd so geduldig help,” skerts Sue-Anne. As sy met die rekenaar vashaak, vra sy altyd vir Darren by die helpdesk van die universite­it se inligtings­tegnologie-afdeling om hulp. Hy en sy maak Teamviewer oop, dan los hy sommer tjop-tjop haar probleem op. Sy weet nie hoe hy lyk nie, maar hy het die melodieuse stem van ’n radio-omroeper.

“Daar is seker ander dinge waarmee jy goed is,”sê hy.“Almal het mos hulle eie talente. Wat is joune?”

“Ek is ’n‘finalejaar’by die Konserv en my talent is klavierspe­el,”laat Sue-Anne hoor.

“Dis cool. Ek speel sukkel-sukkel. Kan darem note lees,”sê hy.

Sy lag.“Het jou ma jou gedwing om klavierles­se te neem?”

“Sy het. Ek sou graag wou hoor hoe jy speel,”sê hy.

“Wel, ek speel elke aand klavier by die Fatcat-restaurant in Dorpstraat vir sakgeld,”vertel sy.

“Eendag sal ek vir jou kom luister. Belowe,”sê hy.

Sy wag . . . Maar Darren kom nooit na die Fatcat toe nie. Ag, dis net nóg ’n leë belofte in haar lewe. Hy is seker verlief, verloof of getroud. Wou seker net nice wees toe hy gesê het hy gaan na dié deftige, duur restaurant toe kom.

Shawn kla omdat sy elke aand klavierspe­el en nooit beskikbaar is vir dates nie. Hulle is al vanaf haar eerste jaar op universite­it saam, maar nou vermoed sy daar is ander meisies ook in sy lewe.

Een oggend sien sy ’n kennisgewi­ng by die Konservato­rium dat die Libertasko­or ’n Kerskonser­t in die Endlersaal gaan aanbied. Sy bel Shawn en vertel hom daarvan.

“Ek sal vir ons kaartjies kry. Dit gaan

baie mooi wees. Ek wou nog altyd na een van hulle konserte toe gaan.”

“Ag, jissis. Wil jy régtig soontoe gaan?” vra hy vies.“Dis nie my scene nie.”

Sy vererg haar bloedig.“Ag, whatever. Los dit dan. Ek sal vir Shirley saamnooi. Clubbing is mos jou soort ding, en nie regtig myne nie. Om die waarheid te sê, ons smaak verskil soveel, ek dink nie ons pas meer by mekaar nie,”sê Sue-Anne.

“Nee, ons pas nie by mekaar nie,”stem Shawn suur saam.“Ek soek nie jou soort musiek nie, en jy soek nie myne nie. Jy gaan vir klassiek en ek vir jazz. Jy weet nie hoe om die lewe te geniet nie. Miskien moet ons mekaar liewer nie meer sien nie. Of anyway net vriende bly.”

Waarom nog aankarring met iets waarvan die wiele afval? dink Sue-Anne. Nogtans voel dit asof ’n mes in haar hart vassteek, so seer maak dié teleurstel­ling. Hulle wás darem lank ’n item.

“Nee, goed. Loop jy jou paadjie, dan loop ek myne. En mag jy gelukkig wees,” sê sy dan. Sy hoop haar stem het nie te veel gebewe nie.

“Oukei. Good luck,”sê hy.

Hy sit sommer dadelik neer, asof hulle nie eens verlief was op mekaar nie. Asof hulle nie al van trou gepraat het nie. Eens op‘n tyd het sy haar verbeel hy is die beste ding sedert gesnyde brood.

Maar sy het later agtergekom hy is nié so volmaak nie. Hy sou haar ingeperk het, en sy vir hom. Nou is haar hart seer en ego gekrenk, maar sy sal herstel.

Shawn se humeur is ook heeltemal te vinnig, maar Sue-Anne het dit uit blinde liefde verdra. Nog‘n rooivlag was toe hy begin rondkyk – sy het hom al gevang waar hy lekker met ander meisies flirt. Sy bel vir Shirley.“Ek en Shawn is uit.” “O, jimmel tog. Is jou hart nou gebreek?”wil dié weet.

“Net gekraak, maar die kraak sal weer toegroei. Ons het die laaste ruk nogal vasgesit en die laaste strooi was toe ek hom nooi vir die Libertasko­or se Kerskonser­t in die Endlersaal. Hy het skoon onbeskof geraak, so min het hy lus vir iets waarna ek so uitsien. Ons het saamgestem dat ons smaak verskil en vir mekaar vertel ons pas nie bymekaar nie. Toe breek ons op. Nou is ek ’n bevryde vrou en ek wil steeds na die kooruitvoe­ring gaan. Wil jy saamgaan? Ek kan vir ons kaartjies koop.”

“Ja, graag,”sê Shirley.“Ek wil net vir jou sê ek het ook gedink Shawn pas nie regtig by jou nie. Hy’s wild en kan lekker beneuk raak, en jy is saggeaard en talentvol. Kry vir jou iemand wat beter by jou pas en jou talente kan waardeer.”

Haar vriendin se woorde troos sommer heelwat, besef Sue-Anne.

Die aand van die kooruitvoe­ring is hulle twee mooi aangetrek en vertel vir mekaar hoe glamorous hulle voel. Dis ’n Sondag en Sue-Anne speel nie dié aand in die Fatcat nie. Voordat hulle by die saal ingaan, stick Shirley vir Sue-Anne vir ’n glas rooiwyn. Hulle bekyk die ander mense en kry later hul sitplekke in die middel van die stampvol saal.

Sue-Anne lees die program. Die eerste helfte is swaar liedere, die tweede helfte is bekende Christmas carols. Die vroue kom eerste op die verhoog ingetou in swart geklee, met Afrika-krale om die nek. Daarna kom die mans, ook in swart, en maak die agterste rye vol. ’n Man begelei die koor op ’n vleuelklav­ier en die dirigent kom maak sy buiging.

Daar is vier soliste – twee vroue en twee mans. Die lang een van die twee mans sing“Stille Nag”in sy tenoorstem, en die koor val in. Sue-Anne is sommer bewoë, so mooi sing hy! Sy pink die trane weg.

Sy wonder wie hy is, en kyk op die program. Die man se naam is Darren Williams. Dit kan sekerlik nie Darren van IT wees nie. Daar is mos baie Darrens.

Dié een sing nie net mooi nie, hy is nog sexy ook, dink sy. Sue-Anne se hart klop wild terwyl sy na hom kyk en in bekoring luister. Dié soort man sou soveel beter by haar pas as Shawn die player.

Ná die kooruitvoe­ring sien sy die tenoor in die vol voorportaa­l by ander koorlede. Sy kyk stip na hom en wil vir hom gaan sê hy sing soos ’n engel, maar sy is te skaam. Kyk hy skielik in haar rigting, of verbeel sy haar? Wel, sy hét na hom gestaar . . . Sue-Anne is verleë.

“Kom ons gaan,”sê sy dan vir Shirley.

SUE-ANNE speel Oukersaand in die restaurant. Sy is nogal melancholi­es. Oral vier haar vriende en familie fees, maar sy sit en speel Kerslieder­e vir vreemdelin­ge. Die mense praat en lag om haar. Sy is gewoond daaraan dat nie almal na haar spel, die agtergrond­musiek, luister nie. Sue-Anne voel meteens eensaam.

“Speel‘Stille Nag’, asseblief,”sê iemand saggies agter haar. Sy draai en sien ’n sexy lang man in swart klere. Hy lyk bekend . . . Dis die Libertasko­or-solis!

Haar hart rumoer in haar borskas. Hy begin sing, en stilte daal oor die restaurant neer. Almal luister aandagtig na sy engelstem. Toe hy klaar is, klap hulle hande en iemand roep:“Encore!”

“Speel‘Little Drummer Boy’, asseblief,” sê hy. Daarna is die applous oorverdowe­nd! Hy buig en staan nader aan haar.

“Hi, Sue-Anne. Ek is Darren van IT. Ek kom luister soms na jou speel, nes ek beloof het, maar ek wou nie voorbarig voorkom nie. Toe ek jou in die Konserv sien, het ek geweet dis hoogtyd dat ek myself voorstel. Maar jy en jou vriendin is so vinnig daar weg. Ek’t toe vir jou baas kom sê ek sal ’n paar carols hier sing as jy sal begelei. So, wat sê jy as ons hier klaar is, gaan vier ons Kersfees?”

Haar hart swel só van geluk dat haar oë swem. Darren Williams – háár IT-Darren. Vir ’n beter Kersgesken­k kon Sue-Anne nie gevra het nie!

Sy kyk stip na hom en wil vir hom gaan sê hy sing soos ‘n engel, maar sy is te skaam . . .

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa